Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 24 SEPTEMBER 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTELS:
Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Geoff Tyler, ZR1GFT het stil geword. Geoff was n afgetreede elektroniese instrukteur by die Simonstad floot basis en vriend van die oorlede Bud ZS1B.
Die twee het die eerste lighuis naweek by die Greenpoint lighuis beman 20 jaar gelede.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Adriaan Jacobus Naude Vermaak, ZS6DBD, op 09 September 2017 stil geword het.

Ons innige meegevoel aan die families en vriende.



In die nuus vandag:
DENNIS ZS4BS ONTVANG TOEKENNING VAN IARU
MAGALIES NUWE KOMMITEE AANGESTEL BY AJV


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DENNIS GREEN ZS4BS MET IARU MEDALJE VEREER:
Tydens die IARU streek een gala dinee, gehou in Duitsland, is Dennis Green ZS4BS vereer met die IARU Streek Een Medalje in erkenning vir sy bydrae tot die IARU as sekretaris oor twee termyne. Die toekening is aan Dennis oorhandig deur die IARU streek een presidient Don Beattie. Baie geluk Dennis!


MAGALIES RADIOAMATEURKLUB ALGEMENE JAAR VERGADERING:
Tydens die AJV van Magalies Radioamateurklub wat gehou was op 16 September 2017 is die volgende komiteelede verkies:

a. Voorsitter. : Thys Maree, ZS6MJM

b. Visievoorsitter Chris van Eeden, ZS6CVE

c. Sekretaris Irene Myburgh, ZS6IEA

d. Tesourier. Pieter Myburgh, ZS6PAM

e. Bullentin koordineerders : Kallie Swanepoel, ZS6KCS;
Helgard Honiball, ZS6HON en
Richard Peer, ZS6UK.

f. Teenspanning : Peter Spickett, ZS6SP

g. Tegnies : Brian Jacobs, ZS6YZ

h. Sosiaal : Pieter Fourie, ZS6CN

i. Addisionele lid : Kleingert Horn, ZS6HRN



U luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Ligga

KOMPETIESIE HANDLEIDING:
Dis weer dardie tyd van die jaar wanneer ons moet begin aandag gee aan die kompetiisei handleiding, of te wel die “Blou Boek” Klubs en ander gelastigdes moet asseblief hul kompetisie skedules nagaan en die opgedateerde inligting deurstuur ten einde die handleiding by te werk.

Sou enigiemand enige voorstelle of verbeterings aan die handleiding wil voorstel kan ‘n epos gestuur word aan contest@sarl.org.za met die nodige inligting.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING:
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is nie veel van 'n kans dat die twee sigbare sonvlekke ernstige sonfakkels gaan oplewer nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van drie-en-twintig vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid vir 'n paar 10m openinge.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

30 September – Oos Rand Klub AJV
05 Oktober – SARL 80m QSO Geseligheid
07 October – ERB Flea Market
07 October - SARL Spring QRP Contest
07 October - AWA AM QSO Party
08 October – AWA SSB QSO Party
14 October – Bacar launch


Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Tydens die IARU streek een gala dinee, gehou in Duitsland, is Dennis Green ZS4BS vereer met die IARU Streek Een Medalje in erkenning vir sy bydrae tot die IARU as sekretaris oor twee termyne.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003