Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 11 FEBRUARIE 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van ʼn Stil Sleutel

Dit is met leedwese dat die Highway ARK moet aankondig dat die sleutel van Peter Antony Crowther, ZS5PX, op Sondag 4 Februarie 2018 stil geword het. Hy gaan beslis deur die Klublede gemis word.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie in die VK en sy vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

SARL JEUG NAELLOOP VOLGENDE SATERDAG

‘N SPESIALE ALGEMENE VERGADERING SAL GEHOU WORD OP 14 APRIL 2018

en

DIE BHF ROETE TUSSEN AUSTRALIË EN SUID-AFRIKA IS ‘N UITDAGING

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

SARL JEUG NAELLOOP VOLGENDE SATERDAG

Die Jeug Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om die jeug te vier en om kontakte tussen jong radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Roep 'CQ Jeug Naelloop” tussen 08:00 en 10:00 UTC op Saterdag 17 Februarie op 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz.

Die uitruiling is 'n RS-verslag en die operateur se ouderdom. Kontakte tussen stasies in die ouderdomsgroep 25 en jonger is 5 punte werd. Kontakte tussen stasies in die onder 25-groep en bo 26 groepe is 2 punte werd en kontak tussen stasies in die ouderdomsgroep 26 en ouer is 1 punt werd.

Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad en getiteld "my roepsein Jeug Naelloop” moet teen 24 Februarie 2018 per e-pos ingedien word na contest@sarl.org.za. Die ouderdom van die operateur moet op die opsommingsblad getoon word en al die logstate wat ontvang word, sal in ‘n gelukkige trekking wees vir 'n studente lidmaatskap van die SARL. Sertifikate sal toegeken word vir alle logstate wat korrek ingedien is en pryse sal toegeken word aan die 1ste, 2de en 3de plekke in die kompetisie.

SDR WERKSWINKEL GAAN DURBAN TOE

Die SARL en AMSATSA SDR werkswinkel gaan Saterdag 3 Maart na Durban toe. Die werkswinkel sal aangebied word deur die Highway Amateurradioklub by die Durban Seiljagklub. Die werkswinkel word aangebied deur Anton Janovsky, ZR6AIC, en sal die basiese beginsels van Sagteware-gedefinieerde Radio insluit, hoe om 'n dongle op te stel en verskeie sagtewarepakkette te gebruik, asook hoe om deel te neem aan die SARL RF Geraasvlak-moniteringsprojek. Voor registrasie is nodig. 'n BHF- en HF-dongle sowel as 'n geheue stokkie met sagteware kan bestel word op die registrasievorm. Vir die volledige program en 'n registrasievorm, besoek www.amsatsa.org.za. Die sluitingsdatum is Vrydag 23 Februarie 2018. Moenie wag nie aangesien geen laat registrasies aanvaar sal word nie.

TWEEDE OPROEP VIR RUIMTE SIMPOSIUM REFERATE

AMSAT SA het 'n tweede oproep vir die indiening van referate uitgereik vir die jaarlikse Ruimtesimposium wat by die Innovation Hub, Pretoria op Saterdag 19 Mei 2018 gehou word. Die tema is die verkenning van amateur radio met satelliete en nuwe ruimte grense. Die datum vir inhandiging is nou 28 Februarie 2018. Vir besonderhede, besoek www.amsatsa.org.za.

'N SPESIALE ALGEMENE VERGADERING WORD OP 14 APRIL 2018 GEHOU

Die SARL Sekretaris het 'n versoek vir 'n spesiale algemene vergadering ontvang en die Raad het besluit dat die SAV om 08:00 SAT op Saterdag 14 April 2018 by die Farm Inn Lodge in Pretoria gehou sal word. Die SARL AJV sal om 09:00 SAT by dieselfde lokaal volg. Al die relevante inligting sal ingesluit word in die SARL AJV-boekie wat aan die einde van Februarie beskikbaar gestel sal word op die Liga se web werf.

