Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 29 APRIL 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

JONG SUID-AFRIKAANSE RADIO AMATEURS GENOOI OM VIR YOTA 2018 AANSOEK TE DOEN

BESPREEK NOU VIR DIE SDR WERKSWINKEL OP ON 5 MEI

en

GROOT AANBIEDINGSPRYSSE TE WEN BY DIE AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

JONG SUID-AFRIKAANSE RADIO AMATEURS GENOOI OM VIR YOTA 2018 AANSOEK TE DOEN

Suid-Afrika sal vanaf 8 tot 15 Augustus 2018 tagtig jong radio-amateurs van 34 lande in Europa, Afrika en dele van die Midde-Ooste trakteer vir 'n week lange internasionale byeenkoms. Dit is die eerste keer dat YOTA (Youngsters-on-the-Air Somer Geleentheid) aangebied word in Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Radioliga is die gasheer. Aansoeke word nou vir die Suid-Afrikaanse span ingewag en enige een tussen 16 en 25 jaar word genooi om aansoek te doen vir keuring as 'n spanlid en deel te neem aan hierdie ongelooflike amateur radio aktiwiteit.

"Hierdie jaarlikse gebeurtenis skep, benewens amateur radio, die geleentheid om oor verskillende nasionaliteite en kulture te leer, internasionale vriendskappe en welwillendheid te bevorder, asook nuwe radiokommunikasie en tegniese vaardighede te leer," sê SARL President, Nico van Rensburg, ZS6QL.

YOTA bring jong radio amateurs onder die ouderdom van 26 bymekaar wat 'n passie het vir amateur radio en tegnologie om nuwe vaardighede te leer, idees oor amateur radio en sy toekoms te bespreek en te deel. Vanjaar se kamp sal nie net fokus op die onderrig van individuele vaardighede nie, maar sal kyk om die groep te bemagtig om mentors te word en die vaardighede wat hulle geleer het, oor te dra. Die week program sluit in die oprigting van 'n radio send/ontvanger, betrokke raak by die lansering en opsporing van 'n hoë-hoogte ballon met verskeie radio-toerusting aan boord, kommunikasievaardighede opskerp deur middel van multi-frekwensie amateur radio stasies te bedien en ander tegnologie- en kommunikasie-gebaseerde aktiwiteite.

Om in aanmerking te kom vir keuring in die Suid-Afrikaanse span, besoek www.zs9yota.co.za, voltooi die aanlyn aansoek vorm volledig en dien voor 30 Mei 2018 in. Die SARL YOTA-span keurkomitee sal die suksesvolle aansoekers teen 17 Junie 2018 in kennis stel. Volledige besonderhede oor die 2018-gebeurtenis is beskikbaar op www.zs9yota.co.za. Vir addisionele inligting, kontak die span by info@zs9yota.co.za. Radio-amateurs en maatskappye kan by YOTA 2018 betrokke raak deur finansieel by te dra. Vir bank- en PayPal-besonderhede, besoek www.zs9yota.co.za. Ondersteun die toekoms van amateur radio.

BESPREEK NOU VIR DIE SDR-WERKSWINKEL OP 5 MEI

Die volgende werkswinkel kyk na watter antennas vir die projek gebruik kan word en ander interessante aspekte van die projek word Saterdag 5 Mei by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum aangebied. Kry 'n registrasievorm en besonderhede by www.amsatsa.org.za. Hierdie is 'n gesamentlike SARL/AMSATSA projek met spesiale tariewe vir lede van beide organisasies. Nie-lede word ook genooi.

Vince Harrison sal verskeie antennas en hul eienskappe bespreek. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Om te help met spyseniering, registreer asseblief teen 3 Mei 2018 of doen dit vandag nog. Jy kan ook die registrasie vorm aflaai en jou registrasiebesonderhede nagaan by www.sarl.org.za.

ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING AM/ESB BUIS QSO GESELLIGHEID OP 5 EN 6 MEI

Die AWA Buis QSO Geselligheid is 'n foon kompetisie wat gehou word oor twee sessies op Saterdag 5 en Sondag 6 Mei 2018. Saterdagmiddag sal die AM-sessie vanaf 13:00 tot 17:00 UTC op die lug wees en op Sondag sal die ESB-sessie op die lug wees vanaf 13:00 tot 17:00 UTC. Aktiwiteit op albei dae vind plaas op 40 meter tussen 7 063 en 7 100 kHz en op 80 meter tussen 3 603 en 3650 kHz met jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001 en die tipe radio wat gebruik word, bv. HT37 Tx as die uitruiling.

Logstate moet ingedien word teen 25 Mei per e-pos aan andyzs6ady@vodamail.co.za of per pos aan die Antieke Draadlose Vereniging van Suidelike Afrika, Posbus 12320, Benoryn, 1504. Sertifikate sal toegeken word aan die eerste drie plekke in elke kategorie (AM / ESB). Raadpleeg asseblief die 2018 SARL Kompetiseboek vir al die inligting.

LEKKER BYWONINGSPRYSSE OM TE WEN BY DIE AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM

Registreer nou vir die AMSATSA-Ruimtesimposium wat op Saterdag 19 Mei 2018 by die Innovasiehub in Pretoria gehou sal word. Uitstaande referate en demonstrasies sal aangebied word. Daar is ook 'n paar lekker bywoningsprysse om te wen. Sam's Radios het 'n Diamond X-5000 2 m/70 cm/23 cm Basisstasie Antenna, 'n UHF Kragversterker 1 – 6 Watt in en 10 – 25 Watt uit asook 'n MFJ-914 Auto Tuner Extender. Avnet het vier PIC32MM Curiosity Development borde geskenk.

