Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 1 AUGUSTUS 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ................ [jou naam, roepsein en QTH]

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondagoggend ‘n nuus bulletin om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels uit op HF asook op baie BHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan by ZS6JPL inskakel vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Oudio- en teksbulletins kan afgelaai word vanaf die liga-webwerf by www.sarl.org.za waar jy ook kan inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van vyf stil sleutels.

Craig Smith ZS5AV is die nag van 14 September op sy plaas in die distrik Mid Illovo in KZN vermoor. Craig was 62 jaar oud en was alleen by die huis. Hy word oorleef deur sy twee kinders, Andrew en Laura. Craig was baie aktief op die HF bande in die 1980's en 1990's. Hy was in die laaste tydperk meer aktief op 6 en 2 meter ESB gewees. Hy was die afgelope 10 jaar nie baie aktief nie. Opregte meegevoel aan sy kinders, Andrew en Laura.

Dit is met leedwese dat die heengaan van Leon Koekemoer, ZS6LX, op Dinsdag 12 September 2017 aangekondig moet word.

Dit is jammer dat die heengaan van die CTARS-lid, Hugo Friedmann, ZS1HSF, op 12 September aangekondig moet word.

Dit is met leedwese dat die heengaan van Hans Vorster, ZS6VH op 27 September na 'n beroerte, aangekondig moet word.

Dit is met leedwese dat die heengaan van die doyen van BHF en hoër in Suid-Afrika, Ivo Chladek, ZS6AXT, op 28 September aangekondig moet word.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan hierdie radio amateurs se families en hulle vriende

PAUSE

In die nuus vandag,

DRIE PLAASLIKE KOMPETISIES HIERDIE WEEK

VOLLEDIG KLETSKOUS CUBESAT OM OP BACAR OP 21 OKTOBER 2017 TE VLIEG

en

TERUGVOERING OOR DIE 24ste IARU-STREEK 1 ALGEMENE KONFERENSIE

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DRIE PLAASLIKE KOMPETISIES HIERDIE WEEK

Op Donderdagaand 5 Oktober kan jy deelneem aan die gewilde SARL 80 m QSO Geselligheid wat van 17:00 tot 20:00 UTC op die lug sal wees. Foon aktiwiteit vind plaas tussen 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz en die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag en jou naam. Kontakte met stasies in Suid-Afrika is 10 punte werd, terwyl kontakte buite Suid-Afrika 15 punte werd is. Logstate SLEGS in MS Excel-formaat moet teen Donderdag 12 Oktober 2017 per e-pos aan zs5lp@vodamail.co.za ingedien word.

Die tweede been van die AWA Buis QSO Geselligheid vind plaas op 7 en 8 Oktober. Die AM QSO Geselligheid is Saterdag 7 Oktober van 13:00 tot 17:00 op die lug en die ESB QSO Geselligheid van 13:00 tot 17:00 UTC op Sondag 8 Oktober 2017. Aktiwiteit vind plaas op 40 meter tussen 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz en op 80 meter tussen 3 603 tot 3 650 kHz. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001 en die soort radio wat gebruik word. Die logstate moet teen 23 Oktober 2017 ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za.

Die Lente QRP-Kompetisie is op Saterdag 7 Oktober 2017 op die lug van 12:00 tot 15:00 UTC met foon- en gelykgolf-aktiwiteit met 5 Watt of minder op die HF-kompetisie bande. Die eerste uur is beperk tot die 40 meter band. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou Ruitblok. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein QRP Kompetisie" moet ingedien word teen Saterdag 14 Oktober 2017 per e-pos aan contest@sarl.org.za. Nota: 'n foto (s) van die stasie wat gebruik word (JPG-formaat) MOET elke log inskrywing vergesel.

Kry die volledige reëls vir hierdie drie kompetisies in die 2017 SARL Blouboek.

Gepraat oor die Blouboek. Geoff, ZS6C en sy span werk aan die 2018 Blouboek en versoek hulle enige dat veranderinge of verbeterings aan die huidige kompetisies of voorstelle vir nuwe kompetisies per e-pos gestuur kan word aan contest@sarl.org.za teen die einde van Oktober 2017.

