Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 7 OKTOBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE RADIO AMATEUR EKSAMEN EN DIE LENTE QRP KOMPETISIE VOLGENDE SATERDAG

DIE BHF-WERKSWINKEL OP SATERDAG 20 OKTOBER

en

VOORAF BESTELLING VIR DIE SES VOLUME ARRL HANDBOEK 2019

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

DIE RADIO AMATEUR EKSAMEN VOLGENDE SATERDAG

Die Oktober Radio Amateur eksamen sal volgende Saterdag 13 Oktober by verskeie eksamensentrums in die land sowel as in Windhoek geskryf word. Die eksamennommers en die eksamenlokale kan op die SARL-webwerf gesien word, klik op 'examination numbers’ aan die linkerkant.

Die SARL Nuus span wens al die kandidate die beste toe vir die eksamen en bedank almal wat betrokke is by die opleiding en assessering van die kandidate. Ons hoop om jou binnekort op die lug te hoor.

DIE LENTE QRP KOMPETISIE VOLGENDE SATERDAG

Die Lente QRP Kompetisie is op Saterdag 13 Oktober 2018 van 12:00 tot 15:00 UTC op die lug en jy kan foon en gelykgolf gebruik met ‘n kraguitset van 5 Watt (PEP) of minder. ‘n Stasie kan een keer per band per modus gewerk word en daar is geen antenna beperkings nie. Die eerste uur is slegs beperk tot die 40 m-band. Die oorblywende twee uur die deelnemers is vry om enige HF (nie-WARC) -band te gebruik.

Die uitruil is 'n RS- of RST-verslag en jou Ruit verwysing. Oorweeg asseblief die uitruiling van realistiese RS(T) sein verslae en gebruik asseblief die volledige 6-karakter ruit verwysing. Jy kan ook 'n SOTA- en/of ZSFF-verwysingsnommer gee as jy op 'n piek of in 'n natuurpark is. Elke QSO tel 1 punt.
Logstate in ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad en gemerk "my roepsein QRP kompetisie" moet ingedien word teen 20 Oktober 2018 per e-pos aan contest@sarl.org.za. Raadpleeg die 2018 Blouboek vir al die volledige reëls.

DIE 2019 SARL KOMPETISIE HANDLEIDING OF BLOUBOEK

Dis die tyd van die jaar wanneer die kompetisiespan begin kyk na 'n nuwe Blou Boek. Die kompetisiespan nooi kommentaar en voorstelle vir die 2019 Blouboek. Moet veranderinge aan die huidige stel kompetisies aangebring word? Is daar voorstelle vir nuwe kompetisies?

Stuur asseblief jou kommentaar en voorstelle aan contest@sarl.org.za teen Woensdag 31 Oktober 2018.

Die Konsep 2019 SARL Dagboek van Gebeure is beskikbaar op die liga-webwerf, klik op ‘ SARL Diary of Events.’ Baie dankie aan die Klubs wat gereageer het met datums van aktiwiteite. Stuur jou insette na secretary@sarl.org.za.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

DIE BHF-WERKSWINKEL OP SATERDAG 20 OKTOBER

Die eerste in die reeks BHF/UHF werkswinkels sal Saterdag 20 Oktober by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word. Die werkswinkel sluit onderwerpe soos baken koördinasie in, die bou 'n eenvoudige 3 cm-sender, Vliegtuig spreiding op 23 cm, Lineêre versterkers vir BHF en UHF en die RSGB Video oor meteoor- en tropospreiding. Die program en besprekingsvorm is nou beskikbaar vir aflaai. Volg die skakel vanaf die SARL-tuisblad of gaan na www.amsatsa.org.za.

KRY JOU PARK OP DIE LUG GEBEURTENIS TUSSEN 14 EN 20 OKTOBER

Wat gehoop word is die eerste jaarlikse "Kry Jou Park op die Lug"-gebeurtenis ter viering van die Aardwetenskappe-week vind plaas van 14 tot 20 Oktober. Die geleentheid is oop vir amateur radio operateurs regoor die wêreld en word geborg deur die nasionale filiale van Wêreld Wye Flora en Fauna (WWFF), wat radio amateurs aanmoedig om buite in beskermde natuurparke te werk.

