Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 16 DESEMBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met die nuus van ʼn stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat die sleutel van Buzz Macey, ZR1AAC op Sondag 9 Desember 2018 stil geword het. Buzz was meer as 60 jaar betrokke by die Padvinder-beweging en was die voorsitter van die Padvinder-Vereniging se Nasionale Toekenningskomitee. Hy was ook betrokke by Volwasse Leier-opleiding, Springbok Padvinder-oorsigte en die Cederberg Padvinder Avontuur-komitee.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE 2019 SARL DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

SATELLIETNUUS

en

UITSAAIERS DRING IN OP UITSLUITLIKE AMATEUR RADIO FREKWENSIES

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

DIE 2019 SARL DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Die venue vir die SARL Simposium op Vrydag 12 April 2019 sal by die Protea Hotel Stellenbosch wees, wat by die Technopark geleë is,. Die ander aktiwiteite van die naweek vind plaas by die Datavoice House-ouditorium in die Technopark en by die Stellenbosch Gholfklub.

Het jy bladsye 14, 15 en 16 van die Desember Radio ZS gelees? Jy sal 'n lys kry van die SARL-toekennings en trofeë wat tydens die toekenningsdinee uitgedeel sal word. Hier is jou kans om 'n mede-radio amateur te nomineer vir sy of haar bydrae tot ons stokperdjie. Dit kan 'n operasionele toekenning of erkenning vir uitstaande werk wees. Nominasies vir die toekennings en trofeë, nominasies vir die Raad en mosies vir die AJV moet teen middernag op Donderdag 31 Januarie 2019 by die SARL Sekretaris ingedien word deur die e-pos secretary@sarl.org.za te gebruik. Nominasie sjablone en 'n sjabloon vir mosies kan gevind word deur die skakel in die 2019 Dag van die Radio Amateur-item in die Slegs Lede afdeling te volg.

SARL EREGALLERY

Die SARL-raad nooi benoemings vir die Eregallery. Die SARL Eregallery vereer daardie individue, hetsy gelisensieerde amateurs of nie, wat beduidende bydraes tot amateur radio gemaak het; wat nie net presteer in persoonlike vertoning in hoofareas van amateur radio nie, maar ook op 'n uitstaande manier aan die stokperdjie terug gee. Die nominasievorm is beskikbaar onder die AJV-dokumente en moet teen middernag op Donderdag 28 Februarie 2019 by die SARL-sekretaris ingedien word.

SATELLIETNUUS

Die ontvanger van die nuwe Fox-1Cliff/AO-95 CubeSat het gefaal weens 'n ontvanger fout wat die satelliet onbruikbaar sou maak, het AMSAT die naweek gesê. Pogings gaan voort deur AMSAT Ingenieurswese om die oorsaak van die probleem vas te stel en te bepaal of 'n oplossing moontlik is. AMSAT vise-president van ingenieurswese Jerry Buxton, N0JY, het die naweek berig dat die probleem voorgekom het tydens pogings om Fox-1Cliff/AO-95 in werking te stel. "Na 'n paar dae van toetse, analise en bespreking blyk dit dat Fox-1Cliff/AO-95 nie as ons vierde Fox-1 Amateur Radio-satelliet in gebruik geneem sal word nie," het Buxton gesê. Inbedryfstelling het op 4 Desember begin, net ná die suksesvolle lansering van die CubeSat 'n dag vroeër.

Op versoek van Exseed Space het AMSAT die 1U ExseedSat CubeSat, wat op 3 Desember op 'n Falcon 9-tuig gelanseer is, aangewys as VUsat-OSCAR 96 (VO-96). Die afskakel is 145,900 MHz vir die FM-herhaler (CTCSS = 67 Hz), digiherhaler plus telemetrie en 435,340 MHz vir FM-herhaler en digiherhaler opskakel.