VOLLEDIG KLETSKOUS CUBESAT OM OP BACAR OP 21 OKTOBER 2017 TE VLIEG

Die AMSAT SA Kletskous-span doen die laaste afronding op die CubeSat wat op 21 Oktober 2017 op die BACAR-vlug getoets sal word. Die span is besig met die integrasie van die elektriese kragstelsel (EPS), die stabilisator bord, die aanboord rekenaarstelsel, die transpondeerder en antennas in die nuwe ruimte raam. Geen sonpaneel sal gebruik word nie daar Kletskous word deur 'n battery aangedryf sal word. Dit is 'n voorsorgmaatreël aangesien die sonpaneel baie duur is en dit kan ernstig beskadig word met die landing. BACAR is geskeduleer om 09:00 vanaf 'n vliegveld naby Secunda gelanseer te word.

Kletskous is 'n skare befondsde projek. Word asseblief deel van die projek deur aan die Kletskous fonds te skenk. Besonderhede en gereelde opdaterings is beskikbaar op www.amsatsa.org.za. Alle donateurs word erken op die webwerf.

Die transpondeerder frekwensies is soos volg: Opskakeling 435,135 - 435,165 MHz met die afskakeling op 145,850 - 145,880 MHz. Daar is ook baie ander loonvragte wat op BACAR gevlieg moet word.

DIE NOVEMBER RADIO ZS

Die November Radio ZS is die Jeug uitgawe en sal 'n verslag van die YOTA Somer Kamp wat by Gilwell Park in Augustus gehou is insluit, ook nuus oor JOTA en CQ Hou Koers. Die verskillende Hammies-klubs word gevra om ons meer te vertel oor hul aktiwiteite.

Gedurende Augustus is baie vuurtorings vir ILLW geaktiveer, wat van 'n storie van jou vuurtoring? Hoogtes op die lug het nuwe woema gekry in Suid-Afrika na aanleiding van toevoegings tot die databasis - waar is die foto's en stories? Stuur jou bydraes na radiozs@sarl.org.za

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

VERSKILLENDE EILANDE RONDOM SUID-AFRIKA OPSOEK NA BHF-KONTAKTE

Daar is 'n aantal eilande aan die ooste-, suid- en weskus van Suid-Afrika wat binne die 3 000 km afstand van die kus geleë is en goed binne die Tropo Geleiding afstand van 144 MHz, natuurlik as daar enige aktiewe BHF-amateurs is. Hulle is Madagaskar, Reunion-eiland, Marion-eiland, Tristan da Cunha en St Helena-eilande.

FR5DN op Reunioneiland is 'n baie aktiewe BHF-amateur wat al jare lank op die Ooskus op 144 MHz SSB en digitale sowel as 432 MHz SSB in logs aangeteken is en selfs so ver as Port Elizabeth ongeveer 3 240 km op beide 144 MHz SSB en digitale gewerk. ZS8MI op Marion-eiland is al jare lank van PE op 50 MHz SSB via Tropo Geleiding en Sporadiese-E voortplanting gewerk. Oor die jare het die Sporadiese-E-afstand vanaf Marion-eiland tot by Ramsgate op 50 MHz toegeneem toe ZR1BCE/8 by die weerstasie was. Onlangs het FR5FC by FR5DN aangesluit op Reunion-eiland op 144 MHz.

Aan die Weskus is daar 'n BHF-amateur, ZD7VC, op St Helena-eiland wat Namibië en Suid-Afrika op 144 MHz via Tropo Geleiding wil werk. Wie op die Weskus sal die uitdaging aanneem?

TERUGVOERING OOR DIE 24ste IARU-STREEK 1 ALGEMENE KONFERENSIE

Die 24ste Algemene Konferensie van IARU Streek 1 is op Sondag 17 September 2017 geopen met 130 afgevaardigdes van veertig Lede verenigings asook beamptes van die IARU, Streke 1, 2 en 3. Dertien Lede verenigings is verteenwoordig deur gevolmagtigdes by konferensie. Die konferensie is by die Sparkassenakademie Bayern in Landshut, Duitsland gehou en aangebied deur die Deutsche Amateurradioklub (DARC).

Daar is vordering gemaak by die konferensie oor 'n aantal onderwerpe wat van groot belang vir radio amateurs is. Dit het gekom deur mense oor 'n paar dae bymekaar te kry en hulle te konfronteer met die realiteite wat ons nodig het om ons spektrum te beskerm, asook om die dalende aantal aktiewe Radio-amateurs aan te spreek.

Die konferensie het die strategie van IARU Streek 1, sy finansies en lidmaatskap hersien. Ander aangeleenthede wat ingesluit is, sluit in die werk van 'n aantal permanente komitees, werksgroepe en koördineerders, insluitend die EMC, politieke aangeleenthede, Noodkommunikasie, Jeug, ARDF, ontwikkeling van amateur radio in ontwikkelende lande, spektrum ontwikkeling en beskerming via ITU, CEPT en die Wêreld Radiokommunikasie Konferensies (Spektrum en Regulerende Skakelingskomitee), indringerwaak, die ruimte en hoëspoed telegrafie.

