Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 23 SEPTEMBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

KRY JOU PARK OP DIE LUG GEBEURTENIS IN OKTOBER

DIE 2018 CQ WÊRELD WYE RTD DX KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

En

NUUS VAN DIE KLUBS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

KRY JOU PARK OP DIE LUG GEBEURTENIS IN OKTOBER

Wat gehoop word is die eerste jaarlikse "Kry Jou Park op die Lug"-gebeurtenis ter viering van die Aardwetenskappe-week vind plaas van 14 tot 20 Oktober. Die geleentheid is oop vir amateur radio operateurs regoor die wêreld en word geborg deur die nasionale filiale van Wêreld Wye Flora en Fauna (WWFF), wat radio amateurs aanmoedig om buite in beskermde natuurparke te werk.

Tydens hierdie op-die-lug viering kan amateurs op een van twee maniere deelneem. Jy kan kies om 'n Aktiveerder te wees, rig op jou stasie en bedryf dit in nasionale en provinsiale parke soos gelys in die Suid-Afrikaanse Fauna- en Flora-lys wat gevind word by https://zsfaunaandflora.wordpress.com/. Of jy kan besluit om 'n Jagter te wees, wat van die huis af werk en uit kyk om die Aktiveerders te kontak. Die weeklange spesiale gebeurtenis herinner aan die ARRL se gewilde Nasionale Parke op die Lug (NPOTA) gebeurtenis in 2016. "Kry jou park Op" begin om 00:00 UTC op Sondag 14 Oktober en gaan aan tot 23:59 UTC op Saterdag 20 Oktober. Besoek die "Get Your Park ON" Facebook-bladsy vir meer inligting.

In Oktober 1998 het die Amerikaanse Aardwetenskappe Instituut die Aardwetenskappe Week, 'n nasionale en internasionale gebeurtenis, georganiseer om die publiek beter begrip en waardering vir die Aardwetenskappe te bewerkstellig en die bestuur van die Aarde te bevorder, 'n gemeenskaplike doelwit wat deur die WWFF gedeel word. Albei programme moedig deelnemers aan om buite te kom en die natuur te geniet.

Aardwetenskappe Week 2018 betrek jongmense en ander met leer hulpbronne en aktiwiteite wat die verhouding tussen die kunste en die Aarde stelsels ondersoek. Hierdie jaar se tema van "Aarde as Inspirasie" bevorder openbare begrip en rentmeesterskap van die planeet. Van besondere belang vir die Amateur Radio gemeenskap en hul gesinne is 'n "Inspired by Earth" foto kompetisie en 'n opstel kompetisie vir studente in grade 6 tot 9.
(ARRL Nuusbrief)

REËL 2 VERWYDER VAN DIE SARL RUIL WINKEL

Na 'n skriftelike versoek deur 'n lid van die Liga, het die Raad besluit om Artikel 2 van die ruil winkel reëls te verwyder, "Geen advertensies deur lede namens nie-lede word toegelaat nie".

DIE 2018 CQ WÊRELD WYE RTD DX KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Die 2018 CQ WW RTD kompetisie begin om 00:00 UTC op 29 September en eindig om 23:59 UTC op 30 September met aktiwiteite op 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die nakoming van gevestigde band planne word sterk aangemoedig. Die doel is om amateurs regoor die wêreld om soveel ander amateurs in soveel CQ-sones, lande, Amerikaanse state en Kanadese provinsies as moontlik te kontak. Die kompetisie uitruiling is 'n RST-verslag plus CQ-sone nommer van die stasie (bv. 599 38). Stasies in die kontinentale VSA en Kanada stuur ook ‘n QTH (bv. 599 05 MA). Vind die reëls by www.cqwwrtty.com/rules.htm

PLAASLIKE KOMPETISIES IN OKTOBER

Die tweede been van die SARL 80 meter QSO Geselligheid vind plaas vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 4 Oktober. Die e-pos adres vir logstate het verander en sal gegee word in die volgende Sondag se bulletin.

Die tweede been van die AWA Buis QSO Geselligheid vind plaas op 6 en 7 Oktober, met die AM QSO Geselligheid op Saterdag en die ESB QSO Geselligheid op die Sondag.

