Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 8 OKTOBER 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ................ [jou naam, roepsein en QTH]

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondagoggend ‘n nuus bulletin om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels uit op HF asook op baie BHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan by ZS6JPL inskakel vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Oudio- en teksbulletins kan afgelaai word vanaf die liga-webwerf by www.sarl.org.za waar jy ook kan inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

DIE OKTOBER 2017 UITGAWE VAN RADIO ZS VIR ALMAL OM TE LEES

KLETSKOUS INTEGRASIE VIR BACAR-VLIEG HET GOEIE VORDERING GEMAAK

en

RADIO AMATEURS MOET BY HOU MET MODERNE TYE

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE OKTOBER 2017 UITGAWE VAN RADIO ZS VIR ALMAL OM TE LEES

Die Oktober-uitgawe van Radio ZS bevat verskeie artikels wat direk verband hou met die IARU Streek 1 konferensie wat onlangs in Landshut, Duitsland plaasgevind het.

Die SARL Raad het besluit om die Oktober-uitgawe van Radio ZS vrylik beskikbaar te stel vir die amateur-gemeenskap, insluitende maklike toegang tot die finale konferensieverslag van die IARU Streek 1. Geniet ook die artikels oor die toekoms van amateur radio, die ZS3ZU Hammies van Vanderkloof, ZS SOTA opdatering en wat amateur radio en Suid Afrikaanse Fauna en Flora in gemeen het. Die skakels om Radio ZS en die IARU Streek 1 se finale konferensieverslag af te laai, is beskikbaar op die SARL webwerf by www.sarl.org.za/.

Jou hulp in die verspreiding van hierdie die nuus berig onder die radio amateur gemeenskap word opreg waardeer. Ons vertrou dat almal die Oktober-uitgawe van Radio ZS sal geniet en begrip sal hê vir die werk wat gedoen is, insluitende wat bereik is tydens 'n suksesvolle IARU-streek 1 konferensie.

SARL OP TWITTER

Jy kan die SARL op Twitter volg, soek vir @SARL_Amateurs

KLETSKOES INTEGRASIE VIR BACAR-VLIEG HET GOEIE VORDERING GEMAAK

AMSATSA het vandeesweek goeie vordering gemaak met die integrasie van die onderskeie modules. Hierdie naweek sal die aanboord-rekenaar en die transponder in die ruimte-raam geïntegreer word. Soos verlede week genoem, sal geen sonpanele gevlieg word nie, Kletskous sal deur 'n battery aangedryf word. Dit is 'n voorsorgmaatreël aangesien sonpanele duur is en dit ernstig beskadig kan word tydens die landing. BACAR is geskeduleer vir lansering om 09:00 vanaf 'n vliegveld naby Secunda. Die transponder frekwensies is soos volg: opskakel 435,135 - 435,165 MHz met die afskakel op 145,850 - 145,880 MHz.

Kletskous is 'n skare befonds projek. Word asseblief deel van die projek deur aan die Kletskous fondse te skenk. Besonderhede en gereelde opdaterings is beskikbaar op www.amsatsa.org.za. Alle donateurs word erken op die webwerf.

SDR WERKSWINKEL IN KAAPSTAD

AMSAT SA sal op Saterdag 4 November 2017 'n SDR-werkswinkel in Kaapstad by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, Bellville-kampus hou. Bespreking vir hierdie geleentheid sal van vandag oop wees. Vir besonderhede en 'n besprekingsvorm, besoek www.amsatsa.org.za. Die program behels 'n beskrywing van die sagteware wat gebruik word saam met 'n stap-vir-stap verduideliking van die installasieproses op 'n rekenaar of 'n skootrekenaar. Applikasies, soos algemene sein ontvangs en die aflaai en vertoon van weer satelliet data op die rekenaar sal bespreek word.

'n BHF-dongle en 'n geheuestokkie met sagteware kan bestel word op die besprekingsvorm. Alle bestellings sal slegs by die werkswinkel beskikbaar wees en geen aflewering per pos is beskikbaar nie. Die sluitingsdatum vir besprekings en betaling is 27 Oktober 2017.

Die SDR werkswinkel in Johannesburg sal op 18 November by die Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word. Volledige besonderhede sal gedurende volgende week beskikbaar wees. Beide werkswinkels word aangebied deur AMSAT SA in samewerking met die Suid-Afrikaanse Radioliga. Lede van beide organisasies sal lidmaatskap afslag geniet.