Die Konferensie het ook beleid in die sleutel spektrum gebiede van LF/HF en BHF/UHF/Mikrogolf nagegaan. Besprekings het uitgebrei oor 'n verskeidenheid gebiede, insluitende band beplanning, kompetisies, afgeleë werk en innoverende ontwikkelings op die gebied van satelliete en digitale TV. Die posisie op die Wêreld Kommunikasie Konferensie 2019 is ook bespreek.

'n Volledige verslag van die verrigtinge van die Finale Voltallige Vergadering is op die webwerf van IARU Streek 1 gepubliseer by www.iaru-r1.org/index.php/general-conference

'n Nuwe Uitvoerende Komitee is verkies tydens die Finale Voltallige Vergadering van die 24ste IARU Streek 1 Algemene Konferensie. Die Uitvoerende Komitee vir 2017 tot 2020, wat op 31 Oktober 2017 hul ampstermyn sal begin, is die President: Don Beattie, G3BJ; Visie-president: Faisal Al-Ajmi, 9K2RR; Tesourier: Andreas Thiemann, HB9JOE; Sekretaris: Hans Blondeel Timmerman, PB2T en Lede: Oliver Tabakovski, Z32TO; Sylvain Azarian, F4GKR, Alessandro Carletti, IV3KKW, Mats Espling, SM6EAN, en Joerg Jaehrig, DJ3HW. Die 25ste IARU Streek 1 Algemene Konferensie sal in September 2020 gehou word in Nova Sad, Serwië, aangebied deur SRS.

Die Streek 1 Roy Stevens, G2BVN, Gedenk Trofee, die hoogste erkenning wat Streek 1 kan toeken, is toegeken aan Colin Thomas, G3PSM vir sy uitstaande bydrae tot amateur radio en die werk van IARU oor dekades.

By die gala dinee gehou op Donderdagaand 21 September is baie toekennings oorhandig. Uittredende HF Bestuurder van Streek 1, Ulrich Mueller, DK4VW, het ere-lewenslange lidmaatskap van die DARC ontvang, asook die Streek 1 Medalje vir sy werk as HF-bestuurder van die Streek. Graham Shirville, Streek 1 Satelliet koördineerder, Greg Mossop, G0DUB, die Streek 1 Noodkommunikasie koördineerder en Lisa Leenders, PA2LS, die Streek 1 Jeug Werkgroepvoorsitter het die Streek 1 Medalje van Don Beattie, G3BJ, Streek 1 President ontvang. Uittredende Streek 1 Sekretaris, Dennis Green, ZS4BS, het ook die Streek 1 Medalje ontvang vir sy bydrae tot Streek 1 as Sekretaris sedert 2009. Dennis is vir die volgende drie jaar aangestel as die Streek 1 HF Baken-koördineerder.

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is nie veel van 'n kans dat die drie sigbare sonvlekke ernstige sonfakkels gaan oplewer nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van twee-en-twintig vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid vir 'n paar 10 m openinge. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, 'n dagboek van sommige komende gebeure:

5 Oktober - die SARL 80 m QSO Geselligheid
7 Oktober - die Oos-Rand-tak snuffelmark
7 Oktober - die SARL Lente QRP kompetisie
7 en 8 Oktober - die AWA AM en ESB QSO Geselligheid
20 tot 22 Oktober - Jamboree op die Lug
21 Oktober - die Radio Amateur Eksamen en CQ Hou Koers
28 en 29 Oktober - die CQ WW DX ESB kompetisie

Om ons bulletin af te sluit, 'n vinnige oorsig van ons hoofnuus:

Drie plaaslike wedstryde hierdie week. Op Donderdagaand 5 Oktober kan jy deelneem aan die gewilde SARL 80 m QSO Geselligheid wat van 17:00 tot 20:00 UTC sal loop. Die tweede been van die AWA Buis QSO Geselligheid vind plaas op 7 en 8 Oktober. Die AM QSO Geselligheid is op die lug Saterdag 7 Oktober vanaf 13:00 tot 17:00 en die ESB QSO Geselligheid van 13:00 tot 17:00 UTC op Sondag 8 Oktober 2017. Die Lente QRP Kompetisie is van 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 7 Oktober 2017 met foon- en gelykgolf-aktiwiteit met 5 Watt of minder op die HF-kompetisie bande.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003