Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 11 NOVEMBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

VANDAG, 11 NOVEMBER IS HERINNERINGS DAG

SUKSESVOLLE BHF QSOS TUSSEN ZS1, ZS3 EN ZD7

en

BESPREEK NOU VIR DIE VOLGENDE AMSATSA/SARL WERKSWINKEL OP 24 NOVEMBER

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

VANDAG, 11 NOVEMBER IS HERINNERINGS DAG

Omstreeks 05:00 op Maandag 11 November 1918, 100 jaar gelede, is die wapenstilstand onderteken in 'n spoorwegwa van Marshall Foch se spesiale trein, geleë in die bos by Rethondes in Frankryk aan die Westerlike Front. Om 11:00 op hierdie Maandag, 11 November 1918, het die gebrul van wapens opgehou, vrede en stilte het uiteindelik oor die Westelike Front neergedaal en die Eerste Wêreldoorlog geëindig. Daar word beraam dat naby aan 9,5 miljoen soldate, matrose en vlieëniers van alle kante in die Groot Oorlog gesterf het.

Om 10:45 SAT op Sondag 11 November 2018, sal Amateur Radio Today 'n Herinnering Dag-boodskap deur Ds Jan Kramer, ZS6JRK uitsaai. As 'n teken van respek en ter herinnering aan diegene wat hul lewens in diens van hul land verloor het, word jy versoek om radio stilte te handhaaf vanaf 10:45 tot 11:00 SAT.

SUKSESVOLLE BHF QSOS TUSSEN ZS1, ZS3 EN ZD7

Kobus van der Merwe, ZS3JPY het berig dat tussen 19:45 en 21:45 UTC op Woensdag 7 November 2018 kontak bewerkstellig is op 2 meter tussen St Helena-eiland en die Weskus van die Noord-Kaap. 'n Afstand van ongeveer 2 740 km.

Die QSO was op 145,500 MHz FM met behulp van vertikaal gepolariseerde antennas tussen Garry Mercury, ZD7GWM en Kobus (ZS3JPY) en Michelle (ZS3TO) van der Merwe in Kleinzee asook Cobus van Baalen, ZS3CVB in Port Nolloth. Hulle het 'n QSO op 70 cm probeer, maar die seine het nie voorsiening gemaak vir 'n suksesvolle QSO nie. Hulle sou weer op 8 November probeer.

Charles le Roux, ZS1CF in Langebaan het berig dat hy vanaf 19:30 SAT geluister het na Cobus, ZS3CVB in Port Nolloth en Koos, ZS3JPY in Kleinzee wat na Gary ZD7GWM op 145,500 FM roep. Charles het tot 21:50 geluister en besluit om te gaan slaap. Om 22:00 het hy 'n onbeantwoorde oproep van ZS3JPY ontvang en besluit om weer die radios aan te skakel. Omstreeks 22:10 het hy ZD7GWM begin hoor en toe sy roepsein gegee. Gary het teruggekom en aan Charles 'n 54 verslag gegee, Charles het hom 'n 41 verslag gegee. Die QSO het oor 'n afstand van ongeveer 3 049 km plaasgevind.

Luister na AR Today vir 'n volledige verslag oor die BHF-aktiwiteit langs die Weskus. Baie geluk aan almal wat betrokke was.

BALLON LANSERING OP 17 NOVEMBER

BinarySpace sal op Saterdag 17 November weer 'n Hoë Hoogte Ballon vanaf die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus lanseer. Die loonvrag sal bestaan uit 'n SSTV kamera (gebou deur Ton van den Bon, ZR6TG) wat elke 5 minute lewendige beelde op 144.500 MHz sal uitsaai. Die loonvrag bevat ook 'n herhaler (gebou deur Frik Wolff, ZS6FZ) met 'n 70cm -opskakel en 'n 2 m-afskakel (die presiese frekwensies wat op die BinarySpace Facebook-bladsy nader aan die lansering bevestig word). APRS, met die roepsein ZR6TG op 144,800 MHz, sal gebruik word om die ballon te volg. Die finale lansering is afhanklik van Lug verkeerbeheer se toestemming op die dag. Alle sein verslae sal waardeer word.

KD2JTX VERKIES AS ITU TELEKOMMUNIKASIE ONTWIKKELINGS BURO DIREKTEUR

Doreen Bogdan-Martin, KD2JTX, 'n lid van die ARRL, is verkies as Direkteur van die Telekommunikasie-ontwikkelings buro (BDT). Haar verkiesing, op die eerste stemmery in 'n drie rigting stem, het op 1 November by die ITU se 2018 Gevolmagtigde-konferensie in Dubai gebeur. Doreen word die eerste vrou op die ITU-uitvoerende span.

