Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 01 JULIE 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van ʼn stille sleutel:

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Gert Louw ZS1FG van die Suid Kaap aangekondig moet word.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou Miemmie, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

KELLEY HESLOP ONDERGAAN CHIRURGIE OP 29 JUNIE

DIE ZS5 NAELLOOP VANMIDDAG

EN

JD BEREIK 100 SOTA AKTIVEERDER PUNTE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

KELLEY HESLOP ONDERGAAN CHIRURGIE OP 29 JUNIE

Kelley Heslop, ons kantoor administrateur het 'n operasie ondergaan op 29 Junie om 'n skouer probleem aan te spreek wat tot ernstige lang termyn gevolge kan lei, wat die mobiliteit van haar linker arm kan beïnvloed, indien nie uitgevoer word nie.

Ons bedank Gail Hammond, die vrou van Noel, ZR6DX, wat in die kantoor is tydens Kelley se afwesigheid om oproepe te neem en e-pos te beantwoord. Dankie Gail.

Ons wens Kelley alles van die beste en spoedige herstel.

DIE ZS5 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS5 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in KwaZulu-Natal en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en sal vanmiddag van 14:00 tot 15:00 UTC wees. Die Naelloop is 'n foon- en gelykgolf-kompetisie op die 40-meter-band. Vir stasies in KZN is die uitruiling 'n RS- of RST-verslag en jou dorp se naam of afkorting. Vir stasies buite KZN is die uitruiling 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of lands-afkorting.

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUWELING GESELLIGHEID

Die SARL Nuweling Geselligheid is 'n prettige aktiwiteit om alle nuwe radio amateurs aan te moedig om aktief te word en die eerste been vind plaas vanaf 08:00 tot 20:00 UTC op Saterdag 7 Julie 2018 met foon aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter.

Die uitruiling en die telling hang af van die tydperk wat jy 'n radio amateur is. Dit word in die reëls verduidelik. Logstate in MS Excel formaat moet ingedien word teen 16 Julie 2018 per e-pos aan ZS3VdK@webmail.co.za. 'n Sertifikaat word toegeken vir eerste, tweede en derde plekke.

Raadpleeg asseblief die 2018 Blouboek vir die reëls van beide hierdie kompetisies.

RAE KURSUS

Die Sandton Amateurradioklub, in samewerking met die SARL, bied 'n RAE Klas A kursus by die Nasionale Amateurradiosentrum by Radiokop. Die kursus is geskeduleer om op Dinsdag aande gehou te word vanaf 18:00 tot 21:00 SAT. Die eerste lesing en registrasie sal op 17 Julie gehou word. As jy weet van vriende of familie wat 'n amateur radio-lisensie wil bekom, en vir verdere besonderhede, kontak asseblief vir Noel by zr6dx@iafrica.com of Grant by grantdixon48@gmail.com. Alle ouderdomme is welkom.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radioliga

JD BEREIK 100 SOTA AKTIVEERDER PUNTE

Baie geluk aan Magda Swart, ZS6MMS, wat die tweede JD in Suid-Afrika geword het om 100 punte te behaal vir die aktivering van pieke. Magda het haar 100 punte behaal nadat sy Donderdag 28 Junie 2018 vir ZS/KN-345 Hluku en ZS/KN-204 Klipspruit geaktiveer het. Magda sluit aan by Adele, ZS5APT met 100 en meer aktiveerder punte. Wel gedaan, Magda!

Die span by Sani Pass het op Saterdag 30 Junie Hodson se Piek Noord en Suid geaktiveer.

WRTC 2018 AKTIWITEITS PROGRAM

Vyf toekennings sal beskikbaar wees vir kontakte met die 63 mededingende stasies in die Wêreldradio-sportspan-kampioenskap oor die naweek van 14 en 15 Julie. Die 63 roepseine sal op 12 Julie tydens die opening seremonie aangekondig word. Die toekennings is Werk alle WRTC-stasies (minimum een QSO by elke WRTC-stasie) WRTC Naelloop (werk al 63 WRTC-stasies so vinnig as moontlik) WRTC Meeste QSOs (werk tot 630 QSOs met WRTC-stasies: 63 roepseine x 5 bande x 2 modusse) WRTC 2018 Afstand Uitdaging (die kilometers tussen jou en die WRTC-stasies sal opgesom word vir alle QSOs) Assistent Regter (spesiale pryse sal getrek word onder al diegene wat hul logstate indien tot 18:00 UTC op 15 Julie) Besoek www.wrtc2018.de/index.php/af/activities/wrtc-2018-en vir gedetailleerde inligting.

UITSLAE VAN DIE HAMMIES NAELLOOP

Die Hammies Naelloop is gehou op 10 Junie en sestien logstate is ontvang.

Klas A
1ste Deon Fraser, ZS5DCF - 100 punte.
2de Woody Collett, ZS3WL - 94 punte.
3de Hammies ARK ZS5ZU bedryf deur Gerald Scooby, ZS5GS - 67 punte.

Klas B

1ste Kayla de Wet, ZU3K - 47 punte.
2de Nathan Busse, ZU6X - 38 punte.
3de Robert van der Meulen - 29 punte.

Baie dankie aan die volgende vir die bedryf van die Hammies Klub stasies - Gerald Scooby ZS5GS vir ZS5ZU, Sonet de Wet ZS3ZW vir ZS3ZU en Alastair Skudder ZS6RAS vir ZS6ZU.

14 EN 15 JULIE 'N BESIGE NAWEEK

Die naweek van 14 en 15 Julie is 'n besige naweek met die IARU HF Kampioenskappe en WRTC-2018 uit Duitsland. Aktiwiteit vir beide hierdie kompetisies is op 80 tot 10 meter met foon en gelykgolf. Suid-Afrikaanse stasies sal 'n RS- of RST-verslag en Sone 57 (ons ITU-sone) uit gee. Op 14 Julie vind die tweede RaDAR Uitdaging vir 2018 sowel as die Wesrand ARK se AJV plaas.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die ZS5 Naelloop
2 Julie – die sluitings datum vir die Top Band logstate
7 Julie – die SARL Nuweling QSO Geselligheid
9 Julie – die sluitings datum vir die ZS5 Naelloop logstate
14 Julie – RADAR Uitdaging en die Wesrand ARK se AJV
14 en 15 Julie – die IARU HF Kampioenskappe en WRTC-2018
16 Julie – die sluitings datum vir Nuweling logstate
17 Julie – die Sandton ARK se RAE kursus begin
21 Julie – Die Winter QRP kompetisie en die Pretoria ARK Snuffelmark
22 Julie – die ZS2 Naelloop

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

DIE ZS5 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS5 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in KwaZulu-Natal en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en sal vanmiddag van 14:00 tot 15:00 UTC wees. Die Naelloop is 'n foon- en gelykgolf-kompetisie op die 40-meter-band. Vir stasies in KZN is die uitruiling 'n RS- of RST-verslag en jou dorp se naam of afkorting. Vir stasies buite KZN is die uitruiling 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of lands-afkorting. Raadpleeg asseblief die 2018 Blouboek vir die reëls van hierdie kompetisie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003