Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 7 JANUARIE 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ............................................................ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word deur ZS6JPL via Echolink herlei. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Wessel JR Wessels, ZS6AKY, op Saterdag 30 Desember 2017 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

SDR WERKSWINKEL BY DIE NARS OP 20 JANUARIE 2018

KOMENDE PEARS MID-SOMER BHF EN UHF KOMPETISIE

en

SARL AMATEUR RADIO EREGALLERY NOMINASIES VIR 2018

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

NARS OOP VIR BESIGHEID

Lede word daaraan herinner dat die Nasionale Amateur Radio Sentrum vanaf môre Maandag 8 Januarie vir besigheid oop wees wanneer ons kantoor administrateur Kelley Heslop na 'n welverdiende vakansie terug is in die kantoor.

SDR WERKSWINKEL BY DIE NARS OP 20 JANUARIE 2018

Die SARL en AMSAT SA hou op Saterdag 20 Januarie 2018 nog 'n SDR werkswinkel by die Nasionale Amateur Radio Sentrum. Die doel van die werkswinkel is om die toepassing van SDR dongles en die verskillende sagteware pakkette beskikbaar gestel by vorige werkswinkels te hersien. Anton Janovsky, ZR6AIC, sal beskikbaar wees om te help met enige tegniese probleme.

Daar sal 'n bespreking wees van die HF Geraas-moniteringstelsel en die opstel van 'n bediener om die data te stoor. AMSAT SA sal 'n kort aanbieding doen oor Kletskous.

Die koste van die werkswinkel is R50 vir SARL en AMSAT SA lede en R100 vir nie-lede. Ligte verversings sal bedien word. Vir besonderhede en registrasie besoek www.amsatsa.org.za

2017 MATRIEK UITSLAE

SARL Nuus is bewus van drie radio amateurs wat die matriek eksamens geslaag het en hul skoolloopbaan voltooi het.

Baie geluk aan Brandon van Wyk, ZS1BX, Lida Roodt, ZR4TJ, en Rourke Hooper, ZS6RDH, met jou prestasies

Brandon is die seun van Granville, ZS1GVW.

Lida het 8 onderskeidings behaal en gaan tandheelkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap studeer. Sy het ‘n strek radio amateur agtergrond - haar grootouers is Louis, ZS6CAU en Engela. Haar trotse ouers is Michael ZS4BHF/ZS6BHF, en Petro, broer Steven, ZR6TJ, en haar oom Johan, ZS1JCR.

Rourke kom ook van 'n familie met radio amateurs met oupa Robert, ZS6AEV, ouers Richard, ZS6RKE en Marselle en broer Kyle, ZS6KH.

NUWE AKSIE IN DIE WORKED ALL ZS-TOEKENNINGSPROGRAM

Twee groot mylpale is onlangs in die Worked All ZS-toekenningsprogram verby gesteek. Die Worked All ZS word vir bevestigde kontakte met 100 Suid-Afrikaanse roepseine wat die ses roepsein gebiede proporsioneel verteenwoordig toegeken.

Mikhail Malnikov UA9YF het sy aansoek gedurende Oktober ingedien. Sy sertifikaat is vir Stem onderskryf. Hy is die eerste aansoeker van Asië wat dit op Stem regkry.

Gereelde presteerder Jan Botha ZS4JAN het sy aansoek op Oujaarsdag voorgelê. Sy Digitale-toekenning is die eerste ooit. In die lig van die vinnige styging in Digitale-aktiwiteit oor die afgelope jaar of twee, is dit waarskynlik die eerste van baie! Ervaring sê dat Jan waarskynlik nie by die 100-vlak sal stop nie.