Die registrasievorm vir die 2018 Nasionale Konvensie sal gedurende die komende week op die liga-webwerf beskikbaar gestel word. Die akkommodasie is nie deel van die registrasievorm nie, dit moet direk met Farm Inn gedoen word.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

GASHEER VIR DIE 2019 SARL NASIONALE KONVENSIE

Beplan jou Klub om gasheer te wees vir die 2019 SARL Nasionale Konvensie? Kom asseblief op Saterdag 14 April 2018 na die SARL-Algemene Jaarvergadering en dien jou Klub se voorstel in. Kontak die Liga Sekretaris vir meer inligting.

DIE BHF ROETE TUSSEN AUSTRALIË EN SUID-AFRIKA IS DIE GROOTSTE UITDAGING OP 144 MHz

Baie jare gelede is die eerste poging aangewend deur Bill Hosey, VK6ACY (nou ZS6CCY), naby Perth en Mike Bosch, ZS2FM, in Port Elizabeth, bygestaan deur Andre ZS2ACP en wyle Jim Frans, ZS2JF, om 'n tweerigting kontak te maak oor die Indiese Oseaan. Ons het beurte gemaak om gelykgolf CQ's vir 'n uur of so daagliks op 144 MHz vir 'n volle maand te stuur, geskei deur luister periodes, maar sonder sukses. In daardie tyd het ons nie die fasiliteit van die Hepburn-voorspellings gehad om Tropo geleiding oor die Indiese Oseaan te voorspel nie.

Baie jare later het Ken Bainbridge, VK6RH, woordvoerder van die Wes-Australiese Radio-groep, vir Suid-Afrikaanse BHF-amateurs gevra om deel te neem aan die nuwe chirp-modulasietoetse, maar die chirp-toerusting het teen 'n prys kom. Ongelukkig was daar nie ondersteuning nie, so 'n briljante amateur-wetenskap projek het net daar gesterf.

Onlangs het Andy Hemus by Carine, 'n voorstad van Perth in Wes-Australië, belangstelling in 'n BHF-roete tussen VK en ZS probeer laat herleef. Hy sę dat as daar 'n BHF-roete vanaf Oos-Australië na LU, VP8, CE, ens is, moet hier ook 'n BHF-roete tussen Wes-Australië en die Ooskus van Suid-Afrika wees. Wie wil graag die uitdaging aanpak?

GEKANSELLEERDE LISENSIES

Die Liga Sekretaris het e-posse van lede ontvang oor hul roepsein wat getoon word as "cancelled licence" op die SARL-roepseinboek en databasis, maar hulle het die lisensiegeld betaal. Lede word versoek om Kelley te voorsien van 'n geskandeerde kopie van die geldige lisensie sodat sy die rekord op die databasis kan opdateer.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is tans slegs een sonvlek sigbaar met 'n geringe kans vir sonfakkels. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van vyf vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

13 Februarie – Węreld Radio Dag
14 Februarie - sluitingsdatum vir PEARS BHF/UHF logstate
17 Februarie – die SARL Jeug Naelloop
17 en 18 Februarie – die ARRL DX Gelykgolf Kompetisie
24 Februarie – die Wesrand ARK Snuffelmark
25 Februarie – die SARL Digitale Kompetisie
28 Februarie – die sluitingsdatum vir voorstelle en opsomming vir AMSAT SA Ruimte Simposium dokumente en die sluitings datum vir nominasies vir die SARL Amateur Radio Eregallery
3 Maart – SDR Werkswinkel by die Durban Seiljagklub
4 Maart – die SARL HAMNET 40 m Gesimuleerde Nood Kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Jeug Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om die jeug te vier en om kontakte tussen jong radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Roep 'CQ Jeug Naelloop” tussen 08:00 en 10:00 UTC op Saterdag 17 Februarie op 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003