Doreen het meer as 20 jaar ondervinding by die ITU. Gedurende die afgelope dekade het sy die hoof van die ITU Sekretariaat kantoor vir Strategiese Beplanning asook die Lidmaatskap Departement vir die Sekretaris-Generaal. Haar verantwoordelikhede sluit in die ontwikkeling van die ITU se strategiese en operasionele planne in die konteks van IKT-tendense en die globale inligting ekonomie, wat die ITU verteenwoordig in samewerking met ander liggame en die beheer en bestuur van alle ITU globale konferensies.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

BESPREEK NOU VIR DIE VOLGENDE AMSATSA/SARL WERKSWINKEL OP 24 NOVEMBER

SARL en AMSAT SA werk saam en bied ‘n werkswinkel aan oor die monitering van die RF-geraasvloer en die impak daarvan op Amateur Radio. Daar sal ook 'n groot fokus op weerlig beskerming wees. Paul van As van Surgetek sal twee hoofvakke dek: Die mites oor weerlig en Praktiese aspekte van hoe om jou toerusting te beskerm. Surgetek spesialiseer in alle aspekte van aarding, weerlig en oorspanning. Gedurende hierdie tyd het die maatskappy 'n belangrike rol gespeel in die opstel van relevante SABS aarding- en weerlig kodes soos 03A, 03 en 0199. Vandag is die kodes 03A en 03 vervang met SANS 0313, wat die hele IEC-reeks dokumente bevat.

Ander items op die agenda sluit in: Die bekendstelling van twee outomatiese stasies, ontwerp oorsig van 'n Raspberry Pi-outomatiese stasie, die fout nasporings tydens die opstel van 'n RF-geraasvloer-moniterings stasie met Anton Janovsky en Brian Jacobs, hersiening van gestoorde data, tendense en analise, Draadloos Krag Oordrag en die opstel van 'n lys van RF vriendelike toestelle (energie besparende lampe, LED's, ens.), die teenoorgestelde van 'n lys produkte wat nie te koop is nie en hoe om so 'n eenvoudige toets te maak om die geraas omgewing rondom jou huis na te gaan.

Die gedetailleerde program en registrasievorm is beskikbaar op www.amsatsa.org.za. Bespreek nou. Die koste is R50 vir SARL en AMSAT SA lede en R150 vir nie-lede.

DIE TINUS LANGE 7066 TEGNIESE UITNEMENDHEIDSTOEKENNING

Na die publikasie van die artikel oor die Tinus Lange-toekenning in SARLNuus verlede Sondag, is die eerste inskrywing gedurende die week ontvang.

Die toekenning word jaarliks aan die Liga-lid toegeken wat 'n tegniese projek in enige van die volgende kategorieë voorlê; a) die ontwerp en / of konstruksie van projekte soos 'n voorversterker, SWR brug, outomatiese ID, praktiese antenna idees, mas, draagbare toerusting, kragbronne, ens.; of b) enige sagteware vir gebruik in amateur radio. Die toekenning is 'n geraamde sertifikaat en 'n kontantprys van R1 000.

DIE SASOLBURG ARK AJV

Die Sasolburg Amateurradioklub het sy algemene jaarvergadering gehou op Saterdag 27 Oktober in Vaalpark. Die nuwe komitee wat by die vergadering verkies is, is
Voorsitter: Riaan Greeff, ZS4PR
Ondervoorsitter: Frik Wolff, ZS6FZ
Tesourier: Derick Vorster ZS6DK
Sekretaris: Henk Kruger, ZS4NT
en koöpteer Ronnél Kruger, ZR6RNL.

Die lede van die tegniese komitee is Ockerd Taljaard, ZS4LZ, Frik Wolff, ZS6FZ, Tom van den Bon, ZR6TG en Jaco le Roux, ZS6PX. Die lede van die Jeug span is Henk Kruger, ZS4NT, Chané Greeff, ZS4CG, en Jaco Delport, ZS6KJ. Erich Jannasch, ZS4VW koördineer die sosiale aktiwiteite vir die klub. Riaan het die uitgaande komitee bedank vir hul diens aan die klub. Hy sien uit na die volgende jaar en glo die nuwe komitee sal die klub na nuwe hoogtes neem.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan veral met sonsopkoms en sonsondergang moontlike goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - 10:45 tot 11:00 Herinnering Dag boodskap op AR Vandag - 100 jaar sedert die einde van die Eerste Wêreld Oorlog. Onthou asseblief om die radio stilte tydens die diens te handhaaf.
17 November - Ballon lansering op die Vaaldriehoekkampus.
19 November - die sluitingsdatum vir PEARS HF logstate en die BHF/UHF wedstryd logstate.
22 November - die sluitingsdatum vir die Desember Radio ZS.
23 November - Die Kaapstad ARS-einde van die jaar funksie by die klubhuis.
24 November - die SARL Newbie Naelloop, die Wesrand ARK snuffelmark en die SARL/AMSAT SA-werkswinkel.
24 en 25 November - die CQ WW DX Gelykgolf kompetisie.
1 Desember - die begin van die YOTA Desember-aktiwiteit.
8 en 9 Desember - die ARRL 10 meter kompetisie.
15 Desember - Voorstel vir referate en aanbiedings vir die Februarie 2019 BHF/UHF Werkswinkel na vhfnews@sarl.org.za.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

VANDAG, 11 NOVEMBER IS HERINNERINGS DAG

Om 10:45 SAT op Sondag 11 November 2018, sal Amateur Radio Today 'n Herinnering Dag-boodskap deur Ds Jan Kramer, ZS6JRK uitsaai. As 'n teken van respek en ter herinnering aan diegene wat hul lewens in diens van hul land verloor het, word jy versoek om radio stilte te handhaaf vanaf 10:45 tot 11:00 SAT. Ons sal hulle onthou!

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003