Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 28 MEI 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van 'n stille sleutel.

Dit is met spyt dat die Hibiscus ARK moet aankondig dat Kees van den Linden, ZS5VDL, op Donderdag 25 Mei 2017 na 'n hartaanval oorlede is.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag,

SARL DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

RAE UITSLAE BESKIKBAAR

en

HOE RELEVANT IS AMATEUR RADIO NOG VANDAG ?

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

SARL DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

Die doel van die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie is om soveel moontlik kontakte tussen radio amateurs in Suider-Afrika te vestig deur die PSK31 en RTD-modusse te gebruik. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en loop Sondag 28 Mei 2017 vanaf 13:00 UTC tot 16:00 UTC. Aktiwiteit vind plaas op 80 meter tussen 3 580 tot 3 600 kHz, 40 meter tussen 7 040 en 7 060 kHz en 20 meter tussen 14 070 en 14 099 kHz. PSK31 word verkies aan die onder kant van die gespesifiseerde frekwensies en RTD word verkies by die boonste punt van die gespesifiseerde frekwensies. HSB moet te alle tye gebruik word.

'n Stasie kan twee keer op elke band gekontak word, een keer op RTDY, een keer op PSK31. Die uitruiling is 'n RST-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001. Kontakte met stasies wat in Algemene Reël 1.b gelys is, is 3 punte werd. Kontakte met stasies wat nie in Algemene Reël 1.b gelys is nie, is 1 punt werd. Die eerste kontak met elk van die roep areas sal gebruik word as 'n band vermenigvuldiger, daar is agt roep areas.

Log boeke, in ADIF, Cabrillo of MS Excel formaat en gemerk "Jou Roepsein Digitale Kompetisie," moet ingedien word teen 4 Junie 2017 by contest@sarl.org.za.

RAE UITSLAE BESKIKBAAR

Die RAE uitslae is beskikbaar en is op die Liga se webwerf gepubliseer. Baie geluk aan al die nuwe Amateur Radio operateurs wat suksesvol in die eksamen was. Ons sien daarna uit om binnekort ons nuwe Radio Amateurs op die lug te hoor. Ek wil graag alle dosente, toesighouers, helpers en die HF-assessore bedank wat hulle tyd wat hulle gegee het om die kandidate te mentor en onderrig. Dit is julle pogings, toewyding en spanwerk wat Amateur Radio laat gebeur en verseker sy sukses vir die toekoms. Baie dankie aan ons SARL administrateur Kelley Heslop en Nick Dreyer, ZS6NCK, vir al die hulp.

HOE RELEVANT IS AMATEUR RADIO NOG VANDAG ?

Gary Immelman, ZS6YI, het dié vraag gevra oor die Gemaklik Gesprek Forum. In antwoord het Henry Chamberlain, ZS1AAZ, gesê dat NASA 'n handves het wat sê dat dit 'n opvoedkundige komponent moes hê en hulle het vir hierdie doel Amateur Radio gekies. Daarom word ruimtevaarders dikwels gekwalifiseer as radio amateurs en daar is 'n amateur radio stasie aan boord van die Internasionale Ruimtestasie. Hy glo sterk dat amateur radio ook 'n sterk diens komponent moet hê, soos: (1) bystand tydens gebeure soos noodgevalle en sportgeleenthede, en (2) in tegnologiese onderwys. Henry dink ons het almal baie geleer oor radio, voortplanting, die ionosfeer, ruimte kommunikasie, fisika en wiskunde, om net 'n paar dinge te noem om radio amateurs te wees. Hy meen egter dat amateur radio nie baie aantreklik is vir 'n groot deel van die bevolking nie. So, wat kan gedoen word om hierdie situasie reg te stel en belangstelling te herstel?