Tydens hierdie op-die-lug viering kan amateurs op een van twee maniere deelneem. Jy kan kies om 'n Aktiveerder te wees, rig op jou stasie en bedryf dit in nasionale en provinsiale parke soos gelys in die Suid-Afrikaanse Fauna- en Flora-lys wat gevind word by https://zsfaunaandflora.wordpress.com/. Of jy kan besluit om 'n Jagter te wees, wat van die huis af werk en uit kyk om die Aktiveerders te kontak. Die Suid-Afrikaanse lys is opgedateer met 14 nuwe parke. As jy bewus is van 'n Natuurpark wat nie op die lys is nie, stuur die naam en die breedtegraad en lengtegraad koördinate na zs4bfn@mweb.co.za en dit sal by die lys gevoeg word.

"Kry Jou Park op die Lug" begin Sondag 14 Oktober om 00:00 UTC en duur tot 23:59 UTC op Saterdag 20 Oktober. Die keuse van frekwensies en modusse kan jy self besluit.
VOORAF BESTELLING VIR DIE SES VOLUME ARRL HANDBOEK 2019

Die datum om die nuwe ses volume ARRL 2019 Handboek vooraf te bestel, is verleng tot 20 Oktober wanneer die bestelling by die ARRL geplaas sal word. Vir die eerste keer is die ARRL-handboek verdeel in veelvuldige volumes. Al ses volumes word ingesluit in 'n aantreklike, harde sak, vir maklike berging en toegang. Elke volume is meer hanteerbaar om te lees en blaai.

Geen finale prys is beskikbaar nie, aangesien die Rand/Dollar wisselkoers wisselvallig is. Die verwagte prys is tussen R1 500 en R1 800. Beveilig jou kopie deur 'n deposito van R1 500 teen 20 Oktober 2018 te betaal. Die nuwe volume sal na verwagting beskikbaar wees om gestuur te word via Postnet vanaf Pretoria in die eerste week November.

Vir 'n vooraf bestelvorm, besoek www.amateurradio.org.za. Die SA Amateurradioontwikkelingstrust sal nie die 2019 sagteband weergawe invoer nie

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar slegs 'n enkele, klein sonvlekkie sigbaar met geen gevaar van sonfakkels nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-en-nag ewening hier, kan amateurs veral met sonsopkoms en sonsondergang moontlike goeie openinge op die 10 tot 30 m bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die AWA ESB Buis QSO Geselligheid, inligting in verlede week se bulletin.
9 Oktober - die Wêreld Posdag en die provinsiale skole open.
11 Oktober - die sluitingsdatum vir 80 m QSO logstate.
13 Oktober – die Oktober RAE en die Lente QRP kompetisie.
14 tot 20 Oktober - Kry Jou Park op die Lug.
19 - 21 Oktober - Jamboree op die Lug.
20 Oktober - CQ Hou Koers, die BHF-werkswinkel by die NARS en die sluitingsdatum vir QRP logstate.
22 Oktober - die sluitingsdatum vir AWA logstate.
24 Oktober - Kry jou artikels in vir die November Radio ZS.
27 Oktober - die Kaapstadse ARS-vergadering en die Pretoria-ARK snuffelmark.
27 - 28 Oktober - die CQ WW DX ESB-kompetisie.
28 Oktober - die PEARS HF kompetisie.
31 Oktober – jou insette vir die 2019 SARL Blouboek na contest@sarl.org.za

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Oktober Radio Amateur-eksamen sal volgende Saterdag 13 Oktober by verskeie eksamensentrums in die land sowel as in Windhoek geskryf word. Die SARLNuus span wens alle kandidate die beste toe vir die eksamen en ons hoop om jou binnekort op die lug te hoor.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003