Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 14 MEI 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ......................................................... [jou naam, roepsein en QTH]

Jy kan Sondag oggende na die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin luister om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels, op HF asook op baie VHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan met ZS0JPL verbind word vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die Liga-webwerf by www.sarl.org.za waar jy hierdie sowel as vorige bulletins in teks formaat onder die nuus skakel aan die linkerkant van die webblad sal vind. Terwyl jy daar is, kan jy inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA ALGEMENE JAARVERGADERING

JY KAN NOG REGISTREER VIR DIE AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM

en

DIE ZS3 NAELLOOP VOLGENDE SONDAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** Om die bulletin vanoggend te begin, wens ons al die moeders 'n spesiale Moedersdag toe!

** Die SARL-nuuspan wil graag verskoning aanteken aan Henk Toxopeus, ZS1ACD, wie se roepsein verkeerdelik gebruik is in die stil sleutel kennisgewing in SARLNuus van 7 Mei 2017.

** Die Algemene Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Radioliga is op 6 Mei 2017 in Krugersdorp gehou. In SARL Nuus het ons verlede Sondag berig oor die verskillende trofeë en toekennings wat by die toekenningsdinee uitgedeel is.

Die AJV is bygewoon deur sowat 60 lede wat baie volmagstemme gedra het. Die vergadering was goed gestruktureer en is sonder probleme voltooi. As deel van die finansiële verslag is besluit om die ledegeld vir die 2017/2018 finansiële jaar onveranderd te hou. Die mosie om elektroniese stemme te gebruik, is ook geslaag. Elektroniese stem sal geïmplementeer word sodra die Grondwet en Reëls van die Suid-Afrikaanse Radioliga gewysig is. Die Raad se Strategiese Plan is aan die vergadering voorgelê en goedgekeur.

Dit was nie nodig om te stem vir die verkiesing vir die Raad nie, aangesien daar 10 nominasies was. Louw Erasmus, ZS6LME, Paul van Spronsen, ZS1V, Dennis Green, ZS4BS en Chris Turner, ZS6GM, is in die tweede jaar van hul twee jaar-termyn. Geoff Levey, ZS6C, Nico van Rensburg, ZS6QL, en Rassie Erasmus, ZS1YT, is herkies vir 'n twee jaar-termyn. Tydens die jaarvergadering is Cliff Smyth, ZS6BOX, Etienne Naude, ZS6EFN, en Leon Uys, ZR6LU, vir 'n twee jaar-termyn genomineer en aangewys. Baie geluk aan die herverkose en nuwe raadslede.

In sy afsluitende rede het Nico, ZS6QL, die nuwe raadslede gelukgewens met hul verkiesing. Hy het die Wesrand Amateurradioklub bedank vir die aanbieding van die algemene jaarvergadering en die jaarlikse toekenningsdinee. Die 2018 SARL Nasionale Konvensie word aangebied deur die Pretoria Amateurradioklub.

Nico van Rensburg, ZS6QL, is tydens die kort Raadsvergadering onmiddellik na die algemene jaarvergadering as President en Chris Turner, ZS6GM, as Vise-President verkies. Cliff Smyth, ZS6BOX, is aangestel as Tesourier en Rassie Erasmus, ZS1YT, as waarnemende Liga Sekretaris. Die ander portefeuljes sal tydens die Raadsvergadering van 16 Mei 2017 beslis word en sal op die agterblad van Radio ZS verskyn.

** Die AMSATSA-ruimte simposium op 27 Mei 2017 beloof om een van die opwindendste gebeure op hierdie jaar se kalender te wees. Leer hoe jy kan werk op die nuwe geostasionêre satelliet wat later vanjaar bekendgestel sal word. Dit gee Suid-Afrikaners 24-uur-kommunikasie met 'n eenvoudige grondstasie. Hannes Coetzee, ZS6BZP, het die werk gedoen en sal dit met jou deel. Denel Spaceteq sal besonderhede deel oor hul werk op die EO-Sat1-satelliet wat vir SANSA gebou word om deel van die Afrika-aardwaarnemings netwerk te wees. Anton Janovsky sal vir jou wys en demonstreer hoe om 'n SDR met 'n Raspberry Pi te bou. Vind uit hoe die Kletskous-projek gevorder het, insluitend 'n demonstrasie van die transponder en ander substelsels plus baie meer interessante besprekings en demonstrasies.

Daar is wonderlike bywoning pryse wat gewen kan word, insluitend twee Pi Top-skootrekenaars, 2 Raspberry Pi-beginnerstelle en 2 Raspberry Pi-dummy stelle, 'n MFJ-kunsmatige grond en 'n MFJ-wêreldontvanger. Volledige program- en registrasiebesonderhede is beskikbaar by www.amsatsa.org.za of versoek besonderhede deur 'n e-pos aan admin@amsatsa.org.za te stuur.

** 5 MHZ voortplantingsverslag. Die 5 290 kHz voortplantings navorsingsprojek verslag vir die eerste kwartaal van 2017 is nou beskikbaar vanaf die Liga se webwerf deur die skakel van ‘Propagation Research’ aan die linkerkant van die tuisblad te kies. Die verslag is saamgestel deur Stewart Moss, ZS6SGM, en bevat baie interessante grafieke.

