Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 28 OKTOBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin vanoggend met nuus van ‘n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Dawn Snyders, ZS5ME, Frydag 19 Oktober 2018 stil geword het. Sy was die eggenoote van Jo, ZS5PO en moeder van Warren, ZS5WOZ. Dawn was 'n lid van die SARL en die Zululand Amateurradioklub en het vir baie jare gedien as Klub sekretaresse.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan Jo, Warren, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

BHF/UHF WERKSWINKEL HERNU ENTOESIASME VIR BAKENS

WRC-19: 5 GHZ EN DIE IMPAK OP AMATEUR RADIO

en

DIE RADAR UITDAGING OP 3 NOVEMBER

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

BHF/UHF WERKSWINKEL HERNU ENTOESIASME VIR BAKENS

Brian Jacobs, ZS6YZ het 'n referaat getiteld 'Beacon Coördination' aangebied om maksimum voordeel te behaal. In sy referaat het hy die behoefte aan die opstel van 'n behoorlike gekoördineerde baken sisteem voorgestel wat 'n outomatiese moniteringstelsel insluit soos die HF-geraasvloer moniteringstelsel wat outomaties data op 'n sentrale bediener oplaai. Baie bespreking het gevolg; daar is ooreengekom om 'n werkgroep op te stel wat gekoördineer word deur 'n baken-koördineerder. Persone wat belangstel om by die Baken-werkgroep aan te sluit, word uitgenooi om deel te neem aan 'n Skype-bespreking wat beplan word vir Donderdag 1 November om 20:30. Om deel te neem, stuur jou Skype besonderhede na vhfnews@sarl.org.za teen Woensdagaand 31 Oktober 2018.

Dick Coates, ZS6BUN, het die bal aan die rol gesit deur die volgende versoek te plaas, "Sowat 9 jaar gelede is 'n aantal bakens/sleutels deur Jon, ZS6JON, deur die land gestuur. Hiervan glo ek dat net een operasioneel is, in Kaapstad op 2 m bestuur deur ZS1TAF (dankie Mike). Kan die oorspronklike ontvangers van hierdie toerusting my laat weet indien hulle nog hierdie bakens het en ek sal reëlings tref om dit te versamel indien dit nie gebruik word nie." SARLNuus is bewus van die ZS4AFV baken aktief op 144,415 MHz vanaf Bloemfontein.

Dick het ook gevra vir die volgende inligting - wie het ou-PMR toerusting wat hulle bereid sou wees om te verkoop/skenk aan 'n baken projek? Wie kan 'n betroubare sleutel (Gelykgolf) ontwerp vir 'n baken? Wie het toegang tot 'n geskikte plek vir sulke bakens, hou in gedagte ons moet die aktiwiteit sentrums in alle provinsies koppel. Bakens moet 24/7 op die lug wees, nie geleë wees by 'n stasie wat tans op BHF/UHF aktief is nie en in staat wees om sê ‘n 7-element Yagi horisontaal gepolariseer te ondersteun. Reageer asseblief aan Dick deur 'n e-pos te stuur aan dick@mbtsa.co.za met 'n afskrif aan vhfnews@sarl.org.za.

Daar was baie ander interessante referate en besprekings. Vir meer inligting, stem in op Sondae om te luister na 'Focus on VHF and Above' aangebied deur Brian Jacobs, ZS6YZ op Amateur Radio Today. Die aanbiedings is beskikbaar op www.amsatsa.org.za. Die volgende BHF/UHF/Mikrogolf-werkswinkel sal op Saterdag 9 Februarie 2019 by die Nasionale Amateurradiosentrum aangebied word deur AMSAT SA en die SARL. Voorstelle vir referate en aanbiedings word uitgenooi en moet na vhfnews@sarl.org.za gestuur word teen nie later as Saterdag 15 Desember 2018 nie.

WRC-19: 5 GHZ EN DIE IMPAK OP AMATEUR RADIO

Die volgende Wêreld Radio-Konferensie vind plaas in die laaste kwartaal van 2019. Daar is 'n aantal agenda-items wat amateur radio kan beïnvloed. Die IARU het 'n posisie ontwikkel wat georganiseerde amateur radio moet neem. As die SARL het ons die geleentheid om die afvaardiging van Suid-Afrika na die konferensie te versoek om ons posisie te ondersteun. Een van die bekommernisse is agendapunt 1.12 wat die wêreldwye harmonisering vir die implementering van 'n vervoersisteem onder die bestaande mobiele diens toewysing vereis. In Streek 1 het Amateur Radio 'n toekenning van 5 650 - 5 850 MHz wat beskerm moet word. Die band word ook uitgedaag deur Agenda item 1.16 op soek na bykomende spektrum vir die mobiele diens.

