Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 17 FEBRUARIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

STRANDE OP DIE LUG

ZS4A EERSTE OM SEINE VAN OSCAR 100 TE ONTVANG

EN

DIE WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

STRANDE OP DIE LUG

Sidney, ZS5SID, sal vandag Sondag 17 Februarie Suid Strand, Durban (36929) aktiveer met werking op 40 meter ESB vir die eerste Suid-Afrikaanse Strand aan die Lug. Luister vir hom en maak 'n QSO. Vind meer uit oor Strande op die lug by www.beachesontheair.com.

ZS4A EERSTE OM SEINE VAN OSCAR 100 TE ONTVANG

Rickus de Lange, ZS4A in Bethlehem was die eerste stasie in Suid-Afrika om te rapporteer dat hy QSOs op Katar OSCAR 100 gemonitor het. Rickus het sy skottel hemelwaarts gewys en op die vooraand van die amptelike inhuldiging van Es'hailsat op 14 Februarie QSOs van die geostasionêre satelliet gemonitor. Luister na Rickus se opname op www.amsatsa.org.za.

Es'hailsat is die afgelope twee jaar een van die belangrikste besprekings op die agenda van die AMSAT-Ruimtesimposium met Hannes Coetzee, ZS6BZP wat inligting verskaf oor hoe om 'n goedkoop grondstasie op te stel. Die onderwerp sal weer op die agenda wees op 16 Maart 2019 wanneer Hannes die finale weergawe van sy grondstasie sal wys en 'n aantal QSOs tydens 'n lewendige demonstrasie maak. Vir dit alleen, moenie die 2019 Ruimtesimposium wat op 16 Maart 2019 in Midrand gehou word, misloop nie. Daar is baie ander interessante aanbiedings en demonstrasies op die agenda. Dit is 'n geleentheid om nie gemis te word nie. Vir besonderhede en 'n registrasievorm, besoek www.amsatsa.org.za of volg die skakel vanaf die SARL tuisblad.

AMSAT SA is ook trots om aan te kondig dat die AMSAT SA Ruimtesimposium 2019 deur die SAIEE valideer woord, soos per ECSA-beleid, onder Validasie nr. SAIEE-2479-V

Es'hailsat is die eerste geostasionêre satelliet om Afrika, Europa en die Midde-Ooste te dek wat 24 uur per dag DX geleenthede bied. Die transponder is gebou deur AMSAT DL in Duitsland en word bestuur deur die Katar Amateurradiovereniging.

DIE SARL RTD KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

Die SARL RTD kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika en moedig QSOs aan met RTD. Die kompetisie vind op Sondag 24 Februarie 2019 plaas vanaf 14:00 tot 17:00 UTC met aktiwiteite op 80, 40 en 20 meter. Die uitruiling is 'n RST-verslag en jou ruitvierkant (bv. KF26) en jy kan een stasie een keer per band werk. QSOs met stasies in Suider-Afrika is 3 punte werd en QSOs met DX-stasies is 1 punt werd. Jou logstaat moet teen 4 Maart ingedien word by contest@sarl.org.za. Die volledige stel reëls is op bladsy 34 van die 2019 SARL Blouboek. Stel vir jouself 'n doelwit - Werk al ZS, die 2019 Werk Sone 39 en/of Werk alle Ruitblokke op RTD!

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

RADIO AMATEUR ALLEEN SEILJAG VROU

Om 16:33 UTC op 14 Februarie 2019 bereik radio amateur Jeanne Sokrates, VE0JS nog 'n mylpaal wat geen ander sewentigjarige het nie. Die 76-jarige het die lengtelyn van Kaap Agulhas 20 ° 00' oos in haar jag SV Nereida bereik. Sy het nooit die mees suidelike punt van Afrika, 530 kilometer noord, gesien terwyl sy na Australië en Nieu-Seeland voort ploeg nie.
Baie amateur radio-operateurs het tyd met Jeanne gedeel, wat 'n punt daar van maak om kommunikasie deur amateur radio te maak. Terwyl sy die Suidelike Oseane reis, is sy in kontak met talle amateurs. Besonderhede van huidige skeds is op haar QRZ.com bladsy.