Om die program en ander pryse te sien en om te registreer, wys jou blaaier na www.amsatsa.org.za. Die Innovasiehub is langs die N1 na Polokwane, oorkant die WNNR, 'n kort, maklike reis vanaf omtrent enige plek in die groter Johannesburg/Pretoria omgewing.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radioliga

HOE OM ANALOOG METEOR STROOI KONTAKTE TE MAAK OP 50 MHZ SONDER ENIGE MOEITE

Mike, ZS2FM, het baie analoog Meteor Strooi twee-rigting kontakte op 50 MHz met SSB en FM gemaak gedurende die piek van die meteoriet uitbarsting. Hy het die truuk baie jare gelede geleer toe hy die frekwensie van 'n verre 50 MHz baken, soos ZS6DN op 50,050 MHz, in die geheue van sy Kenwood Alle Modus Quad Bander asook die roep frekwensie op 'n ander geheue posisie programmeer het. Kanale kan onmiddellik oorgeskakel word deur 'n enkele knoppie te druk. Die meeste groot meteor strooi sal dikwels meteoor uitbarstings produseer wat sowat 30 sekondes duur. Dit is lank genoeg om 'n lekker kort QSO te maak, maar jy moet vinnig wees.

Hier is die formule. Eerste vyf sekondes - nadat jy die eerste spoor van 'n meteoor uitbarsting roep gehoor het - CQ ZS2XXX, ZS2XXX. Tweede vyf sekondes - luister vir ‘n antwoord - ZS2XXX ZS6YYY ZS6YYY. Derde vyf sekondes - bevestig die kontak - ZS6YYY ZS6YYY ZS2XXX. Vierde vyf seine - ontvang die sein verslag - ZS2XXX ZS6YYY R5 S8, R5 S8. Vyfde vyf sekondes - gee ‘n sein verslag - ZS6YYY ZS2XXX R5 S9, R5 S9. Sesde vyf sekondes - ZS6YYY bevestig MS QSO - 73, 73.

In die geval van kort meteoor uitbarstings van ongeveer vyf sekondes of so, is dit steeds moontlik om analoog kontakte te maak, maar dit sal langer neem en 'n aantal MS-uitbarstings te verkry. Die eerste stap is om ‘n sked met 'n ver stasie te reël om vir jou op die roep frekwensie te luister, maar ook om die baken frekwensie te monitor. Eerste Meter bars – roep die sked stasie. Tweede MS bars - luister vir ‘n antwoord van die sked stasie. Derde MS bars - as die sked stasie gehoor is, stuur ‘n sein verslag. Vierde MS bars - ontvang jou sein verslag van die sked stasie.

UITSLAE VAN DIE SARL BHF/UHF DIGITALE KOMPETISIE

Die eerste been van die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie was oor die naweek van 7 en 8 April gehou. Die wenner van die Veldstasie-kategorie is Christo Greyling ZR6AUI/4 met 9 573 punte. Die wenner van die Beperkte 4-uur-kategorie is Rickus de Lange, ZS4A met 1 530 punte. En die wenner van die basisstasie, enkel operateur kategorie is Pieter Jacobs, V51PJ met 5 628 punte.

UITSLAE VAN DIE 80 METER QSO GESELLIGHEID

Die eerste been van die SARL 80 m QSO Party is op Donderdag 5 April gehou met 73 stasies wat aan die kompetisie deelgeneem het, maar slegs 16 logstate is ingedien. Die logstate ontvang verteenwoordig 22% van die aand se deelname.

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 635 punte
2de Thanie Gibson, ZS4AX - 525 punte
3de Barry Nugent, ZS2NF - 420 punte
4de Woody Collett, ZS3WL - 320 punte
5de Garth Moore, ZS2AAR - 300 punte

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans 'n enkele sonvlek sigbaar. Geen ernstige sonfakkels word verwag nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van twee vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

30 April – Sluitingsdatum vir ZS4 Naelloop logstate
1 Mei – Werkersdag
5 Mei – die SDR Werkswinkel by die NARS en die AWA Buis AM QSO Geselligheid
6 May – die AWA Buis ESB QSO Geselligheid
8 Mei - Herdenkings Dag vir die tweede wêreld oorlog
10 Mei – Hemelvaart
13 Mei – Moeders Dag
16 Mei - begin van Ramadan
19 Mei - AMSATSA Ruimte Simposium
20 Mei - die ZS3 Naelloop

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Suid-Afrika sal vanaf 8 tot 15 Augustus 2018 tagtig jong radio-amateurs van 34 lande in Europa, Afrika en dele van die Midde-Ooste trakteer vir 'n week lange internasionale byeenkoms. Dit is die eerste keer dat YOTA (Youngsters-on-the-Air Somer Geleentheid) aangebied word in Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Radioliga is die gasheer. Aansoeke word nou vir die Suid-Afrikaanse span ingewag en enige een tussen 16 en 25 jaar word genooi om aansoek te doen vir keuring as 'n spanlid en deel te neem aan hierdie ongelooflike amateur radio aktiwiteit. Volledige besonderhede oor die 2018-gebeurtenis is beskikbaar op www.zs9yota.co.za.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003