Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 19 FEBRUARIE 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se web tuiste by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus dat die doyen van EMC ‘n stil sleutel geword het.

Dit is met hartseer dat ons die nuus dat Eric Winter, ZS1EMC, oorlede is op 2 Februarie 2017 ontvang het. Eric het ’n jaar gelede siek geword, terwyl hy die CISPR vergadering in Italië bygewoon het en moes terugkeer na Suid-Afrika waar hy gediagnoseer is met 'n lewensgevaarlik siekte. Eric was Suid-Afrika se mees gevierde t elektromagnetiese versoenbaarheid (EMC) kenner. Hy het die SABS verteenwoordig by talle internasionale CISPR vergaderings. Hy was 'n sterk opponent van Kraglyn Kommunikasie en het die Suid-Afrikaanse Radioliga ondersteun in sy optrede teen die bekendgestelling in Suid-Afrika. Eric sal gemis word. As 'n teken van respek en dankbaarheid het die SABS TC73 vergadering, die afgelope week in Pretoria gehou, 'n minuut van stilte gehou. Ons meegevoel word getuig aan sy vrou en familie.

POUSE

In die nuus vandag,

SABS TC73 ONDERSTEUN DIE SARL VOORSTEL OM TOENAME IN DIE RF GERAAS VLOER TE BESTUDEER

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA WEBWERF ONTWIKKELING

en

SLUITINGSDATUM VIR SARL EREGALLERY NOMINASIES 28 FEBRUARIE 2017

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) TC73 vergadering, gehou die afgelope week in Pretoria, het die Suid-Afrikaanse Radioliga se voorstel om stygings in die RF geraas vloer te bestudeer aanvaar. Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, en Leon Lessing, ZS6LMG, het die Liga verteenwoordig. Die strategiese sakeplan sal opgedateer word om die Liga se voorstel in te sluit League en TC73 Werkgroep 6 sal getaak word om die probleem te bestudeer. Die Liga beplan 'n Saterdagoggend ronde-tafel bespreking by die Nasionale Amateur Radio Sentrum. Meer besonderhede sal binnekort bekend gemaak word.

** Nico van Rensburg, ZS6QL, President van die Suid-Afrikaanse Radioliga het die volgende verklaaring uitgereik oor Webwerf Ontwikkeling

Ek wil die situasie met betrekking tot die Liga se webwerf verduidelik. Daar is 'n aantal opmerkings en stellings wat onlangs gemaak is met betrekking tot die Liga se webwerf. Hierdie verklaring dien om die situasie te verduidelik.

Die huidige Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf is ten-volle funksioneel en dien die lede soos bedoel.

Die Raad is tans besig met 'n hersiening van die Inligtingstegnologie-stelsels wat gebruik word deur die Liga om aan sy lede en die breër amateurradio gemeenskap diens te lewer. Deel van die hersiening is om maniere vas te stel om die Liga webwerf en dienste op die webwerf op datum te bring en ook die voordeel van die vooruitgang in die gebruik van sosiale media aan te wend.

Die Raad het 'n werkgroep gestig om 'n Behoefte Spesifikasie voor te berei waarin die Suid-Afrikaanse Radioliga IT vereistes uiteengesit is. Die Raad sal met die Lede konsulteer voor die spesifikasie gefinaliseer word en toestemming gegee is om voort te gaan met die tegniese werk van die ontwikkeling van 'n opgedateerde platform.

In die tussentyd, ek is bly om te adviseer dat die Webmeester kon onderhandel vir verminderde hosting- en dienstariewe vir die bestaande infrastruktuur tot tyd en wyl 'n formele projek plan met die toepaslike koste in plek gestel is.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Amateurradio Eregallery eer indiwidue wat blywende bydraes tot Amateurradio in Suider-Afrika gemaak het en bewaar die geskiedenis daarvan. In 2016 het Liga-lede nege aanvanklike lede verkies. Daar is besluit om hierdie jaar nog 'n groep van tot tien lede toe te laat, waarna 'n maksimum van twee lede per jaar ingelaat sal word.

Nominasies vir hierdie jaar sluit aan die einde van Februarie. Die Eregallery bladsy is deur die Liga se tuisblad bereikbaar. Oor 'n halfdosyn nominasies is reeds ontvang. 'n Paar van amateurradio se groot geeste het dit nie in die eerste rondte gemaak nie, in sommige gevalle omdat hulle nie genomineer is nie. Kom ons maak seker dat die verdienstelikes almal ingesluit word, sodat hulle bydraes vir die nageslag bewaar kan word.

Met minder as twee weke voor die keerdatum is daar geen tyd om te mors nie. 'n Nominasiesjabloon is op die Liga se webwerf beskikbaar. Die nominasies wat reeds daar is, kan as 'n voorbeeld vir nuwe nominasies dien.

