Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 24 DESEMBER 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die Bulletin met nuus van 'n stille sleutel

Dit is met groot leedwes dat die Kaapstadse Amateur Radio Sentrum moet aankondig dat die sleutel van 'n lang en gerespekteerde lewenslid van die klub, Bernie Crockford, ZS1BW, op Vrydag 22 Desember 2017 stil geword het. Bernie was ook 'n Ere Lewenslange Lid van die SARL.

Ons betuig ons opregte medelye aan sy LV Sylvia, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

FEESTYD GROETE VAN DIE LIGA PRESIDENT

OPWINDENDE VERANDERING VIR “AMATEUR RADIO TODAY”

En

EERSTE SPORADIESE E OPENING OP 50 MHz HIERDIE SEISOEN VERMELD

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

FEESTYD GROETE VAN DIE LIGA PRESIDENT

Nico van Rensburg, ZS6QL, sê, "Dit is moeilik om te glo dat 2017 ten einde loop en tradisioneel is dít die tyd van die jaar om daardie welverdiende wegbreek te neem en die feestyd saam met jou familie te spandeer. Maak gebruik van hierdie feestyd om te ontspan, die stokperdjie te geniet en onthou om weer met jou amateur radio-vriende - waar hulle ookal in die wêreld is - kontak te maak. Amateur radio het immers hierdie tradisie lank voor die internet en sosiale media tot stand gebring.

Min mense besef dit, maar die werk van die SARL berus geheel en al op die baie vrywilligers wat hul vrye tyd en onbaatsugtelike steun aan die liga bied. Dit sluit in al ons lede en die klubs wat die ruggraat van amateur radio in Suid-Afrika is. Dit is dus gepas om aan al die SARL-lede my opregte waardering en dank te betuig vir hul toegewyde ondersteuning, aktiewe betrokkenheid, ruim finansiële skenkings en onbaatsugtige bydraes in terme van hul vrye tyd en dikwels harde handewerk in ons amateur gemeenskap gedurende die jaar.

Ek sien uit na almal se volgehoue ondersteuning en toewyding in 2018 wanneer ons weereens saam daarna gaan streef om die amateur radiodiens in die toekoms in verder te gaan ontwikkel en te bevorder. Die Raad van die Liga en ek wens ons lede en hul gesinne beste wense toe vir die vakansie en feesseisoen."

OPWINDENDE VERANDERING VIR “AMATEUR RADIO TODAY”

Opwindende veranderinge is in die vooruitsig vir die SARL Tydskrif-program, Amateur Radio Today. Vroeg in die Nuwe Jaar sal die program slegs in Engels uitgesaai word en sal die vakinhoud uitgebrei word, met die klem op tegnologie en aktiwiteite wat die groei van amateur radio aan dryf, nie net in Suid-Afrika nie maar ook op die Afrika-vasteland en omliggende eilande. Die nuwe formaat sal ook voldoen aan die IARU se oproep om te fokus op die uitbreiding van amateur radio in Afrika en sal meer in lyn kom met Sentech se verwagting dat die program op tegniese ontwikkeling moet fokus en eksperimente moet aanmoedig.

Die Afrikaanse inset, Amateur Radio in Aksie, verskuif na 'n vroeëre gleuf tussen 09:30 - 10:00 Sentraal Afrika Tyd. Dit sal op die SARL web beskikbaar wees vir aflaai. Klubs word uitgenooi om die program op plaaslike herhalers om 09:30 of op enige ander tyd uit te saai om in te pas by hul plaaslike op die lug aktiwiteite. Bly op die hoogte vir meer besonderhede in SARL Nuus en op die webwerf.

OPNAME VAN TOESTELLE WAT STEURINGS VEROORSAAK

Verlede week se oproep in SARL Nuus om deel te neem aan 'n opname van toestelle in jou huis en radio kamer wat moontlik tot die toename in die RF-geraasvlak kan bydra, is grootliks nie ondersteun nie. Dankie vir die min insette wat gemaak is. As jy dit gemis het, hier is die besonderhede weer.

Radio-amateurs word uitgenooi om bydraes te lewer tot 'n opname van toestelle in jou huis- en radiokamer wat stygings in die geraas vlak in die RF-spektrum kan veroorsaak. Tydens die sitting van die Internasionale Spesiale Komitee oor Radio Steurings (CISPR) [uitgespreek as cisper wat rym met die Engelse whisper] in Hangzhou, Sjina het die IARU 'n vraag gestel of die toenemende aantal elektroniese toestelle in huishoudings behoorlik weerspieël word tydens die bepaling van perke vir enkel produkte. Die bestuurskomitee het die kwessie bespreek en tot die gevolgtrekking gekom dat die aantal toestelle wat in 'n sekere omgewing gebruik word, nie in die standaarde weerspieël word nie en dat die aantal toestelle wat in gebruik is, in sommige gevalle baie moeilik geskat kan word.

Die bestuurskomitee het verder tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie kwessie nie triviaal is nie en dat meer navorsing nodig is voordat enige konsep van aanpassing van perke om rekening te hou met veelvuldige steurings bronne in die limiet bepalingsproses ingesluit kan word. CISPR-lede word gevra om enige inligting te verskaf wat gebruik kan word om die impak op radio ontvangs te bepaal deur die toenemende aantal elektroniese toestelle wat gebruik word.