KOMENDE PEARS MID-SOMER BHF EN UHF KOMPETISIE

Dit is die enigste somer-BHF/UHF-kompetisie in Suid-Afrika wanneer voortplanting via Tropo Verspreiding, Verbetering en Geleiding op hul beste moet wees. Aangesien ons nou in die Sporadiese-E-seisoen is, is daar altyd die moontlikheid dat 'n onverwagte sterk Es-opening op 50 MHz tot 144 MHz kan plaasvind. Daar is ook baie klein meteore rond om digitale MS-kontakte op 50, 70 en 144 MHz moontlik te maak. Aangesien daar baie passasiersvliegtuie vlieg tydens spits vliegure, kan daar dus ook baie kontakte wees met behulp van vliegtuie verspreidings.

Wees op die uitkyk vir langafstand-oggend en nag kontakte met Tropo Geleiding. Sporadiese-E openinge vind gewoonlik tussen 09:00 en 10:00 in die oggend plaas, soms in die laat namiddag. Sterk Sporadiese-E-openinge na Namibië, Zimbabwe of verder noord verskyn normaalweg omstreeks 12:00 op 50 MHz. Moenie vliegtuig verspreiding vergeet wat 'n paar interessante kontakte langs die vlugbane kan bied nie. Die PEARS Nasionale BHF en UHF-kompetisie is geskeduleer vir die naweek van 19 tot 21 Januarie 2018 en dit maak dit die moeite werd om veldstasies op te rig en 'n piekniek atmosfeer te geniet. Luister vir verre bakens of kyk na die WSJT waterval tydens die kompetisie vir onverwagte openinge.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Het jy onlangs iemand vertel van amateur radio?

SARL AMATEUR RADIO EREGALLERY NOMINASIES VIR 2018

Die SARL Amateur Radio Eregallery eer indiwidue wat 'n beduidende bydrae tot amateur radio in Suid-Afrika gemaak het. Hulle nagedagtenis word op 'n bladsy in die SARL-Webwerf verewig. Die bladsy is deur 'n skakel op die tuisblad bereikbaar. Die eerste twee groepe Eregallery-lede is in 2016 en 2017 ingelyf. Van 2018 af word 'n maksimum van een lewende en een oorlede lid per jaar ingelyf.

Nominasies sal tot die einde van Februarie aanvaar word. Aanlyn-stemmery sal in Maart plaasvind. Kyk gerus na die bestaande profiele op die Eregallery-bladsy en nomineer verdienstelike kandidate vir 2018. 'n Nominasie-sjabloon is op die Eregallery bladsy beskikbaar. Bestaande profiele dien as voorbeelde van goeie nominasies.

DUISENDE AKTIVEER HULLE RUIT VIERKANTE!

En daar gaan hulle!! Nuwejaarsdag 1 Januarie (UTC) was die openingsdag vir die ARRL Internasionale Ruit Vierkant Jag 2018 (IGC www.arrl.org/international-grid-chase-2018). Die IGC begin op 'n hoë noot met sowat 6 400 deelnemers van regoor die wêreld wat reeds vanaf die oggend van 4 Januarie op die Leier bord verskyn. Punte totale vir die Internasionale Ruit Vierkant Jag word slegs vir bevestigde kontakte getoon en terwyl die leier bord nie gegrond is op ware tyd data nie, word dit verskeie kere per dag opgedateer. Alle kontakte op alle bande behalwe 60 meter is geldig vir Ruit Jag-krediet, mits beide stasies hul logboeke oplaai na die Logboek van die Wêreld (LoTW) en ooreenstemming kry.

Die doel van die jaar lange gebeurtenis is om stasies in soveel verskillende Maidenhead-ruit vierkante as moontlik te werk en dan jou logstate op te laai na LoTW. Elke nuwe ruit vierkant kontak bevestig deur LoTW sal tel tot jou maandelikse totaal. Stasies hoef nie ruit vierkante uit te ruil vir 'n geldige kontak nie, hoewel daar verwag word dat baie operateurs dit sal doen. Sommige seldsame ruit vierkante sal in aanvraag wees. Wat van joune? Kom op die lug en gee jou ruit vierkant uit! As jy kan, gaan uit en aktiveer die skaars ruit vierkante.