Om die SARL-posisie te versterk wanneer ons met DTPS en OKOSA praat, moet ons wys hoe breed die band in Suid-Afrika gebruik word. As jou Klub of belangegroep op die 5 GHz-band werk, stuur asseblief die besonderhede van die werking en die frekwensies wat gebruik word aan sarlregwg@sarl.org.za teen Maandag 5 November 2018.

DIE NOVEMBER 2018 RADIO ZS

Wat is die 'Fiddle' Faktor? Vind uit in die November 2018 Radio ZS. Ons kyk na 'n geselekteerde geskiedenis oor ontvanger innovasies oor die afgelope 100 jaar, antennas vir 70 MHz en 'n baken vir 40 meter. Daar is JOTA- en SOTA-nuus en 'n tuisgeboude lus instem kapasitor. Wat is die beste op BHF en hoër - vertikale of horisontale polarisasie of dalk sirkelvormige polarisasie? Daar is 'n oorsig van die Xiegu X5105-radio en meer in hierdie uitgawe.

Die November Radio ZS sal beskikbaar wees vir aflaai vanaf Maandag 29 Oktober op www.sarl.org.za.

LOGGING AANBIEDING

Die Sandton Amateurradioklub gee 'n aanbieding oor Logging. Hierdie aanbieding is gerig op almal wat meer wil uitvind oor waar en hoe om daardie QSOs te log. Die aanbieding sal die volgende onderwerpe dek - Rede en Regsvereistes vir logging; Elektroniese logging-sagteware; aanlyn logboeke; aanlyn QSL-sentrums soos eQSL; LoTW en DXCC; SARL QSL-stelsel en toekennings; radio koppelvlakke en nuttige gereedskap.

Die aanbieding vind plaas vanaf 09:30 SAT op Saterdag 3 November by die Nasionale Amateurradiosentrum (NARS). Tee en koffie sal bedien word. RSVP aan Noel, ZR6DX by e-pos zr6dx@iafrica.com.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

DIE RADAR UITDAGING OP 3 NOVEMBER

Die laaste RaDAR Uitdaging vir 2018 vind plaas vanaf 00:00 UTC tot 23:59 UTC op Saterdag 3 November 2018. Die RaDAR Uitdaging is 'n unieke geleentheid wat daarop gemik is om die gebruik van Vinnig Ontplooibare Amateur Radio-stasies te bevorder. Kategorieë - vaste, veld of bewegende, kan enige tyd gedurende die uitdaging verander word. RaDAR-operateurs word aangemoedig om tydens elke uitdaging selfversorgend te wees, met nie net krag- en kommunikasie toerusting nie, maar ook kos, water, beskermende klere en skuiling.

RaDAR-operateurs definieer hul eie bedryf tydskedule. Elke individu moet self sy of haar maksimum, enkele periode, vier-uur operasie beplan. Alle amateur bande word toegelaat, insluitende kruisband kontakte via amateur radio-satelliete met behulp van gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus. Die RaDAR-uitdaging verg meer as 'n minimalistiese inligtingsuitruiling; akkurate inligtingsuitruiling word as belangriker beskou as 'n groot QSO-telling. Ruil jou roepsein, jou naam, RS of RST-verslag en jou ruit verwysing uit. Die ruit verwysing van ses karakters is aanvaarbaar, maar moet verkieslik akkuraat wees tot 8 of 10 karakters vir hoër posisie akkuraatheid (veral vir die verskuiwende RaDAR stasies). Kry al die inligting in die 2018 SARL Blouboek.

DIE KONSEP 2019 BLOUBOEK

Die konsep 2019-kompetisie handleiding kan afgelaai word vanaf die SARL-webwerf. Bewaarders van die verskillende kompetisie moet asseblief hul kompetisies nagaan vir enige foute en/of veranderinge. Stuur asseblief enige veranderinge aan contest@sarl.org.za teen Sondag 18 November 2018.

