Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 26 MAART 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van twee stil sleutels

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Christi van Zyl, ZS1CVZ, 'n lid van die Wynlande ARK op Vrydag 16 Maart 2018 stil geword het. Een van die bande op sy voertuig het gebars en die voertuig het gerol. Hy is vyf dae later oorlede.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Jan Coetzee, ZS5JC, op Donderdag 22 Maart 2018 stil geword het nadat hy die stryd teen kanker verloor het. Jan was instrumenteel in die installering en instandhouding van die Suidkus-herhalers en hy was 'n lid van SARL HAMNET en die NSRI.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou, Lolleigh, dogter Esmeralda Botes, ZS5EB, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag,

DRIE KOMPETISIES OM DIE MAAND VAN APRIL TE BEGIN

SJINESE OOR DIE HORISON RADAR OP 40 METER

en

RADIO AMATEURS WORD GENOOI OM HUL REKORDS OP DIE SARL BHF DX TABEL OP TE DATEER

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DRIE KOMPETISIES OM DIE MAAND VAN APRIL TE BEGIN

Die eerste been van die gewilde SARL 80 meter QSO Geselligheid is op Donderdag 5 April 2018 vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op die lug met foon aktiwiteit tussen 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Let asseblief daarop dat die segment 3 651 tot 3 699.99 KHz kompetisie vry is. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-sein verslag en jou naam. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur stasie of as 'n kort-golf luisteraar. Jy kry 10 punte vir elke kontak met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte vir elke kontak met 'n stasie buite Suid-Afrika. Logstate moet SLEGS in MS Excel formaat ingedien word teen 12 April 2018 per e-pos aan zs5lp@vodamail.co.za.

Die eerste RaDAR Uitdaging vir 2018 vind plaas op Saterdag 7 April 2018 van 00:00 tot 23:59 UTC. Alle amateur bande word toegelaat, insluitende kruisband kontakte via amateur radio satelliete en alle modusse – gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus. Die RaDAR-uitdaging verg meer as 'n minimalistiese inligtings uitruiling. Akkurate inligtings uitruiling word meer belangrik beskou as 'n groot QSO-telling. Roepsein, naam, RS(T) verslag en ruitvierkant. Die ruitvierkant van ses karakters is aanvaarbaar, maar moet verkieslik akkuraat wees tot 8 of 10 karakters vir hoër posisie akkuraatheid (veral vir die verskuiwing van RaDAR stasies). Logstate moet ingedien word teen 14 April 2018 en per e-pos aan edleighton@gmail.com gestuur word. 'n Foto van die stasie moet elke loginskrywing vergesel, insluitend elke nuwe plek waar ‘n roerende RaDAR-stasies besoek word. Die uitslae en foto's word gebruik om RaDAR en amateur radio te bevorder.

Die eerste SARL BHF/UHF Digitale kompetisie met RTD/PSK/WSJT, maar nie beperk tot hierdie modusse nie, vind plaas vanaf 10:00 UTC Saterdag 7 April 2018 tot 10:00 UTC Sondag 8 April 2018 met aktiwiteite op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur stasie, 'n multi-operateur stasie, 'n draagbare/veldstasie of 'n beperkte 4 uur-stasie. Kontakte moet tweerigting wees. Stasies sal sein verslae sowel as hul ligging, bv. (breedtegraad en lengtegraad of volle ses-syfer Maidenhead vierkant of akkurate area/adres/plek). Afskrifte van die BHF/UHF logstaat en opsommingsblad is beskikbaar in MS Excel formaat op die Liga se webwerf. Logstate moet ingedien word teen 16 April 2018 per e-pos aan contest@sarl.org.za.

Raadpleeg asseblief die 2018 SARL Blouboek vir al die inligting oor hierdie drie kompetisies.

SJINESE OOR DIE HORISON RADAR OP 40 METER

Die Internasionale Amateur Radio-unie Streek 1-moniteringstelsel (IARUMS) berig dat een van Sjina se oor-die-horison-radar-installasies (OTHR) inmenging in die Amateur Radio 7 MHz-band veroorsaak het. Die IARUMS Februarie nuusbrief verslae oor daardie indringer en ander.

