Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 09 JULIE 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE RaDAR UITDAGING

RADIO ZS ANTENNA ONTWERP KOMPETISIE

DIE STERKSTER RADIO SEINE IN DIE WERELD

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE TWEEDE RaDAR UITDAGING OP 15 JULIE

Die tweede RaDAR Uitdaging van 2017 vind plaas op Saterdag 15 Julie van 00:00 tot 23:59 UTC. Die RaDAR "Uitdaging" is 'n unieke geleentheid wat daarop gemik is om die gebruik van Vinnig Ontplooide Amateur Radio-stasies te bevorder. Kategorieë kan enige tyd verander word tydens die uitdaging. Die punte stelsel is so gestruktureer dat draagbare RaDAR-operasies veral beweegbare RaDAR-stasies aangemoedig word. RaDAR-operateurs word aangemoedig om tydens elke uitdaging selfversorgend te wees, met nie net kragtoevoer- en kommunikasie toerusting nie, maar kos, water, beskermende klere en skuiling en moet nie die noodhulpkissie vergeet nie.

Elke operateur moet sy of haar maksimum, enkele periode, vier uur operasie beplan. Hy of sy moet voortplanting oorweeg met die uiteindelike doelwit van RaDAR tot RaDAR kontakte tussen die kontinente en 'n 10-punte bonus! Die RaDAR-uitdaging verg meer as 'n minimalistiese inligting uitruiling. Akkurate inligting uitruiling word meer belangrik beskou as 'n groot QSO-telling. Die uitruiling is jou roepsein, jou naam, RS of RST-verslag, QTH en ruitverwysing. Logstate moet teen 29 Julie ingedien word en per e-pos aan edleighton@gmail.com gestuur word

DIE WINTER QRP KOMPETISIE VOLGENDE SATERDAG

Die Winter QRP kompetisie duur van 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 15 Julie 2017 met ESB en gelykgolf aktiwiteit met 5 watt of minder. Die eerste uur is slegs beperk tot die 40 m-band. Die oorblywende twee ure kan die deelnemers enige HF (nie-WARC) band gebruik.

Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou ruitverwysing. Oorweeg asseblief om realistiese RS- of RST-seinverslae uit te ruil en gebruik die volledige 6-karakters ruitverwysing. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel formaat en gemerk "Jou roepsein QRP Contest" moet ingedien word teen 22 Julie 2017 per e-pos aan contest@sarl.org.za.

Raadpleeg asseblief die 2017 SARL Kompetisie Handleiding vir die reëls van beide kompetisies.

RADIO ZS ANTENNA ONTWERP KOMPETISIE

Jy hoef nie 'n antenna-deskundige te wees om 'n wenner te wees nie. Stuur vir ons jou beste ontwerp en ons sal dit evalueer volgens die kompetisie reëls. Selfs as jou ontwerp nie 'n prys ontvang nie, kan dit steeds in aanmerking kom vir publikasie in 'n toekomstige uitgawe van Radio ZS. Ons kan net een inskrywing per persoon of span aanvaar, dus kies jou kategorie verstandig. Moenie te lank wag nie, die sperdatum is 1 Oktober 2017!

Jy kan kies uit drie kategorieë - 160 meter en laer, HF of BHF/UHF en hoër. Inskrywings moet tekeninge bevat met afmetings, 'n lys materiale wat nodig is om die antenna te bou, die antenna moet gemaak word van items wat maklik te kry - beskikbaar in jou plaaslike hardewarewinkel, 'n beskrywing en opsomming van enige metings wat geneem is (insluitend SWR data), foto's van die geďnstalleerde antenna, die inskrywings kategorie wat jy gekies het vir jou ontwerp en jou naam, posadres en e-posadres. Slegs een inskrywing per individu of span sal aanvaar word. Deelnemers moet SARL lede wees.

Stuur jou inskrywing na: Radio ZS Antenna Ontwerp kompetisie, Posbus 12104, Brandhof, 9324 of per e-pos aan radiozs@sarl.org.za. Voeg in die onderwerp lyn jou roepsein en die woorde Antenna Ontwerp kompetisie. Kry al die besonderhede in die Julie 2017 Radio ZS. Die eerste inskrywing is alreeds ontvang.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE MEES KRAGTIGE RADIOSEINE IN DIE WĘRELD IS OP SHF