BAKENNUUS

Die Beaconeers het verskeie ‘spots’ by die WSPR-databasis bygevoeg vir die 5 MHz-voortplantingsverslag wat later aan OKASA aangebied sal word. Afskrifte van die finale verslag sal aan alle SARL-lede beskikbaar gestel word. Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, wil elke amateur bedank wat in hierdie tydperk 'n luisterstasie of 'n WSPR-baken op 60 meter gestig het. Enigeen wat belangstel om 'n Beaconeer te word, kan Leon Uys, ZR6LU, skakel by 082 573 5580.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

RADIO AMATEURS MOET BY HOU MET MODERNE TYE

Radio amateurs het hul naam in die geskiedenis gemaak toe hulle wêreldwye HF-kommunikasie ontdek het terwyl hulle radiotelegrafie gebruik het, wat die korrekte term vir gelykgolf is. Tien jaar later het hulle BHF-voortplanting buite die gesigspunt ontdek tot die verrassing van die radio-kenners. Ons vroeë radio amateurs was ware eksperimenteerders, navorsers en pioniers en hulle het amateur radio tegnologie in hul tyd gevorder. Vandag is baie van ons moderne radio amateurs nie meer geïnteresseerd in eksperimente nie, maar net met 'n radio-stokperdjie. Baie kortgolf uitsaaistasies het gesluit en kommersiële stasies het na die satellietfrekwensies op SHF verskuif waar DSTV goed gevestig is. Dit sluit in die maritieme mobiele diens wat baie HF-bande en radiotelegrafie op hul seebane gebruik het, totdat hulle ook na satelliet verskuif het en nou via stem en digital kommunikeer. Dit is die BHF, UHF en SHF spektrum wat nou in groot aanvraag is deur die kommersiële radio wêreld.

Bogenoemde beteken nie dat radio amateurs HF of gelylgolf moet verlaat nie, maar hulle moet eerder radio-ontwikkelings aanpas en hul kennis van die BHF-spektrum en die frekwensies hierbo verhoog, waar die toekoms van radio lê, insluitende die digitale kommunikasie. Die IARU is reeds bekommerd oor die gebrek aan belangstelling in amateur radio deur die jonger geslagte en as dit ophou groei, is sy oorlewing twyfelagtig. Die jonger geslagte is baie rekenaargeletterd en hul belangstellings is baie anders as die oudstyders van die vroeër jare en die RAE moet dit weerspieël. Die amateur radio diens het 'n Renaissance nodig, die eerste stap is om weg te breek van hierdie stokperdjie-houding en om te besef dat dit 'n amateur radio-wetenskap is waarmee eksperimenteer, navorsing en pionier word. Tweedens, moet die amateur radio diens sy terrein verbreed en radio-sterrekunde insluit vir toekomstige ruimte kommunikasie, wat tans 'n kommunikasie afstand van meer as 21 miljard kilometer van die Aarde kan dek. 'n Breër radio-veld wat deur die nuutste radiotegnologie verbeter word, sal meer opwindend, aantreklik wees en met hul oop en ondersoekende gedagtes 'n veel groter beroep op die nuwe geslagte hê. Hulle sal binne die volgende dekade ten volle blootgestel word aan die nuwe era van ruimtereis en dit kan die lewensduur van amateur radio diens vir nog 100 jaar verleng.

UITSLAE VAN DIE SARL NASIONALE VELDDAG

Die wedstrydkomitee het 12 logstate vir die tweede been van die SARL Nasionale Velddag ontvang wat oor die naweek van 9 en 10 September gehou is.

Klas A - Veldstasie, Multi-operateur
1ste Wes-Rand ARK, ZS6WR - 138 000 punte
2de Highway ARK, ZS5HAM - 95 280 punte
3de Sandton ARK, ZS6STN - 34 326 punte

Klas D - Veldstasie, Enkele Operateur, QRP
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ - 37 260 punte
2de Geoff Lotz, ZR6XZ / 1 - 32 256 punte

Klas E - Ultralig Draagbaar
1ste Eddie Leighton, ZS6BNE - 90 punte

Klas F - Algemene Stasies
1ste Pieter Jacobs, ZS6XT - 18 108 punte
2de Port Elizabeth ARV, ZS2PE - 5 724 punte
3de Roy Walsh, ZS3RW - 1 020 punte

