Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 21 AUGUSTUS 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met ‘n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Pieter Scholtz ZS6LC moet aankondig. Pieter was een van die stigterslede van Tak Noord Transvaal (TNT), nou Magalies Radio Amateur Klub (MRK). Pieter was ook Erelid van beide MRK en die SARL. Pieter is oorlede kort voor sy 91ste verjaarsdag. Ons medelye aan sy vrou Louise, seun Frikkie en dogters Anita en René.

POUSE

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL AFVAARDIGING ONTMOET SENTECH VERTEENWOORDIGERS

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA HF DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

HOE MOEILIK IS DX OP HF IN VERGELYKING MET BHF EN HOËR?

RADIO AMATEUR EKSAMEN NUUS

PRETORIA AMATEUR RADIO KLUB SNUFFELMARK EN 86ste AGLEMENE JAAR VERGADERING

HF VOORTPLANTINGVOORSPELLING

en

DAGBOEK VAN GEBEURE

** In die afgelope week het 'n afvaardiging van die Raad met verteenwoordigers van Sentech vergader in verband met die toekoms van radio amateur herhalers wat tans op Sentech herhaler persele gehuisves word. Die SARL het 'n kennisgewing van Sentech ontvang wat die huidige Memorandum van Verstandhouding kanselleer en die SARL die geleentheid gun om 'n nuwe elektroniese Kommunikasiefasiliteite Meester ooreenkoms te onderhandel.
Tot op datum is amateur herhalers op Sentech persele gratis geakkomodeer sedert die oorspronklike Memorandum van Verstandhouding (MvV) in 1996 onderteken is.
Sentech het 'n nuwe verhurings ooreenkoms beleid geïmplimenteer met 'n finansiële begroting om aan te voldoen wat dit moeilik maak om dienste gratis te verskaf.
Die doel van die vergadering was om wedersydse samewerking te bespreek en, in die besonder, die pad vorentoe met betrekking tot die voortgesette gebruik van Sentech persele vir amateurradio herhalers. Beide die Sentech en SARL afgevaardigdes was tevrede met die besprekings en sal 'n opvolg vergadering plaasvind nadat die aksie items wat ooreengekom is aangespreek is en dan die nodige terugvoer deurgegee is.

** Die SARL HF Digitale kompetisie is vanmiddag tussen 13:00 en 16:30 UTC op die lug met RTD en PSK31 op 3 580 tot 3 600 kHz, 7 040 tot 7 060 kHz en 14 070 tot 14 099 kHz. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Digitale kontakte tel 2 punte. Kry al die reëls in die 2016 Blouboek. Stuur jou log in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein HF Digitaal" teen 28 Augustus 2016 per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za.

** Die SARL HF Gelykgolf kompetisie is volgende Sondag 28 Augustus tussen 13:00 en 16:30 UTC op die lug met gelykgolf op 14 000 to 14 060 kHz, 7 000 to 7 040 kHz en 3 510 to 3 560 kHz. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Gelykgolf kontakte tel 2 punte. Kry al die reëls in die 2016 Blouboek. Stuur jou log in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein HF Gelykgolf" teen 4 September 2016 per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za.

** In September kan jy deelneem aan die SARL Nasionale Velddag tydens die naweek van 10 en 11 September, die SARL BHF/UHF Kompetisie en die All Africa Alle Modusse Kompetisie tydens die naweek van 17 en 18 September. Kry die reëls vir hierdie drie kompetisies in die 2016 Blouboek.

** F2 voortplanting op HF is seisoengebonde en wissel gedurende die dag. Wanneer sonaktiwiteit hoog is, is dit maklik om DX kontakte te maak, selfs met lae krag en ‘n stuk draad in ‘n boom. Wanneer die maksimimum bruikbare frekwensie daal, word dit moeilik vir kleiner stasies. Aard-maan-aard aan die ander kant, was altyd die mees uitdagende mode in die vroeë dae wat gesofistikeerde toerusting en groot antennas vereis het op BHF, UHF en SHF. Kontakte is ook slegs moontlik terwyl abei stasies die maan kan sien. Digitale kommunikasie het dit heelwat makliker gemaak met laer krag en enkel Yagis. Die aard-maan-aard uitdaging lê nou in die mid-mikrogolf spektrum. Lang afstand aardgebonde DX werking op BHF, F2 en TEP voortplanting uitgesluit, is tans die moeilikste om te behaal. Tot dusver is die verste afstand van 4158 km behaal op 144 MHz en 432 MHz deur Tropo Geleiding oor die Stille Oseaan. Die uitdagings op BHF en hoër is daar vir die meer ernstige amateurs om te aanvaar, bestaande rekords te breek en amateur radio te bevorder.

** Die OKOSA wegbly aksie is verby. OKOSA het ons meegedeel dat as gevolg van die agterstand, lisensies eers in September uitgeryk sal word. Hulle kon nie die spesifieke tydslyn bevestig nie. Ons sal deurentyd die stuasie monitor. Navrae kan gerig word aan die RAE Bestuurder by rae@sarl.org.za of Vonnie by admin@sarl.org.za.

** Geen nuwe aansoeke om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is hierdie week ontvang nie.

Tot nou het die Liga 1225 bevestigde lede vir die volgende termyn. Indien jy nog nie jou lidmaatskap hernu het nie, doen dit nou. Aan die einde van Augustus sal jy ophou om 'n lid te wees as jy nie hernu het nie. Vyf en dertig klubs het reeds hul affiliasie hernu.

** Die Pretoria Amateur Radioklub se volgende snuffelmark vind plaas op 27 Augustus. Maak seker dat jy nie hierdie aangename geleenthede misloop nie. Die vlooimark sal op die gebruiklike plek by die Pretoria Ou Motor klub in Davey straat, Silverton gehou word. Die aanvangstyd is 08:00 en almal is welkom. Kontak asseblief vir Almero du Pisani, ZS6LDP, op 083 938 8955 of stuur 'n e-pos aan almero@up.ac.za om ‘n tafel te bespreek. Die gebruiklike worsbroodjies, koffie en koeldrank sal te koop aangebied word.

Die Pretoria Amateur Radio Klub hou hul 86ste AJV op Saterdag 27 Augustus by die Pretoria Ou Motor Klub geleë te Davey straat in Silverton Pretoria. Die vergadering begin om 11:30 en daarna sal daar ‘n bring en braai wees. Die vuur asook slaaie sal voorsien word. Die gasspreker is Hans van de Groenendaal ZS6AKV. Besoekers is baie welkom.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van minder as 5 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

21 Augustus – SARL HF Digitale Kompetisie
27 Augustus – PARC Snuffelmark
27 Augustus – PARC AJV
28 Augustus – SARL HF CW Kompetisie
3 September – Wes Rand Snuffelmark
10 September – Sandton ARK AJV
10 September – KARTS Snuffelmark

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: In die afgelope week het 'n afvaardiging van die Raad met verteenwoordigers van Sentech vergader in verband met die toekoms van radio amateur herhalers wat tans op Sentech herhaler persele gehuisves word.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.
Indien jy belangstel daarin om betrokke te raak by die nuusspan kontak dan asb vir Dawie, ZR6DHC, per epos by zr6dhc@zs6rtb.co.za

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003