Dit is wat die SARL wil hê jy moet doen is - Kyk in en om die huis en lys al die toestelle wat jy beskou as toestelle wat die bron van steurings op die radiospektrum kan wees. Die volgende is 'n lys van moontlike probleem bronne: selfoon-laaiers, LED-ligte, krag besparende ligte, elektroniese fluoresserende ligte, battery laaiers, elektriese tandeborsels, kragbanke, sonpanele en skakel modus kragbronne. Doen dieselfde vir toestelle in jou radio kamer.

Stuur die inligting na artoday@sarl.org.za voor 31 Desember 2017. Jy kan 'n verskil maak.

JANUARIE 2018 RADIO ZS

Die sluitingsdatum vir jou artikel vir die Januarie 2018-uitgawe van Radio ZS is Dinsdag 26 Desember 2017 en jy kan dit stuur na radiozs@sarl.org.za. Dankie aan Andre, ZS2BK, Henry, ZS1AAZ en Mike, ZS2FM, vir hul artikels.

Die redakteur merk op dat 1 368 kopieë van die Oktober 2017 Radio ZS afgelaai is in vergelyking met 623 kopieë van die November-uitgawe en 434 kopieë van die Desember-uitgawe. Jy kan kopieë van Radio ZS vind terug na Julie 1947 op die aflaai bladsy.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga

RADIO AMATEUR EKSAMEN 2018

Dit is amper daardie tyd van die jaar weer vir klubs om kandidate vir die eerste semester RAE te werf. Let asseblief op die volgende datums vir 2018:

Eerste semester RAE
RAE registrasiestelsel open 22 Januarie 2018
RAE registrasiestelsel sluit 22 April 2018
RAE eksamen Saterdag 19 Mei 2018 10:00 tot 13:00 SAT

Tweede semester RAE
RAE registrasiestelsel open 14 Julie 2018
RAE registrasiestelsel sluit 16 September 2018
RAE eksamen Saterdag 13 Oktober 2018 10:00 tot 13:00 SAT

2018 SARL BLOUBOEK EN DAGBOEK VAN GEBEURE

Die 2018 SARL Blouboek en die Dagboek van Gebeure is albei beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. Let daarop dat die reëls van verskeie kompetisie verander het, insluitend 'n nuwe BHF/UHF kompetisie. Maak seker jy het die nuwe Blouboek voor die 2018 kompetisies begin! Die Dagboek van Gebeure bevat ook inligting oor die SARL-toekennings, die IARU-toekennings, Pieke op die Lug en die Suider-Afrikaanse Fauna en Flora-program.

EERSTE SPORADIESE E OPENING OP 50 MHz HIERDIE SEISOEN VERMELD

Paul Smit, ZS6NK, in Polokwane is deur Willie Hewitt, ZS2CC, in George gewaarsku deur hy 11 meter Burger Band seine en die ZS6JON baken op 50,050 MHz gelykgolf kon hoor. Die Sporadiese E-opening het plaasgevind op 19 Desember 2017 vanaf 09:45 tot 10:50 SAT toe Paul vir Hans Potgieter, ZS1ALJ, eers op gelykgolf en toe op ESB gewerk het gevolg deur Mike Kellett, ZS1TAF in Kaapstad. Nou is dit die tyd om 'n oog te hou op verre 50 MHz bakens of FM-uitsaaistasies vir daardie onverwagte openinge op Sporadiese E.

KYK UIT VIR LU EN PY STASIES OP 50 MHZ SSSP

Skeds is deur Pieter Jacobs, V51PJ, in Namibië gereël met stasies in Argentinië en Brasilië tussen 10:00 en 13:00 UTC gedurende die Kortpad Somersonstilstand Voortplantings (SSSP) seisoen. Hulle sal gebruik maak van 50,250 MHz digitaal en wissel tussen FT8 en JT65a modus. Alle ZS BHF-stasies is welkom om by die toetse aan te sluit en kan ook analoog op 50,110 MHz, die internasionale DX-roep frekwensie, probeer.

Baie 50 MHz SSSP-kontakte is reeds oor die jare op analoog tussen Japan en Europa gemaak tydens hul somersonstilstand in Junie, terwyl in die suidelike halfrond het Nieu-Seeland kontak met Suid-Amerikaanse stasies gemaak. Alle ZS-stasies is welkom om by die toetse aan te sluit. Australiese-stasies het ons alreeds gewaarsku dat hulle Divisie 2 en 5-stasies in Suid-Afrika sal soek op 50,276 MHz JT65a tweede periode of probeer 50,110 MHz vir analoog. Die moontlikheid is dus dat Suid-Afrikaanse stasies vir die eerste keer Australië en/of Nieu-Seeland op 50 MHz SSSP sal werk.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Vinnig groeiende sonvlek AR2692 is die bron van B-klas sonfakkels. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van vier vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

25 Desember – Kersdag
26 Desember – Familie Dag
27 Desember – sluitings datum vir Januarie 2018 Radio ZS
31 Desember Einde 2017 CQ Marathon en YOTA maand

1 Januarie – Nuwejaar Dag; 2018 CQ begin van die DX Marathon en ARRL Internasionale Ruit Jag
6 Januarie - Pretoria ARK snuffelmark
13 en 14 Januarie - Hunting Lions in die Lug

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Nico van Rensburg, ZS6QL, sê, "Dit is moeilik om te glo dat 2017 ten einde loop en tradisioneel is dít die tyd van die jaar om daardie welverdiende wegbreek te neem en die feestyd saam met jou familie te spandeer. Maak gebruik van hierdie feestyd om te ontspan, die stokperdjie te geniet en onthou om weer met jou amateur radio-vriende - waar hulle ookal in die wêreld is - kontak te maak. Amateur radio het immers hierdie tradisie lank voor die internet en sosiale media tot stand gebring.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003