Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 01 JANUARIE 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels uit om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ongelukkig begin ons hierdie week se bulletin met ‘n stil sleutel

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van een van AmateurRadio se edele here naamlik, OWEN PENBERTHY ZS1JN, op 29 Desember 2016. Hierdie verlies is des te groter aangesien Owen sy 80ste verjaardag sou vier op 30 Desember 2016.

Owen het die tuig as Sekretaris van die False Baai Amateurradio klub en komitee lid op geneem en vir baie jare die poste beklee. Hy was gewild en ‘n ware steun pilaar in die klub waar sy plekkie ook nou leeg is. Owen het ook gedien op die KARK as komitee lid en ook op die SARL raad gedien gedurende die sewentiger jare.

Ons betuig ons innige simpatie met sy LV Marie en gesin.

PAUSE

NUWE JAARS BOODSKAP

Die nuus span neem hierdie geleentheid om elkeen ‘n besonder geseënde, voorspoedige en RF gevulde 2017 toe te wens

IN VANDAG SE NUUS

AMATEUR LISENSIES

EERSTE SPORADIESE E OP 50

TRANS ATLANTIESE TOETSE HERVAT


** IS JOU OKOSA LISENSIE OP DATUM?

Soos voorheen berig is OKOSA besig om planne te implimenteer waar volgens AmateurRadio roepseine van on betaalde lisensie houers gekanselleer gaan word. Die SARL het ‘n afskrif van die lys van lisensie houers bekom wat hier deur geraak word en ‘n aansienlike hoeveelheid van hierdie roepseine behoort aan SARL lede, 72 om presies te wees.

Collin de Villiers, ZS6COL, het die taak op homself geneem om hierdie 72 amateurs via epos te verwittig van die huidige toe drag van sake, daar is egter ook nie lede en as ‘n diens aan hierdie lede is die SARL se aanlyn roepsein stelsel so gewysig dat roepseine wat op hierdie lys verskyn nou sal aantoon dat die roepsein verval het. Let egter daarop dat hierdie verandering net sal wees vir nie lede wat se lisensies verval het. Indien jou roepsein as verval aan getoon word, moet jy sonder verwyl jou lisensie nagaan. Sou daar enige twyfel bestaan, maak asseblief ‘n e-afskrif van jou lisensie en stuur dit aan admin@sarl.org.za.

Sou jy nie tans beskik oor ‘n afskrif van jou lisensie nie, kan een aan gevra word van OKOSA se kantore deur epos te stuur an Dewald Khurau, dkhurau@icasa.org.za. Dewald kan ook genader word om ondersoek in te stel sou jy wel oor ‘n vol op betaalde lisensie beskik.

Die diens wat die SARL in hierdie opsig lewer is op goeder trou en enige verskille wat opgemerk word tussen die lys en die werklike toe drag van sake kan reggestel word deur ‘n e-afskrif van jou korrekte lisensie aan die SARL te stuur.

LET WEL: ROEPSEINE WAT AS VERVAL AANGEDUI WORD OP DIE SARL SE STELSEL IS ROEP Seine WAT MEER AS ‘N JAAR GELEDE REEDS VERVAL HET. LISENSIES WAT VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR AGTERSTALLIG IS WORD NIE OP DIE OOMBLIK AS VERVAL AANGEDUI NIE, OKOSA SAL EGTER IN ALLE WAARSKYNLIKHEID HIERDIE LISENSIES OOK INSLUIT IN HUL SOEKE OM LISENSIES EN ROEPSEINE TE KANSELEER


*** Mike Kellett, ZS1TAF, berig dat hy die bakens van ZS6JON/b en ZS6TWB/b via sporadiese e net na 12:00 SAT vir omtrent 30 minute kon hoor op Maandag 26 Desember 2016. Hy het via whatsapp op die BHF groep ‘n boodskap gestuur en op 50,200mHz ESB geroep maar geen antwoord ontvang nie. Mike sê ons moet wakker wees ten einde die BHF Sporadiese E toestande te kan vang.
Tans is daar 5 bakens wat sporadiese e toestande kan aandui naamlik vanuit die Suide: ZS1SIX - 50,080 MHz FSK KAAPSTAD en ZS2X - 50,007 MHz FSK naby Port Elizabeth. Verder Noord is daar ZS6JON - 50,050 MHz GG in Krugersdorp, en ZS6TWB - 50,044 MHz GG in Polokwane, asook die DX baken van V51PJ - 50,300 MHz CW te Rosh Pinah, Namibië.

*** So gepraat van Pieter Jacobs,V51PJ, in Namibië, hy en Marcos Turbo, PY1MHZ, in Brasilië gaan intussen vroeg in Januarie 2017 voort met hul toetse oor die Atlantiese Oseaan op 144 MHz. Hulle het onlangs amper die geskiedenis boeke herskryf toe hul so hittete ‘n kontak gemaak het oor hierdie pad. Weens ‘n sagteware probleem met die QRA64 het tot gevolg gehad dat die kontak wat dalk gemaak is nie erken kan word deur die ARRL nie. Markos, PY1MHZ, het op 16 Desember verskeie meteor seine vanaf die V51PJ Gelyk golf baken op 144,429 mHz gehoor.

Vir die nuwe toetse wat binnekort begin het Marcos besluit om oor te skakel na ‘n 26 element LGO, of te wel van ‘n Lus gevoerde Opstelling lugdraad gebruik te maak. Hierdie tipe lugdraad bied heelwat beter weerstand teen sterk winde. Die het ook ‘n lae uit stralings hoek wat voordelig is vanaf sy QTH by die see. Hulle beplan om op 144,300mHz op JT65 toetse te doen.


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 16 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting

Dagboek

1 Januarie - Begin van die 2017 CQ Maraton
14 - 15 Januarie - Hunting Lions in the Air
20 - 22 Januarie - PEARS Nasionale BHF/UHF Kompetisie
28 Januarie - Somer QRP Naelloop


Ons sluit vandag se bulletin af met ‘n kort opsomming van ons hoof nuus: OKOSA is besig met die implimentering van ‘n stelsel waar volgens onbetaalde lisensies gekanselleer gaan word. Die SARL het ‘n lys van lisensies en roepseine bekom wat ge-oormerk is vir hierdie kanselasie proses. Besoek die SARL webblad vir meer inligting. SARL lede wat op hierdie lys is sou teen hierdie tyd reeds ‘n epos boodskap van Collin de Villiers, ZS6COL, ontvang het.

En daarmee kom ons aan die einde van die eerste SARL nuus bulletin van 2017

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuus diens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondag oggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saam gestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Viv Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX








Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003