Ander Top 5 indringers sluit in 'n "enkel letter baken" wat die letter "K" of die letter "T" op 7 039.3 kHz uitsaai. Die bron is vermoedelik in die Russiese Stille Oseaan, Petropavlovsk-Kamchatsky. 'n Russiese F1B-teleprinter sein (RDL) het op 7 193 kHz verskyn, met 'n ge-ënkripteerde frekwensie-skuiwe-sleutel (50-baud) sein, wat van Kaliningrad afkomstig is. Owerhede in Duitsland en Switserland het amptelike klagtes ingedien.

'n Russiese ortogonale frekwensieverdeling-multipleks OFDM 60-sein het op 14.235 MHz verskyn, wat bykans 3 kilohertz dek. Daar word gesê dat dit in Moskou is. Drie Russiese OFDM 60 seine was gelyktydig op 13 Februarie op die lug. 'n Russiese F1B sein is waargeneem op 14,308 MHz, 50 baud, 500 Hz skyf, ook na berig word in Moskou.

In die kategorie "diverse of slegte nuus", rapporteer IARUMS Streek 1 Koördineerder Wolf Hadel, DK2OM, Spaanse sprekende "vissers" op 3 560 kHz (HSB), wat daagliks om 16:00 UTC of later gehoor word. Hierdie seine is op ander 80 meter frekwensies gehoor. Uitsaaier Radio Hargeisa in Somaliland word steeds aangemeld op 7.120 MHz (AM) elke dag.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

'N FREKWENSIE VERANDERING VIR AMATEUR RADIO TODAY

Die frekwensie vir die heruitsending van Amateur Radio Today op Maandag-aand om 18:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd sal verander op Maandag 26 Maart 2018 na 3 230 KHz AM.

RADIO AMATEURS WORD GENOOI OM HUL REKORDS OP DIE SARL BHF DX TABEL OP TE DATEER

Alle amateurs word uitgenooi om hul rekords so spoedig moontlik op die SARL BHF, UHF en Mikrogolf DX Tabel op te dateer of reg te stel. Die nuutste SARL BHF, UHF en Mikrogolf DX Tabel vir 31 Januarie 2018 word nou voorberei. Stuur asseblief jou opgedateerde inligting aan Mike, ZS2FM per e-pos aan mikecbosch@gmail.com

WAT IS BO DIE RADIO SPEKTRUM: DIE TERAHERTZ Z SPEKTRUM

Die boonste punt van die mikrogolf spektrum oorvleuel in die diep infrarooi spektrum, maar word geskei deur 'n smal Terahertz-gaping van 300 GHz tot 3 000 GHz (3 THz), dit wil sê 'n golflengte van 1 - 0,1 mm (100 mikrometer). Dit manifesteer baie ongewone eienskappe, soos X-straal kwaliteite sonder gevaarlike straling, dit spoor pype in beton op, sien deur mure en sien mense binne-in die kamer en dit sal alles deel van die nuwe toekennings vorm.

Die Wêreld Radiokommunikasie Konferensie 2019 (WRC-19) oorweeg nuwe toekennings in die 275 GHz tot 450 GHz-spektrum met sy laer atmosferiese demping vir land-mobiele en vaste dienste. Die IARU voel dat ons reeds ons kleim afgesteek het, aangesien die vorige WRC-15 reeds die teenwoordigheid van die amateur radio werking bo 275 GHz met kontakte tot 403 en 411 GHz erken het.

FACEBOOK KOMMENTAAR

Die Afrikaanse Nuusspan neem kennis van die kommentaar op Facebook oor die gehalte van die Afrikaanse bulletin. Die persoon word uitgenooi om by die span aan te sluit en ons te help om die Afrikaans te verbeter.


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en daar is ook geen kans vir sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag tot middernag UTC – die CQ WPX ESB Kompetisie
26 Maart – sluitings datum vir artikels vir die April Radio ZS en die frekwensie verandering van AR Today
28 Maart – Provinsiale Skole Sluit
30 Maart – Goeie Vrydag/Pesach
02 April – Familie Dag
5 April – die SARL 80 m QSO Geselligheid
7 April – die RaDAR Uitdaging
7 en 8 April – die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie
13 tot 15 April – die SARL Nasionale Konvensie in Pretoria

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Daar is drie kompetisies om die maand van April te begin. Op Donderdag 5 April kan jy deelneem aan die SARL 80 Meter QSO Geselligheid en oor die naweek kan jy deelneem aan die RaDAR Uitdaging en die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie. Raadpleeg die 2018 SARL Blouboek vir al die inligting.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS/6, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003