JY1Sat, wat op 3 Desember gelanseer is as deel van die SpaceX SSO-A: SmallSat Express-lansering, is aangewys as Jordan OSCAR 97 (JO-97). JO-97 dra 'n 435/145 MHz ESB/Gelykgolf omkeerende Amateur Radio Transponder en 'n Stadig-Aftas Digitale Video (SSDV) stelsel om gestoorde beelde te stuur. Die telemetrie-afskakel is 145,840 MHz, die transponder-afskakel-pasband is 145,855 tot 145,875 MHz, met 'n omkeer opskakel op 435,100 tot 435,120 MHz.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

UITSAAIERS DRING IN OP UITSLUITLIKE AMATEUR RADIO FREKWENSIES

Die Internasionale Amateur Radio Union Streek 1-moniteringstelsel (IARUMS) berig dat Radio Hargeisa in Somaliland na 'n paar weke na 7 120 kHz teruggekeer het, terwyl Radio Eritrea op 7 140 en 7 180 kHz gerapporteer is. Radio Soedan is besig om op 7 205 kHz uit te saai met oormatige spat, het IARUMS gesê. Die Duitse Telekommunikasie-owerhede het amptelike klagtes ingedien.

IARUMS het ook gerapporteer dat digitale seine toegeskryf aan die Israeliese Vloot op 7 107 en 7 150 kHz gehoor is. Daarbenewens is 'n Russiese militêre F1B sein in die middel van November op 7 179 kHz waargeneem. 'n Russiese oor-die-horison radar het teruggekeer na 20 meter op 14 335 - 14 348 kHz. Dit is op 22 November gemoniteer

Vroeër het IARUMS daagliks digitale seine van die Poolse weermag gerapporteer op 7 001.8 kHz waar Amateur Radio 'n wêreldwye primêre toekenning het. Telekommunikasie beamptes in Duitsland het 'n klag ingedien. IARUMS het verslae van kort "biep" seine presies 1 sekondes van mekaar ontvang, asook frekwensie-hop tussen 10 108 en 10 115 kHz en 18 834 en 18 899 kHz. Die seine ontstaan blykbaar uit 'n perseel naby Chicago wat verband hou met 'n FCC-gelisensieerde eksperimentele operasie wat betrokke is by lae latensie-ruilhandel op HF.

Die 2019 SARL BLOUBOEK

Die 2019 Kompetisie Handleiding of Blou Boek is vrygestel en is beskikbaar vir aflaai van die Kompetisie bladsy op die SARL webwerf. Hoekom 'Blouboek?' Wel, die eerste Kompetisie Handleiding is gedruk en het blou omslae gehad en van daar die naam. Laai asseblief 'n afskrif van die 2019 Kompetisie Handleiding af. Daar is veranderings aangebring aan die Algemene Reëls, die JD Naelloop, die Jeug Naelloop en die ZS3 Naelloop, twee nuwe kompetisies is bygevoeg en klein veranderinge is aan ander kompetisies aangebring.

KOMPETISIE UITSLAE

Die uitslae van die Afrika Alle Modes DX-kompetisie is vrygestel en kan gevind word onder die 'Contest Results' op die Liga-webwerf.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die Dag van Versoening.
17 Desember - Openbare Vakansiedag.
21 Desember - die Somer Sonstilstand.
22 Desember - Ursid Meteoriet stort.
25 Desember - Kersdag.
26 Desember - Familie dag en die sluitingsdatum vir artikels vir die Januarie Radio ZS.
31 Desember - Einde van die YOTA 2018 maand, die 2018 CQ DX Marathon en die ARRL Internasionale Ruit Jag.
1 Januarie - Nuwejaarsdag en die begin van die 2019 CQ DX Marathon, die ARRL Reguit Sleutel nag en die Green Keys Nag.
5 Januarie - die Pretoria ARK snuffelmark.
5 en 6 Januarie - die ARRL RTD/FT8 Roundup.
9 Januarie - alle provinsiale skole oop.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

DIE 2019 SARL DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Die venue vir die SARL Simposium op Vrydag 12 April 2019 sal by die Protea Hotel Stellenbosch wees, wat by die Technopark geleë is,. Die ander aktiwiteite van die naweek vind plaas by die Datavoice House-ouditorium in die Technopark en by die Stellenbosch Gholfklub.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003