Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 5 MAART 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se web tuiste by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

SARL HAMNET 40 M KOMPETISIE VANMIDDAG

DIE STEMPROSES VIR DIE SARL SE AMATEURRADIO-EREGALLERY HET BEGIN.

en

SARL BHF/UHF KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Verlaat die huis vanmiddag en rig 'n veldstasie op in die plaaslike parkie in jou woonbuurt of op die sypaadjie aan die voorkant van jou huis of as laaste uitweg in jou tuin! Die Suid-Afrikaanse Radioliga Hamnet 40 m Gesimuleerde Noodkompetisie is op die lug van 12:00 tot 14:00 UTC en jy kan kontak maak met radio amateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marion-eiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs kontakte met hierdie gebiede sal tel. Dit is 'n foon kompetisie in die band gedeeltes 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur stilstaande mobiele stasie; 'n enkele operateur draagbare stasie; 'n Multi-operateur draagbare stasie of 'n enkele operateur basisstasie. Kry die volledige reëls in the 2017 Blouboek of the Maart 2017 uitgawe van Radio ZS.

** Die SARL Eregallery eer individue wat 'n beduidende bydrae tot amateurradio in Suid-Afrika gemaak het. Hulle nagedagtenis word op 'n bladsy in die Liga se webwerf verewig. Die eerste groep Gallery-lede is in 2016 ingelyf. 'n Volgende groep van tot tien sal op die SARL-Toekennings dinee in Mei ingelyf word. Opstelle wat die bydraes van die 21 genomineerdes bevat kan op die Eregallery-bladsy gevind word. Daar is 'n skakel op die SARL-Webwerf se
voorblad.

Stemme word tot die einde van hierdie maand aanvaar. Dit is die moeite werd om die nominasies te lees, want die kandidate het ons stokperdjie gevorm. Hulle sluit historiese reuse soos Dixon Bennett en Koos en Annie van der Merwe in, sowel as hedendaagse bydraers tot amateurradio.

Stem vandag!

** Ons is nou in die TEP seisoen wat gewoonlik in die tydperk vanaf middel Februarie tot April dek en weer van September tot November. Dit manifesteer net in 'n Noord / Suid rigting oor die magnetiese dompel ewenaar en maak DX kontakte moontlik op 50 MHz uit Suid-Afrika na Suid-Europa en so ver oos as Israel. Paul Smit, ZS6NK, in Polokwane het die ZS6TWB baken op 50.044 MHz weer Noord gedraai vir die TEP seisoen. Gedurende die afgelope paar jaar was die TEP seisoen baie kort as gevolg van die naderende minimum van Sonsiklus 25.

** Die eerste been van die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF en UHF analoog en digitaal kompetisie is op die lug vanaf 10:00 UTC Saterdag 11 Maart tot 10:00 UTC Sondag 12 Maart 2017. Aktiwiteit sal op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër wees.

Die BHF/UHF kompetisie is 'n toets van die operateur se vermoë en stasie ontwerp. Om aktiwiteit op die BHF/UHF en mikrogolf bande te bevorder en om Amateurs aan te moedig om groter afstande as gewoonlik te werk deur gebruik te maak van draagbare/veld stasies in gunstige plekke en deur die optimalisering van toerusting en bedryfstelsel tegnieke by beide veld en tuis stasies.

Die reëls is te lank om in hierdie bulletin te plaas, maar jy sal hulle vind in die 2017 Blou Boek en in die Maart 2017-uitgawe van Radio ZS.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Het jy vandeesweek amateur radio aan iemand gewys?

** Andy Cairns, ZS6ADY, het by die SARL-nuus span aangesluit en sal deel wees van Span 3. Andy, welkom by die Nuus span.

** Die Baken Werkswinkel wat op 11 Maart by die NARS so plaasvind is uitgeskuif na Junie. Meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

** Die RSGB Gemenebes kompetisie sal op die lug vanaf 10:00 UTC Saterdag 11 Maart tot 10:00 UTC Sondag 12 Maart 2017. Dit is ’n gelykgolf kompetisie met werking op 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Besoek www.rsgbcc.org/hf/rules/2017/rberu.shtml vir die reëls.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga het aansoek ontvang vir lidmaatskap van die volgende radio amateurs en Klub.

Tony Allen, ZR2TX
Vrystaat Amateurradioklub, ZS4B
B Greyling, ZS4BEM
Dave Trezona, ZS4DT
Phillip Esterhuizen, ZS4PJ
Errol Wilson, ZS5EGW
André Ferreira, ZS6ANF
Louis Kloke, ZS6LEK
J du Toit, ZS6TOI

Enige besware teen die lidmaatskap aansoeke moet die SARL Sekretaris bereik voor Woensdag 9 Maart 2017. Stuur asseblief jou besware aan die SARL Sekretaris by secretary@sarl.org.za

** Die voorlopige uitslae van die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Veld dag. Die Komitee het 26 Logstate en 1 kontrole log vir die Februarie been van die Nasionale Veld dag ontvang. Sommige van die logstate moes weer opgetel word omdat die formules in die Excel dokument of verander is of verwyder is.
 
Klas A
1ste Highway ARK, ZS5HAM, 155 880 punte
2de Welkom Radioklub, ZS4WRC, 79 200 punte
3de Wesrand ARK, ZS6WR, 62 316 punte
 
Klas C
1ste Hugo Ras, ZS2HR, 960 punte
2de Lucas Swart, ZS6ACT, 600 punte
3de Magda Swart, ZS6MMS, 450 punte

Klas D
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ, 36 144 punte
2de Geoff Lotz, ZR6XZ / 1, 31 824 punte
3de Pieter Jacobs, V51PJ, 4 320 punte
 
Klas E
1ste Dennis Green, ZS4BS, 8 748 punte
2de Eddie Leighton, ZS6BNE, 6 120 punte
 
Klas F
1ste Pieter Jacobs, ZS6XT, 29 460 punte
2de Roy Walsh, ZS3RW, 1 740 punte
3de Gerrit van Vente, ZS6DV, 850 punte
 
Kontrolelog
Nick Dreyer, ZS6NCK
 
Die volledige stel uitslae kan gevind word in HF Happenings 743 wat afgelaai kan word vanaf www.sarl.org.za/hf_happenings.asp

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is 'n paar sonvlekke sigbaar maar hulle is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer ses vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Nou vir die dagboek van gebeure:

Vanmiddag - SARL Hamnet 40 m kompetisie
11 en 12 Maart - die SARL BHF/UHF kompetisie en die RSGB Gemenebes kompetsie
25 Maart - SDR Werkswinkel in Kaapstad
25 en 26 Maart - die CQ WPX ESB kompetisie

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Verlaat die huis vanmiddag en rig 'n veldstasie op in die plaaslike parkie in jou woonbuurt of op die sypaadjie aan die voorkant van jou huis of as laaste uitweg in jou tuin! Die Suid-Afrikaanse Radioliga Hamnet 40 m Gesimuleerde Noodkompetisie is op die lug van 12:00 tot 14:00 UTC en jy kan kontak maak met radio amateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marion-eiland en Suid-Afrikaanse Antarktika.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003