Die gekombineerde uitslae vir die 2017 Nasionale Velddag

Klas A - Veldstasie, Multi-operateur
1ste Highway ARK, ZS5HAM - 251 160 punte
2de Wesrand ARK, ZS6WR - 200 316 punte
3de Welkom Radioklub, ZS4WRC - 79 200 punte

Klas C - Veldstasie, Enkel operateur
1ste Hugo Ras, ZS2HR - 960 punte
2de Lucas Swart, ZS6ACT - 600 punte
3de Magda Swart, ZS6MMS - 450 punte

Klas D - Veldstasie, Enkele Operateur, QRP
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ - 73 404 punte
2de Geoff Lotz, ZR6XZ / 1 - 64 080 punte
3de Pieter Jacobs, V51PJ - 4 320 punte

Klas E - Ultralig Draagbaar
1ste Dennis Green, ZS4BS - 8 748 punte
2de Eddie Leighton, ZS6BNE -6 210 punte

Klas F - Algemene Stasies
1ste Pieter Jacobs, ZS6XT - 47 568 punte
2de Port Elizabeth ARV, ZS2PE - 5 724 punte
3de Roy Walsh, ZS3RW - 2 760 punte

Die volledige uitslae sal jy in HF Happenings 767 vind wat beskikbaar is vir aflaai vanaf die Liga-webwerf.

NUWE ERB-KOMITEE

By die Oos-Rand Tak se Algemene Jaarvergadering gehou op Saterdag 30 September, is die volgende lede verkies om op die komitee te dien:

Voorsitter: Willem van der Merwe, ZS6WIM
Ondervoorsitter: Judy Pretorius, ZS6JDY
Tesourier: Connel Paul, ZS6CNP
Sekretaris: Linda Lessing, ZS6LML
Skakelbeampte: Shane Bailey, ZS6W

Namens die ERB wil ons ook die president van die SARL Nico van Rensburg, ZS6QL bedank vir die bywoning van die ERB-vergadering.

NUWE PARK KOMITEE

Die Pretoria Amateurradioklub het sy 87ste jaarvergadering op Saterdag 23 September by die Pretoria Ou-Motor klub gehou. Die volgende komiteelede is verkies

Voorsitter: Graham Reid, ZS6GJR
Ondervoorsitter, tesourier, Herhalers en tydrenne: Johan de Bruyn, ZS6JHB
Sekretaresse: Irene Myburgh, ZS6IEA
WATTS Redakteur: Louis de Wet ZS6SK
RAE: Etienne Naude, ZS6EFN ,Louis de Wet ZS6SK en Johan Minter, ZS6LED
Herhalers: Pieter Mybyrgh, ZS6PAM (gekoöpteer)
Sosial en Kompetisies: Whitty Joubert, ZS6JJJ
Snuffelmarkte: Almero Du Pesani, ZS6LDP (Gekoöpteer)
Jeugontwikkeling: Nick Louw, ZS6NWL
PARK Nuus Bulletin Koördineerder en SARL Skakeling: Etienne Naude, ZS6EFN

Ons wil graag Andre van Tonder en Pieter Fourie, bedank vir hul bydrae oor die afgelope jare en wens hulle voorspoed toe vir die toekoms.

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is nie veel van 'n kans dat die sigbare sonvlekke ernstige sonfakkels gaan oplewer nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van sewe vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid vir 'n paar 10 m openinge. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, 'n dagboek van sommige komende gebeure:

Vandag - die AWA ESB QSO Geselligheid
20 tot 22 Oktober - Jamboree op die Lug
21 Oktober - die Radio Amateur Eksamen, CQ Hou Koers en die Kletskous/BACAR vlug
28 en 29 Oktober - die CQ WW DX ESB kompetisie
4 November – SDR Werkswinkel in Kaapstad
18 November – SDR Werkswinkel by die NARS

Om ons bulletin af te sluit, 'n vinnige oorsig van ons hoofnuus:

Die SARL Raad het besluit om die Oktober-uitgawe van Radio ZS vrylik beskikbaar te stel vir die amateur-gemeenskap, insluitende maklike toegang tot die finale konferensieverslag van die IARU Streek 1. Die skakels om Radio ZS en die IARU Streek 1 finale konferensieverslag af te laai, is beskikbaar op die SARL webwerf by www.sarl.org.za/. Geniet ook die artikels oor die toekoms van amateur radio, die ZS3ZU Hammies van Vanderkloof, ZS SOTA opdatering en wat amateur radio en Suid Afrikaanse Fauna en Flora in gemeen het.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS/3, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003