KOMPETISIE UITSLAE

Die uitslae van die 80 Meter QSO Geselligheid gehou op 4 Oktober is vrygestel. Ongeveer 36 stasies het deelgeneem aan die QSO geselligheid terwyl 9 logstate ingedien is, 'n opbrengs van 25%.

1ste Woody Collet, ZS3WL - 275 punte
2de Roy Walsh, ZS3RW en Jadra Daviddovic, ZS6DJA - 220 punte elk
4de Romeo Nardini ZS6ARQ - 200 punte

Die gesamentlike uitslae vir die eerste en tweede bene van die 80 meter QSO Geselligheid. Sowat 91 stasies het aan albei bene deelgeneem en 23 logstate is ontvang, 'n opbrengs van 25%. Sertifikate sal na die top drie gestuur word.

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 635 punte
2de Woody Collet, ZS3WL - 595 punte
3de Thanie Gibson, ZS4AZ - 525 punte
4de Garth Moore, ZS2AAR - 490 punte

Die volledige stel uitslae sal in HF Happenings 819 gepubliseer word.

Die uitslae van die Lente QRP kompetisie gehou op 13 Oktober 2018 is vrygestel. Twee logstate en 1 kontrolelog is ontvang, wat baie teleurstellend is. Die uitslae is soos volg:

1ste Wesrand ARK, ZS6WR - 198 punte
2de Johannes van Zijl, ZS4DZ - 36 punte
Kontrolelog PEARS, ZS2PE

Die gekombineerde uitslae van die 4 QRP kompetisies is soos volg:

1ste Wesrand ARK, ZS6WR - 2 424 punte
2de Mike Boatwright, ZS5MAB - 804 punte
3de die Kaapse Radio-groep, ZS1CRG - 456 punte

Die volledige uitslae kan gesien word op die SARL webwerf onder 'Competion Results.'

FREKWENSIE VERANDERING VIR AR TODAY

Vanaf Maandag 29 Oktober word die AR Today heruitsending op Maandagaande om 18:30 SAT verander van 3 230 kHz AM na 4 895 kHz AM. Die Sondag frekwensies sal nie verander nie.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-en-nag ewening oppad, kan amateurs veral met sonsopkoms en sonsondergang moontlik goeie openinge op die 15, 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Tot middernag UTC - die CQ WW DX ESB-kompetisie.
Vanmiddag - die PEARS HF-kompetisie, kyk in die 2018 Blouboek.
31 Oktober - Kry jou Skype-besonderhede na vhfnews@sarl.org.za vir die Skype-vergadering
1 November – Baken Werkgroep ontmoet op Skype
3 November - die RaDAR Uitdaging en die Logging Werkswinkel by die NARS.
5 November - 5 GHz insette na sarlregwg@sarl.org.za.
10 November - die AWA AJV en die sluitingsdatum vir RaDAR logstate.
10 en 11 November - die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie.
11 November - Herinnering Sondag, 100 Jaar sedert die einde van die Eerste Wêreld Oorlog.
19 November - die sluitingsdatum vir PEARS HF logstate en die BHF/UHF kompetisie logstate.
22 November - die sluitingsdatum vir die Desember Radio ZS.
23 November - Die Kaapstad ARS Einde van die jaar funksie by die klubhuis.
24 November - die SARL Newbie Naelloop en die Wesrand ARK snuffelmark.
24 en 25 November - die CQ WW DX Gelykgolf kompetisie.
15 Desember - Voorstel vir referate en aanbiedings vir die Februarie 2019 BHF/UHF Werkswinkel na vhfnews@sarl.org.za.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Brian Jacobs, ZS6YZ het 'n referaat getiteld 'Beacon Coördination' aangebied om maksimum voordeel te behaal. In sy referaat het hy die behoefte aan die opstel van 'n behoorlike gekoördineerde baken sisteem voorgestel wat 'n outomatiese moniteringstelsel insluit soos die HF-geraasvloer moniteringstelsel wat outomaties data op 'n sentrale bediener oplaai. Baie bespreking het gevolg; daar is ooreengekom om 'n werkgroep op te stel wat gekoördineer word deur 'n baken-koördineerder. Persone wat belangstel om by die Baken-werkgroep aan te sluit, word uitgenooi om deel te neem aan 'n Skype-bespreking wat beplan word vir Donderdag 1 November om 20:30.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003