** Die Mei Radio Amateur-eksamen sal op Saterdag 20 Mei 2017 geskryf word. Die Nuusspan wens alle kandidate die beste toe met die eksamen.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die Liga het aansoek vir lidmaatskap ontvang van Daniel Small, ZSL1176, en Philip Du Buisson, ZSL1177. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet voor die Woensdag 17 Mei 2017 die Liga Sekretaris bereik. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za.

** Die ZS3 Naelloop, 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Noord-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder, sal volgende Sondag 21 Mei vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op die lug wees. Dit is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meter band met gelykgolf tussen 7 000 en 7 040 kHz en ESB tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz. Die uitruiling is RS- of RST-verslag en jou provinsiale of lands afkorting.

Kontakte met stasies in ZS3 is 2 punte werd en kontakte met stasies in jou eie of ander ZS roepgebied (uitgesluit ZS3) of Suider-Afrikaanse lande is 1 punt werd. ZS3-stasies kry 1 punt vir kontakte met stasies in ZS3 en 2 punte vir kontakte met stasies in ander ZS roepgebied of Suider-Afrikaanse lande. Kontakte met die Noord-Kaapse ARK, ZS3NC, die Namaqualand Aero Sportvereniging, ZS3FLY, die Kalahari Karoo ARK, ZS3ARK, die Bo-Karoo Radioklub, ZS3VDK, of die Sutherland ARK, ZS3OBS, is 5 punte elk. Slegs een kontak per stasie is toegelaat.

Logstate, in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein ZS3 Naelloop" moet ingedien word teen 22 Mei 2017 per e-pos aan zs3nc@qsl.net. 'n Sertifikaat word toegeken aan die eerste, tweede en derde plek in die kompetisie.

** Die uitslae van die Herfs QRP-kompetisie wat op 8 April 2017 gehou is, is vrygestel. Agt logstate en 1 kontrole log is ingedien en die uitslae is soos volg:

1ste Wes-Rand ARK, ZS6WR - 1 764 punte
2de Die Hammies ARK, ZS6ZU - 546 punte
3de Romeo Nardini, ZS6ARQ - 540 punte

Baie geluk aan die Wesrand

** Die BHFers wil die volgende radio amateurs gelukwens met hul toekennings van die SARL-toekenningsdinee.

Carl Minne, ZS6CBQ, het die Joseph White Plak ontvang vir sy UHF-prestasies op 432 MHz. Hy het ook die Ray Webber ZS6RSW BHF/UHF-trofee ontvang om die hoogste punte in die 2016 SARL BHF/UHF-kompetisies behaal.

Pieter Jacobs, V51PJ, het die Arthur Hemsley 2-meter-trofee vir sy individuele prestasies op die 2 meter-band ontvang. Terwyl Paul Smit, ZS6NK, die Bert Buckley Ses Meter Trofee vir sy uitstaande aktiwiteit op die ses meter band ontvang het.

Die Radio ZS Twee Meter Wisseltrofee is gesamentlik aan Dick Coates, ZS6BUN, en Pieter Jacobs, V51PJ, toegewys, vir die langste afstand wat hulle op hierdie band behaal het met digitale modusse. Wel gedaan aan almal.

** DXCC herinstelling van Midway en Kure eilande. Op 31 Maart het die ARRL aangekondig dat Midway en Kure Eilande op die lys van DXCC-geskrapde entiteite geplaas is. "Die verklaarde rede vir hierdie aksie," het die ARRL gerapporteer op 11 Mei, "was as gevolg van veranderinge in die administrasie as gevolg van veranderinge in die Papahanaumokuakea Marine Nasionale Monument", wat Midway en Kure insluit. "Na verdere hersiening is gevind dat die skrapping van hierdie twee entiteite word nie ondersteun deur die veranderinge wat aan die betrokke administrasies aangebring is nie. Daarom moet die skrappings uit die DXCC-lys nie plaasgevind het nie en die twee entiteite, Midway Eiland KH4 en Kure Eiland KH7K sal na die DXCC-lys terugkeer as aparte entiteite.

* Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Nou vir die Dagboek van Gebeure:

Vandag – Moedersdag en die ADV ESB QSO Geselligheid
20 Mei – die Radio Amateur Eksamen
21 Mei – die ZS3 Naelloop
25 Mei – die sluitingsdatum vir die Junie Radio ZS
27 May – die AMSATSA Ruimte Simposium en die Oosrandtak se vlooimark
28 Mei – die SARL Digitale Kompetisie

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die Algemene Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Radioliga is op 6 Mei 2017 in Krugersdorp gehou. In SARL Nuus het ons verlede Sondag berig oor die verskillende trofeë en toekennings wat by die toekenningsdinee uitgedeel is.

Die AJV is bygewoon deur sowat 60 lede wat baie volmagstemme gedra het. Die vergadering was goed gestruktureer en is sonder probleme voltooi. As deel van die finansiële verslag is besluit om die ledegeld vir die 2017/2018 finansiële jaar onveranderd te hou. Die mosie om elektroniese stemme te gebruik, is ook geslaag. Elektroniese stem sal geïmplementeer word sodra die Grondwet en Reëls van die Suid-Afrikaanse Radioliga gewysig is. Die Raad se Strategiese Plan is aan die vergadering voorgelê en goedgekeur.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003