Rory Norton, ZS2BL, by Port Elizabeth, het ons aandag op die Forum aan die kragtige senders wat gebruik is op die VLF en ELF bande met uitset krag wat wissel tot 14 megawatt, met baie groot antenna stelsels. Maar al hierdie stasies is verduister deur die uiters hoë krag klystron senders wat tans in gebruik is in die veld van radio-astronomie. Carl Sagan en Frank Drake gebruik hierdie tipe van sender by Arecibo, Puerto Rico, om die mees kragtige radio sein ooit uit die aarde te stuur na die ruimte. Die uitgestraalde krag van 20 terawatts wat gegenereer is deur 'n 20 Megawatt klystron vir 'n tydperk van vyf minute en wat ook 'n digitale boodskap dra. Die sein wat op reis is in die rigting van die konstellasie van Hercules, wat oorhoofs was op daardie tydstip. Stanford Universiteit het die klystron ontwerp met ‘n uitset van tot 150 megawatt met 500 kilovolt. Toetse het reeds 1 gigawatt krag geproduseer in die gebruik van mikro-sekonde pulse en hoër kragte word beplan. Deurlopende radar seine word gebruik in radio-astronomie om verduisterde oppervlaktes te karteer: soos die planeet Venus, of puls radar om afstande in die sonnestelsel te meet. Wanneer die SKA op dreef kom in 2024, kan radio-astronomie dus spog met die grootste antenna stelsel in die węreld.

HOEKOM ELKE GELISENSIEERDE RADIOAMATEUR DIE IARU MOET ONDERSTEUN?

Die uitsaai van AM wat ingehuldig is ná die Eerste Węreldoorlog is amateur radio węreld wyd verbied, regerings het besef die radio spektrum het ‘n waardevolle werklikheid geword. Dit was 'n wekroep vir alle radioamateurs. Om te bestaan, moet Amateur Radio toegang tot die radiofrekwensiespektrum kry, anders sou ons toerusting nutteloos wees, soos 'n boot sonder water. Die Amerikaanse Radio Relęliga (ARRL) met hul president Hiram Percy Maxim, 1AW, het met die Amerikaanse Kongres gepleit vir die amateur radio spektrum, en in Oktober 1919 het die Amerikaanse regering al die nuttelose golflengtes onder 200 meter vir radioamateurs in die Verenigde State toegeken. Gou het 'n paar ander lande in die węreld, die voorbeeld gevolg. Die IARU wat gestig is, het die beskerming aangebied vir amateur radio en kon hulle ook skakel met die ITU. Lees die volledige storie in die Julie-uitgawe van Radio ZS, nou aanlyn vir SARL-lede.

BAKEN NUUS

Die Beaconeers rapporteer uitstekende deelname aan die 60 m projek van amateurs in ZS1, ZS5 en ZS6 areas waar hulle besig is om data in te samel vir voorlegging aan ICASA oor die 5 MHz allokasie. Daar is egter baie min inligting beskikbaar uit die ZS3 en ZS4 divisies om die voorlegging te verstewig. Enige amateur in divisie 3 en 4 wat belangstel om deel te neem aan die projek is welkom om Leon Uys, ZR6LU, op WhatsApp 082 573 5580 of e-pos leonuys@gmail.com te kontak.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels van die enkele sigbare sonvlek nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer vyf vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Plaaslik gaan 60 m gedurende die dag die beste voortplanting oor korter afstande oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

14 tot 16 Julie – Ham Radio 2017 in Friedrichshafen, Duitsland
15 Julie – die RADAR Uitdaging en die Winter QRP Kompetisie
23 Julie – die ZS2 Naelloop
29 en 30 July – die RSGB IOTA kompetisie
06 Augustus – die SARL HF Foon kompetisie
19 en 20 Augustus – die Internasionale Ligtoring Naweek
20 Augustus – die SARL HF Digitale kompetsie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede RaDAR Uitdaging van 2017 vind plaas op Saterdag 15 Julie van 00:00 tot 23:59 UTC. Die RaDAR "Uitdaging" is 'n unieke geleentheid wat daarop gemik is om die gebruik van Vinnig Ontplooide Amateur Radio-stasies te bevorder. Kategorieë kan enige tyd verander word tydens die uitdaging. Die punte stelsel is so gestruktureer dat draagbare RaDAR-operasies veral beweegbare RaDAR-stasies aangemoedig word. RaDAR-operateurs word aangemoedig om tydens elke uitdaging selfversorgend te wees, met nie net kragtoevoer- en kommunikasie toerusting nie, maar kos, water, beskermende klere en skuiling en moet nie die noodhulpkissie vergeet nie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer en vertaal deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003