Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 30 APRIL 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Jy kan Sondag oggende na die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin luister om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels, op HF asook op baie VHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan met ZS0JPL verbind word vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die Liga-webwerf by www.sarl.org.za waar jy hierdie sowel as vorige bulletins in teks formaat onder die nuus skakel aan die linkerkant van die webblad sal vind. Terwyl jy daar is, kan jy inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

SARL AJV OP SATERDAG 6 MEI

GEKANSELLEERDE LISENSIES

en

'n DXPEDISIE NA BAKER EILAND

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** Kennisgewing geskied hiermee ingevolge Reël 11.4 van die Grondwet en Reëls van die Suid-Afrikaanse Radioliga dat die 2017 Algemene Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Radioliga op Saterdag 6 Mei 2017 by Bergvallei in Muldersdrift byeengeroep sal word om 09:00. Registrasie en indiening van gevolmagtigdes sal om 07:30 begin. Al die relevante dokumentasie vir die AJV kan jy vind in die Lede-afdeling op die Liga-webblad.

Daar is 'n mosie van die Raad aangaande die magtiging van elektroniese stemme, soos bespreek op die SARL Forum, wat ter tafel gelê sal word en tydens die AJV daaroor gestem word.

Die uitdaging is om die 15% vereiste bywoning van lede te kry om die mosie te aanvaar en te dra. Hierdie mosie, sodra dit aanvaar en geïmplementeer word, sal toelaat dat elektroniese stemming enige tyd gedurende die jaar plaasvind en nie moet wag tot die volgende jaar se algemene jaarvergadering nie. Hierdie mosie sal die manier verander hoe die Liga bestuur word en daarom is dit belangrik om dit te aanvaar om die Liga en sy lede in die toekoms te neem.

Sonder 'n kworum by die Algemene Jaarvergadering kan daar nie gestem word nie. As jy nie by die Algemene Jaarvergadering kan wees nie, is dit belangrik dat jy jou gevolmagtigde stem voor 7:30 op Saterdag 6 Mei 2017 indien.

Die Jaarlikse Toekennings Dinee sal ook Saterdagaand by Bergvallei in Muldersdrift gehou word.

** OKASA het meer as 2 000 amateur lisensies en 'n aansienlike hoeveelheid kommersiële lisensies gekanselleer. Die Suid-Afrikaanse Radioliga het sedert verlede jaar verskeie waarskuwings kennisgewings uitgestuur wat daarop dui dat OKASA op 'n program begin het om alle agterstallige lisensies te kanselleer. Kansellasies is óf omdat die lisensies nie laas en vorige jare betaal is nie, of omdat individue betaal het sonder 'n behoorlike verwysings-nommer of omdat hulle kort betaal het. Verder is baie van hierdie lisensies gekanselleer omdat hulle dormant is en 'n ophoping van nie-betaling oor baie jare is. Die Liga het die lede direk per e-pos ingelig, insluitende inligting oor die pad vorentoe om die probleem reg te stel. Dit moet herhaal word dat die primêre verantwoordelikheid berus by die lisensiehouer om hul lisensies jaarliks te hernu.

Baie mense kla dat hulle geen antwoord van OKASA kry nie. Dit kan wees omdat die OKASA heeltemal oorval is met hernuwings en navrae, beide kommersieel en amateurs.

Let asseblief daarop dat indien die kansellasie weens 'n OKASA-fout was, hulle die lisensie weer sal regstel. Indien nie - die persoon moet aansoek doen vir 'n nuwe lisensie. As jou lisensie gekanselleer is, moet jy weer aansoek doen vir jou lisensie. Dit vereis die volgende:
a. Voltooi die OKASA lisensie aansoekvorm. Dit is op die Liga-webblad beskikbaar en kan gevind word by http://www.sarl.org.za/public/OKASA/OKASA_Docs.asp
b. 'n Afskrif van jou ID.
c. 'n Afskrif van jou operateur sertifikaat of HAREC sertifikaat, (nie nodig as dit 'n klub is nie). As jy dit misplaas het, kan die Liga help om 'n duplikaat sertifikaat te verskaf.
d. Betaling van die aansoekfooi van R140 en die huidige jaar se lisensiegeld van R134.00
e Voorlegging van dokumente en bewys van betaling aan die OKASA, tesame met 'n versoek dat jou ou roepsein weer uit gereik word.

Let asseblief daarop dat slegs OKASA enige vrae wat jy mag hê, kan beantwoord. Die Liga het geen inligting oor waarom jou lisensie gekanselleer is nie. Die mense om te kontak by die OKASA is: Dewald Kuhrau by e-pos dkurau@OKASA.org.za of Daleen Bence by e-pos dbence@OKASA.org.za. Dit word sterk aanbeveel om e-pos eerder as die telefoon te gebruik.

As lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga sal ons jou graag help met enige ongewone probleme wat jy mag hè rakende enige van bogenoemde. Maar as 'n eerste stap moet jy asseblief kontak met OKASA maak om die volle aard van die probleem te bepaal.