Amateur radio is gestig deur eksperimente, eksplorasie en navorsing, wat uitgeloop het op hul ontdekking van kortgolf DX werking. Baie radio amateurs, wat jare later gevolg het, het amateur radio net as 'n stokperdjie met die klem op pret aangepak en benodig dus geen verandering nie. Amateur radio kan irrelevant raak as dit aan die verlede in 'n moderne wêreld vasklou, waar radio-tegnologie verder gegaan het. Moderne send-ontvangers is gesofistikeerde nuwe gereedskap, waardeur geesdriftige amateurs die onbekende bande tot mikrogolwe kan verken en nuwe ontdekkings kan maak. Binne 'n dekade of twee sal amateur radio fokus op die bemande verkenning van ruimte met uiteindelike nedersettings op die Maan en planeet Mars.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

AFRIKAANS NUUS LESER BENODIG

Die SARL-nuus span het 'n Afrikaanse bulletin leser nodig. Hierdie persoon sal elke derde naweek die Afrikaanse bulletin opneem vir uitsending op Sondag oggend. Dit verduidelik hoekom daar op Sondag 14 Mei geen opgeneemde Afrikaanse bulletin was nie. As jy belangstel, kontak asseblief vir Dennis, ZS4BS by zs4bs@netactive.co.za

WESRAND SNUFFELMARK

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffel mark om 12:00 op Saterdag 03 Junie 2017 by die Klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark in Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Geoff, ZS6C, op 082 546 5546.

JUNIE RADIO ZS

Die redakteur is op soek na 'n geskikte foto vir die voorblad van die Junie-uitgawe van Radio ZS. Dit moet in portret formaat wees en amateur radio in aksie vertoon. As jy nog 'n artikel vir hierdie uitgawe het, is jy welkom om dit in te dien. Stuur jou foto of artikel aan radiozs@sarl.org.za teen Dinsdag 30 Mei 2017.

NEDERLANDSE EN OOSTENRYKSE AMATEUR RADIO TYDSKRIFTE

Die redakteur van Radio ZS ontvang gereeld elektroniese amateur radio tydskrifte van radio klubs in die Nederland. As jy hierdie Nederlandse tydskrifte wil ontvang, stuur jou e-pos adres aan radiozs@sarl.org.za

Die Oostenrykse nasionale amateur radio vereniging ÖeVSV is een van die vele wat hul tydskrif as 'n gerieflike PDF beskikbaar stel. Die tydskrif is in die Duits en jy kan afskrifte van QSP aflaai by www.oevsv.at/downloads/.

HAMVENTION BEGIN OP 'N BELOWENDE NOOT IN SY NUWE PLEK

Amptelike bywoning getalle is nog nie in nie, maar Hamvention® 2017 van 19 tot 21 Mei het 'n gelukkige en entoesiastiese skare aan sy nuwe plek by die Greene County Fairgrounds en Expo Centre in Xenia, Ohio getrek. Die borg Dayton Amateur Radio Association (DARA) was verplig om Hamvention te verhuis nadat die vervalle Hara Arena in Trotwood gesluit is verlede somer. Verkeersknope was egter deel van die dag op die openingsdag, met diegene wat graag Hamvention se eerste Xenia-uitstappie wou bywoon tot 2 uur in die verkeer moes wag. Verkeer vloei op Saterdag en Sondag was baie beter. Swaar reën op Saterdag het nie geeste gedemp nie, hoewel dit dinge effens moeilik by die vlooimark gemaak het. Ward Silver, N0AX, 'n veteraan van Hamvention, het die skou hoë punte gegee.

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Die sigbare sonvlek is tans stabiel. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer drie vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:
Vanmiddag - die SARL digitale kompetisie
30 Mei – stuur jou foto of artikel vir die June Radio ZS
3 Junie – die Wesrand ARK se snuffel mark
11 Junie – die Hammies Naelloop
17 Junie - Wêreld QRP Dag
18 Junie - Vadersdag
22 tot 26 Junie – die SARL Top Band QSO Geselligheid

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Die doel van die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie is om soveel moontlik kontakte tussen radio amateurs in Suider-Afrika te vestig deur die PSK31 en RTD-modusse te gebruik. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en loop Sondag 28 Mei 2017 vanaf 13:00 UTC tot 16:00 UTC. Aktiwiteit vind plaas op 80 meter tussen 3 580 tot 3 600 kHz, 40 meter tussen 7 040 en 7 060 kHz en 20 meter tussen 14 070 en 14 099 kHz. PSK31 word verkies aan die onder kant van die gespesifiseerde frekwensies en RTD word verkies by die boonste punt van die gespesifiseerde frekwensies. HSB moet te alle tye gebruik word.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer en vertaal deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003