Sy is halfpad in haar ononderbroke reis, wat die wêreld se suidelike kappe na die Noorde verlaat! Met Kaap Horn onder haar gordel en nou Kaap Agulhas, is die volgende wegpunt die lengtegraad van die Kaapse Leeuwin, in Wes-Australië. Sy probeer om die oudste vrou te wees om hierdie ongelooflike prestasie te bereik, ondanks die feit dat hierdie reis op 73-jarige ouderdom voltooi is! Haar blog kan gevind word by https://svnereida.com/blog. Die ander punte is die lengtegraad van Suidoos-Kaap, Tasmanië en Suidoos-Kaap, Stewart Eiland, Nieu-Seeland.
(Dankie, Tom Morgan, ZS1AFS)

DIE WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP

Daar is 'n trofee in die kas by die NARS, die SARL 80 m Klub Kampioenskap-trofee wat nie vir 'n rukkie gebruik is nie. Daar is besluit om hierdie trofee weer werk te gee. Die Woensdag 80 m Klub Naelloop is 'n gelykgolf en foon naelloop en die tellings van die individuele operateurs word saam gevoeg om die Klub telling te kry. Die klub met die hoogste telling ná die vyf (5) naellope sal die SARL 80 m Klub Kampioenskap-trofee ontvang. Ook om amateurs aan te moedig om vir hul Werk Al ZS, Werk Alle Ruitblokke en/of 2019 Werk Sone 39 toekenning op 80 meter te werk. Die Woensdag 80 m Klub Naelloop sal vanaf 17:00 tot 18:00 UTC op die derde Woensdag van die maand op die lug wees - 20 Maart; 15 Mei; 17 Julie; 18 September en 20 November. Die reëls sal in die Maart 2018 Radio ZS verskyn en sal aan klubs gestuur word vir hul nuusbulletins.

UITSLAE VAN DIE QRP KOMPETISIE

Die kompetisie komitee het 7 logstate ontvang vir die QRP-kompetisie wat op Saterdag 26 Januarie 2019 gehou is. Die uitslag van die kompetisie is:

1ste die Wesrand Amateurradioklub, ZS6WR - 366 punte.
2de die Bo-Karoo Amateurradioklub, ZS3VDK - 180 punte.
3de Volker Otto, ZS3Y - 96 punte.

DIE WESRAND ARK SE SNUFFELMARK

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 23 Februarie 2019 by die Klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Phillip ZS6PVT 083 267 3835.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - Strande op die lug en die ARRL DX gelykgolf-kompetisie.
18 Februarie - die sluitingsdatum vir Nasionale Velddag- en AWA gelykgolf logstate.
22 Februarie - die sluitingsdatum vir artikels vir die Maart Radio ZS.
23 Februarie - die Wes-Randse ARK snuffelmark.
24 Februarie - die SARL RTD kompetisie.
27 Februarie - Internasionale Melktert Dag.
28 Februarie - einde van die vroeë besprekings vir die Ruimte Simposium en sluitingsdatum vir SARL Eregallery nominasies.
2 en 3 Maart - die ARRL DX Foon kompetisie.
3 Maart - die SARL Hamnet 40 m kompetisie.
4 Maart - die sluitingsdatum vir die RTD kompetisie logstate.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Sidney, ZS5SID, sal vandag Sondag 17 Februarie Suidstrand, Durban (36929) aktiveer met werking op 40 meter ESB vir die eerste Suid-Afrikaanse Strand aan die Lug. Luister vir hom en maak 'n QSO. Vind meer uit oor Strande op die lug by www.beachesontheair.com.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003