** Nou vir bakennuus. Hierdie week het ons drie nuwe bakens geaktiveer. Bradley Glen, ZS5BG, het met 250 mW begin baken met behulp van 'n Off-Center gevoerde dipool en hy kry baie kontakte op 40 meter sowel as 20 en 10 meter. Die Jeugland Radioklub, ZR6JRC, het ook hulle baken met 250 mW in 'n 40 meter omgekeerde Vee gedruk en dit is reeds tot by Kaapstad en Durban gehoor. Ten slotte is die baken boustel wat 'n paar weke gelede aan die Hammies geskenk is, in rekordtyd gebou en opgestel deur Nic van Duffelen, ZR6AEZ. Dit is tans aktief met die gebruik van die Hammies-roepsein ZS6ZU op 5 MHz met ‘n sentraal gevoerde gevoude dipool.

Ons verwelkom al die nuwe Beaconeers aan boord en wens jou baie pret met baie opwindende akte. Enige amateurs wat belangstel om 'n HF-baken op te rig, kontak asseblief ir Leon Uys, ZR6LU by 082 573 5580 of per e-pos leonuys@gmail.com.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die Mei-uitgawe van Radio ZS sal vanaand beskikbaar wees vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. Die redakteur is besig met die finale afronding. In hierdie uitgawe Leon, ZR6LU, bespreek 'Amateurs in die moderne wêreld' en sal graag jou kommentaar wil hoor. Andy, ZS6ADY, vra of gelykgolf 'n sterwende manier van kommunikasie is? Angus, ZS6GOO, Steve, ZS6XU en Leon, ZR6L, span saam om te vertel van die geboorte van 'n geluids onderdrukkingseenheid in Suid-Afrika en Mike, ZS2FM, gee ons die BHF en hoër nuus. En daar is meer in hierdie uitgawe.

** WRTC 2018 Planne vra vir groter deelname deur jong deelnemers. Die 8ste Wêreld Radio Sportspan-kampioenskap, WRTC 2018 volgende Julie in Duitsland, bied plek op drie spanne aan vir deelnemers wat 25 of jonger is ten tyde van die geleentheid. Voornemende deelnemers hoef net aansoek te doen. Die internasionale geleentheid wat van 12 tot 16 Julie 2018 loop, sal 42 mededingende spanne bevat. Dit sal Duitsland se eerste keer wees dat hulle gasheer is vir WRTC wat plaasvind in samewerking met die IARU HF Kampioenskap kompetisie op 15 en 16 Julie 2018. Die IARU-kompetisie bied 'n raamwerk vir die WRTC; die reëls vir elke kompetisie verskil.

Die bestuur van voorbereidings vir hierdie WRTC is 'n organiserende komitee van 12 lede onder leiding van Chris Janssen, DL1MGB. Die WRTC 2018-terreine, almal in die relatief plat Jessen-Wittenberg-streek suid van Berlyn in die voormalige Oos-Duitsland, moet nog geëvalueer word, maar organiseerders beoog om soortgelyke bedienings terreine vir alle deelnemers aan te bied. (ARRL Brief)

** Sewe logstate is ontvang vir die Februarie been van die SARL digitale kompetisie. Dit sluit een kontrole log in. Resultate is as volg:

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 525 punte
2de Johannes Louw, ZS4WW - 504 punte
3de Allan Saul, ZS1LS - 414 punte

Baie geluk aan Jan!

** Die VSA se Vis en Wildlewe Diens (FWS) is blykbaar gereed vir 'n DXpedisie na Baker Eiland in die Stille Oseaan, wat die afgelope 15 nie geaktiveer is nie. Baker en Howland Eilande (KH1) is die vierde mees gesoekte DXCC-entiteit, volgens die Club Log DXCC Mees verlangde lys. Op 24 April het die FWS 'n Konsep verenigbaarheid bepaling vir amateur radio bediening vrygestel vir publieke hersiening en kommentaar. Die kommentaar periode eindig op 8 Mei. Openbare toegang tot die Baker Island National Wildlife Refuge (NWR) word bestuur deur 'n spesiale gebruik permit. Baker en Howland Eilande is deel van die Marine Nasionale Monument van die Stille Oseaan-eilande, geskep deur voormalige president George W. Bush onder die gesag van die Oudheidswet van 1906. Die monument is uitgebrei deur voormalige president Barack Obama. (ARRL Brief)

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer ses vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Met die dag-nag-ewening se effek nog ter sprake, gaan die 10 m band ook gedurende die vroeë middag verrassings oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

6 Mei – SARL Konvensie en AJV
13 Mei – Antieke Draadloos Vereniging Buis AM QSO Geselligheid
14 Mei – Antieke Draadloos Vereniging Buis ESB QSO Geselligheid
20 Mei – Mei Radio Amateur Eksamen
21 Mei – ZS3 Naelloop
25 Mei – sluitingsdatum vir artikels vir die Junie Radio ZS
28 Mei – SARL Digitale Kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Kennisgewing geskied hiermee ingevolge Reël 11.4 van die Grondwet en Reëls van die Suid-Afrikaanse Radioliga dat die 2017 Algemene Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Radioliga op Saterdag 6 Mei 2017 by Bergvallei in Muldersdrift byeengeroep sal word om 09:00. Registrasie en indiening van gevolmagtigdes sal om 07:30 begin. Al die relevante dokumentasie vir die AJV kan jy vind in die Lede-afdeling op die Liga-webblad.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today." Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003