** In 'n e-pos aan die Liga president het Dawie Conradie, ZR6DHC, gevra om as koördineerder vir die SARL-nuus span uit te tree. Die Raad en die Nuus span wil Dawie bedank vir sy harde werk en toewyding aan die weeklikse SARL-nuus. Dawie sal met sy werk as deel van die Amateur Radio Today span voortgaan.

Dennis, ZS4BS, sal oorneem as die koördineerder vir die SARL-nuus span. Ons het nou 'n vakature as bulletin samesteller op Span 3. Die werk behels redigering, samestelling en vertaling van die Bulletin. As jy belangstel om by die span aan te sluit, kontak Dennis by zs4bs@netactive.o.za.

** In opvolging tot 'n baie suksesvolle simposium wat gehandel het oor Sagteware Gedefinieerde Radio of SDR soos dit algemeen bekend staan, wat einde verlede jaar in Gauteng aangebied was, sal daar op Saterdag 25 Maart by die Bellville kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie 'n soortgelyke geleentheid plaasvind.

Die program sal onderwerpe relevant tot amateur radio aanspreek, en sal agtergrond verskaf oor die konsep van SDR. 'n Praktiese benadering van die aanwending van geredelik beskikbare "dongles" tesame met jou rekenaar om 'n operasionele ontvangsstelsel, bedryfbaar tussen frekwensies in die lae MHz gebied tot naby 2 GHz, sal aangebied word.

Die beskikbaarheid van sagteware vir die ontwikkeling van sulke stelsels sal gedemonstreer word terwyl hardeware tans beskikbaar vir die ontwikkeling van alleenstaande stelsels beskryf sal word.

As daar gekyk word na die monumentale ontwikkeling op die gebied van radio kommunikasie, asook die toekomstige uitdagings waarvoor hierdie tegnologie te staan kom, is dit belangrik dat radio amateurs, jonk asook gevestig, op hoogte bly van gebeure in hul veld.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie sal plaasvind op Sondag 26 Februarie van 13:00 tot 16:00 UTC met aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Die doel van die kompetisie is om soveel kontakte as moontlik tussen radioamateurs in Suider-Afrika met behulp van PSK31 en RTD modes te maak. PSK31 word verkies aan die onderpunt van die gespesifiseerde frekwensies en RTD aan die bo punt. Neem asseblief kennis dat HSB moet ten alle tye gebruik word. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin Sien die 2017 Blouboek vir al die inligting.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Het jy vandeesweek amateur radio aan iemand gewys?

** Leon, ZR6LU, berig dat toestande ietwat swak was, maar hy het 'n spot of twee van die demonstrasie baken in Kaapstad, wat word deur Peter, ZS1OA, bedryf word, met PI9ESA in Nederland op 20 meter gesien. Plaaslik hou Graham, ZS6GL, en Angus, ZS6GOO, die arme SARL ontvanger besig maar om nie baie vêr uit nie. Nic, ZR6AEZ, is besig om 'n paar mooi spots met sy band-hopper antenna op seldsame frekwensies te kry (DK6UG op 18,106097 MHz), maar dit is ook nie dat die vonke spat nie. So miskien moet ons begin om 'n paar ontvang stasies op te rig om die oorsese amateurs te hoor. Dit bring my by die Boodskap van die Dag... ek het V3.12 van die firmware vir die beskikbare bakens, wat natuurlik die ontvanger sowel as die nuwe 5 W versterker ondersteun. Ek kan jou chip enige tyd opgradeer of as jy haastig is, kan jy 'n leë chip koop en ek sal dit met jou ruil as ons weer ontmoet.

** VHF aktiwiteit is aan die toeneem in die land. In Kaapstad bedryf Mike, ZS1TAF, 'n net op 144,300 MHz ESB elke Donderdagaand vir die afgelope jaar of twee. Onlangs het die Kus Radiogroep 'n suksesvolle veldstasie, ZS1CRG, op die Piketberg bedryf vir die eerste keer tydens die PEARS BHF/UHF kompetisie en die stasie is beman deur Derrick, ZS1DUP, Shaun, ZS1HE, Keverne, ZS1ABU, en Dieter, ZS1DWH. Die Wes-Kus Groep, wat Charles, ZS1CF, en Tienie, ZS1HO, in sluit, werk dikwels vir Koos, ZS3JPY, by Kleinzee en so ver noord as André, V51LZ, op Oranjemund. André, ZS3AG, by Kimberley het al dikwels spore van seine van die groep gehoor en is deur Pieter, V51PJ gehoor.