Die SARL Lente QRP Kompetisie vind plaas op Saterdag 13 Oktober.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

NUUS VAN DIE KLUBS

Die Pretoria ARK het op 25 Augustus 2018 hul AJV gehou en tydens die eerste komiteevergadering op 6 Oktober is die portefeuljes soos volg toegeken:

Voorsitter en Watts Nuusbrief: Louis de Wet, ZS6SK
Ondervoorsitter, Tesourier en Webwerf: Graham Reid, ZS6GJR
Klub Sekretaris: Irene Myburgh, ZS6IEA
SARL Skakeling en Bulletin Koördineerder: Etienne Naude, ZS6EFN
Tydrenne, Herhalers en Klub Lidmaatskap: Johan de Bruyn, ZS6JHB
Tegniese en RAE Opleiding: John Minter, ZS6LED

Die volgende lede is gekoöpteer vir die volgende portefeuljes:

Snuffelmarkte: Alméro Du Pisani, ZS6LDP
Kompetisies: Pierre Holtzhausen, ZS6PJH
Jeugontwikkeling en Kompetisies: Nic Louw, ZS6NWL
Sosiale en Kompetisies: Whitey Joubert, ZS6JJJ
Herhalers: Pieter Myburgh, ZS6PAM

Pretoria ARK dankie almal opreg vir hul bereidwilligheid om die volgende jaar aan te pak en wens hulle almal die beste toe.

By die eerste vergadering van die nuut hervormde Johannesburg Amateurradioklub, ZS6TJ is die volgende persone genomineer en gekies as komitee lede vir die komende jaar.

Voorsitter: Errol De Lange, ZS6KED
Ondervoorsitter: Ronald Verweerdt, ZS6RVC
Tesourier: Steven Baynes, ZS6XU
Sekretaris: Rory Crouch, ZS6RBJ
Lede: Michelle Mcnally, ZS6MEM, Johan Coetzee, ZR6JC, David Le Grange, ZR6DLG, Marinus Brand, ZS6BM en Derek Scott, ZR6DR.

JARC sal binnekort hul huur ooreenkoms vir nuwe persele in die Northcliff-gebied verseker en sal verskeie werkswinkels en vergaderings aan die gang hou. Vir lidmaatskap navrae, kontak die klub via e-pos by zs6tjclub@gmail.com of besoek hul Facebook-bladsy.

Die Johannesburg ARK sal op 27 Oktober 2018 'n Mini Hamvention en snuffelmark aanbied, vanaf 11:30 by hul klubhuis te Louiestraat 9, Lawley, Waterfall Estates in Northcliff. Belangstellende verkopers kontak die klub by zs6tjclub@gmail.com om reëlings te tref.

Op Saterdag 15 September 2018 het die Oos Rand Tak hul Algemene Jaarvergadering gehou en die volgende lede is verkies as die komitee.

Voorsitter: Judy Pretorius, ZS6JDY
Onder voorsitter: Willem van der Merwe, ZS6WIM
Sekretaresse: Linda Lessing, ZS6LML
Tesourier: Connel Paul, ZS6CNP met die hulp van Shane Bailey, ZS6W

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-en-nag ewening hier kan amateurs veral met sonsopkoms en sonsondergang moontlike goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

24 September – die sluitings datum vir BHF/UHF Digitale logstate en artikels vir die Oktober Radio ZS.
29 en 30 September – die CQ Wêreld Wye RTD kompetisie.
1 Oktober – die sluitingsdatum vir Alle Afrika kompetisie logstate.
4 Oktober – die SARL 80 m QSO geselligheid.
6 Oktober – die Oos Rand Tak snuffelmark en die AWA AM Buis QSO geselligheid.
7 Oktober – die AWA ESB Buis QSO geselligheid.
9 Oktober – die Provinsiale skole open.
11 Oktober – die sluitingsdatum vir die 80 m QSO geselligheid logstate.
13 Oktober – die Oktober Radio Amateur Eksamen en die SARL Lente QRP kompetisie.
19 tot 21 Oktober – Jamboree op die Lug.
20 Oktober – CQ Hou Koers en die SARL BHF Dag by die NARS.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Wat gehoop word is die eerste jaarlikse "Kry Jou Park op die Lug"-gebeurtenis ter viering van die Aardwetenskappe-week vind plaas van 14 tot 20 Oktober. Die geleentheid is oop vir amateur radio operateurs regoor die wêreld en word geborg deur die nasionale filiale van Wêreld Wye Flora en Fauna (WWFF), wat radio amateurs aanmoedig om buite in beskermde natuurparke te werk.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003