Volledige besonderhede van die ARRL Internasionale Ruit Jag 2018 verskyn in die Desember 2017-uitgawe van QST asook Radio ZS.

GROOT DONASIES MAAK BOUVET 3Y0Z DXPEDISIE 'N WERKLIKHEID; SPAN GRETIG OM TE BEGIN

Die 3Y0Z Bouvet Eiland DXpedisie-span het aan die einde van Desember aangekondig dat "nog 'n mylpaal" bereik is in sy strewe om Bouvet Eiland, die tweede mees gewilde DXCC-entiteit (na die Demokratiese Republiek van Noord-Korea) in Januarie en Februarie te aktiveer. 'n Afhanklikheid van Noorweë, is Bouvet 'n sub-Antarktiese eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan. Hierdie groot DXpedisie kan reeds 23 of 24 Januarie aan die gang kom en die top span van 20 operateurs hoop om 14 tot 16 dae op Bouvet te spandeer, afhangende van weersomstandighede en ander faktore. Bouvet is ongeveer 'n dekade gelede geaktiveer.

Die DXpedisie het gesê dat dit byna $ 500 000 aan DAP sal oorplaas, die Chileense maatskappy wat die M/V Betanzos besit en die helikopters wat vervoer sal voorsien. Die enkele uitgawe dui op die buitengewone koste van die voorbereiding van 'n DXpedisie soos hierdie.

Die 3Y0Z-span het gesê dit is op skedule vir 'n 13 Januarie vertrek na Bouvet Eiland, "die mees afgeleë eiland op Aarde." Spanlede sal teen 10 Januarie in Punta Arenas, Chili bymekaar kom, 'n dag-en-'n-half-mariene veiligheids kursus bywoon, laaste-minuut voorrade aankoop en dan oor die Drake Gang vlieg na Koning George Eiland in die Suid-Shetlands, waar hulle op die onlangs opgeknapte Betanzos vir 'n ongeveer 10 dae lange reis na Bouvet sal vertrek.

3Y0Z verwag 'n voortplanting-gedrewe operasie, met twee hoe kragstasies op elke oop band met behulp van wins- en rigting straal antennas. Primêre modusse sal gelykgolf, ESB en RTD wees. FT8 sal aangewend word as dit die enigste produktiewe modus is. Die Bouvet-span adviseer FT8-entoesiaste om die 3Y0Z FT8-protokol op die Band Plan-bladsy op hul webwerf te lees. Die webwerf bevat volledige inligting oor band planne en frekwensies, voortplantings voorspellings en QSL-prosedures.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

More 8 Januarie – die NARS open vir besigheid
13 en 14 Januarie – Hunting Lions in die Lug
20 Januarie - SDR-werkswinkel by die NARS
19 tot 21 Januarie - die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie
23 of 24 Januarie – die begin van die 3Y0Z Bouvet Eiland DXpedisie
26 Januarie – sluitings datum vir artikels vir die Februarie Radio ZS
27 Januarie - die Somer QRP kompetisie
30 Januarie - sluitingsdatum vir voorstel en opsomming vir AMSAT SA Simposium besprekingsdokumente
31 Januarie - sluitingsdatum vir nominasies vir die Raad en SARL-toekennings en vir mosies vir die algemene jaarvergadering
28 Februarie – sluitingsdatum vir 2018 SARL Eregallery nominasies

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL en AMSAT SA hou op Saterdag 20 Januarie 2018 nog 'n SDR werkswinkel by die Nasionale Amateur Radio Sentrum. Die doel van die werkswinkel is om die toepassing van SDR dongles en die verskillende sagteware pakkette beskikbaar gestel by vorige werkswinkels te hersien. Anton Janovsky, ZR6AIC, sal beskikbaar wees om te help met enige tegniese probleme.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuus diens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003