Pieter, V51PJ, het met stasies so ver as Andre, ZS2ACP, en André, ZS2BK in Port Elizabeth, asook Rickus, ZS4A, Bernie, ZS4TX, Christian, ZR6AUI en Paul, ZS6NK, op digitale of analoog gewerk. Carl, ZS6CBQ, het 'n baie suksesvolle net op 144,300 SSB paar jaar gelede op Saterdag en Sondag oggende begin wat Afdelings 4 en 6 dek. Hy het nou 'n nuwe net op 432,200 MHz ESB gedurende dieselfde tydperk bygevoeg. Hugo, ZS5HV, by Scottburgh en Lee, ZS5LEE, in Durban, het by 'n Maandagaand net gelei deur Peter, ZS2ABF, in Oos-Londen met Dawid, ZS5DJ, op 144,300 MHz ESB aangesluit. Dit kan later uit brei so ver suid as Port Elizabeth. Nou dat ons by die minimum sonsiklus is en DX op HF besig is om te daal, probeer BHF vir 'n verandering, dit is beide 'n uitdaging en pret. So maak 'n poging, sluit by hierdie BHF groepe aan en help om BHF en amateurradio te bevorder.

** Kompetisie aktiwiteit vir Maart. Op Sondag 5 Maart is die SARL Hamnet 40 m Gesimuleerde Nood kompetisie op die lug. Oor die naweek van 11 en 12 Maart kan jy deelneem aan die SARL se BHF/UHF kompetisie en as jy gelykgolf geniet, die RSGB Gemenebes kompetisie is op dieselfde naweek. Op die naweek van 25 en 26 Maart, kan jy deelneem aan die CQ WPX ESB-kompetisie.

** Het jy die Velddag naweek geniet? Die volgende logstate het aangekom by zs4bfn@mweb.co.za - Centurion ARC, ZS6CEN; Sandringham Scout Groep ARC, ZS6SSG; Eddie, ZS6BNE; Jeugland Radio Club, ZR6JRC; Hugo, ZS2HR; Snelweg ARC, ZS5HAM; Dennis, ZS4BS; Johann, ZS4DZ; Roy, ZS3RW; Pieter, ZS6XT; Bruce, ZS5XT; Nic, ZR6AEZ; Kurt, ZS5KL, Geoff, ZR6XZ / 1; Welkom Radio Club, ZS4WRC; Gerrit, ZS6DV; Stephan, ZS6SVJ, Oos-Kaap Hammies, ZS2ZU, en Sandton ARK, ZS6STN.

Waar is die logs van ZS6WR, ZS6ERB, ZS5NAK, ZS5HAC, ZS4SRK, ZS6PTA en ander? Die sluitingsdatum is middernag SAT vanaand, Sondag 19 Februarie 2017. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie!

** Die sluitingsdatum vir jou artikel vir die Maart-uitgawe van Radio ZS is Woensdag 22 Februarie. Baie dankie aan die Oos-Rand-tak vir die artikel oor hulle Velddag naweek. Meer sulke artikels is welkom. Stuur jou artikel in Engels of Afrikaans aan radiozs@sarl.org.za.

** In watter tydsone is ons? Daar is gesprek oor die gebruik van Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST), Sentraal-Afrikaanse Tyd (SAT) of plaaslike tyd in die weeklikse bulletin. Suid-Afrika is in die tydsone van UTC plus twee, ook bekend as Bravo tyd deur die weermag, SAST, SAT of Oos-Europa Tyd (EET).

Burundi, Botswana, Libië, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Zambië, Zimbabwe en die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo gebruik Sentraal Afrika Tyd. Egipte gebruik Oos-Europa Tyd en Lesotho, Swaziland en Suid-Afrika gebruik Suid-Afrikaanse Standaardtyd. Tog is almal in dieselfde tydsone! Daarom, as jy plaaslike tyd, SAST, SAT of EET gebruik, is jy korrek!

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 25 Februarie 2017 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Geoff, ZS6C, op mobiele nommer 082 546 5546.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is 'n paar sonvlekke sigbaar maar hulle is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer sewe vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste https://spaceweather.sansa.org.za/ vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

22 Februarie - sluitingsdatum vir Radio ZS artikels
25 Februarie - Wesrand ARK Vlooimark
26 Februarie - SARL Digitale kompetisie
27 Februarie - Nasionale Melktert Dag
28 Februarie - sluitingsdatum vir SARL Eregallery nominasies
5 Maart - SARL Hamnet 40 m kompetisie
11 en 12 Maart - die SARL BHF/UHF kompetisie en die RSGB Gemenebes kompetsie
25 Maart - SDR Werkswinkel in Kaapstad
25 en 26 Maart - die CQ WPX ESB kompetisie

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) TC73 vergadering, gehou die afgelope week in Pretoria, het die Suid-Afrikaanse Radioliga se voorstel om stygings in die RF geraas vloer te bestudeer aanvaar. Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, en Leon Lessing, ZS6LMG, het die Liga verteenwoordig. Die strategiese sakeplan sal opgedateer word om die Liga se voorstel in te sluit League en TC73 Werkgroep 6 sal getaak word om die probleem te bestudeer. Die Liga beplan 'n Saterdagoggend ronde-tafel bespreking by die Nasionale Amateur Radio Sentrum. Meer besonderhede sal binnekort bekend gemaak word.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003