Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 28 APRIL 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

ADV AM EN ESB QSO GESELLIGHEID VOLGENDE NAWEEK

HORISONTALE VERSUS VERTIKALE ANTENNA POLARISASIE - DIE DEBAT

en

DIE DAME MET DIE ‘LIMP’

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

ADV AM EN ESB QSO GESELLIGHEID VOLGENDE NAWEEK

Die Antieke Draadloos-vereniging se Buis QSO-geselligheid vind plaas op Saterdag 4 Mei vir die AM-afdeling en op Sondag 5 Mei vir die ESB-afdeling. Albei QSO-gesellighede vind plaas vanaf 13:00 tot 17:00 UTC elke dag met AM- en ESB-aktiwiteite op die 40 en 80-meter bande. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001 en die soort radio wat jy gebruik. Die telling is gebaseer op jou radio - alle buis radio: 3 punte per QSO; Hibride radio: 2 punte per QSO en Vaste Staat radio: 1 punt per QSO. Die logstate moet teen Maandag 20 Mei 2019 ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za. Sertifikate sal toegeken word aan die eerste drie plekke in elke kategorie - AM en ESB. Soos gewoonlik, raadpleeg die 2019 Blouboek voor die kompetisie.

HORISONTALE VERSUS VERTIKALE ANTENNA POLARISASIE - DIE DEBAT

Woon die volgende gesamentlike SARL- en AMSAT SA BHF werkswinkel by op Saterdag 25 Mei en neem deel in die debat oor Horisontale teenoor Vertikale antenna polarisasie vir langafstand BHF kommunikasie. Die onderwerp is vir 'n aantal jare omring deur argumente dat Vertikale polarisasie Horisontale polarisasie oortref om langafstand kommunikasie op BHF te maak met gelyke teenoorgestelde argumente.

Dick Coates, ZS6BUN het uitgebreide tegniese referaat navorsing uitgevoer en ervarings data van wêreldwye hulpbronne hersien en sal sy bevindinge aanbied en sy eie ervarings by die werkswinkel deel.

Ander besprekings by die werkswinkel sluit in: Werk op die Bethlehem en Karoo twee meter baken projekte, die Weskus voortplanting verskynsels en drie snel 10 minute sessies oor die Tru-baken projek, toenemende vlakke van die HF geraas vloer - 'n groeiende besorgdheid en waarom BHF en UHF 'n belangrike toekoms in Amateur Radio het.

Die werkswinkel sal vanaf 08:30 by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word en eindig om 13:00. Ligte verversings sal bedien word met die tee pouse. Die registrasiegeld is R50 vir SARL en AMSAT SA lede en R100 vir nie-lede. Om te registreer, kry besonderhede op www.sarl.org.za of www.amsatsa.org.za

160 M DXCC KAARTE NAGAAN

Tjerk Lammers, ZS1J, het SARL Nuus in kennis gestel dat hy nou ook 160 m QSL-kaarte kan nagaan, benewens sy ander veld kontrole van QSL-kaarte. Die riglyne vir veld kontrole vir 160 meter van die DXCC-reëls sê: "a) Met 'n uitsondering vir 160 meter kan kaarte vir alle huidige en geskrapte entiteite wat dateer vanaf 15 November 1945 nagegaan word. Kaarte vir 160 meter kan slegs gekontroleer word deur Kaart Nasiener wat tans 'n aktiewe 160 Meter DXCC houer is, ARRL Hoofkwartier personeel het wat deur die Bestuurder van die Radiosport Afdeling gemagtig is, of bestaande Kaart Nasieners wat toestem om hul werk te laat toesien deur die Radiosport Afdeling. Die Bestuurder van die Radiosport Afdeling sal 'n spesiale aanmeldings vorm vir hierdie doel beskikbaar stel. 160 Meter Kaart Nasieners kan gevind word op die volledige lys van DXCC 160 Kaart Nasieners."

AKTIWITEIT OP 40 METERS

As jy op die 40 meter band rond bly op 'n Saterdagoggend, sal jy baie stasies hoor en werk wat besig is met HF-assesserings vir die Radio Amateur-eksamen. Op Saterdag 27 April is opgemerk dat een van die stasies in ZS6 op 40 meter buite die foon segment gewerk het. Onthou die foon segment is 7 063 tot 7 200 kHz. Op 'n WhatsApp-groep was daar kommentaar oor die gebruik van 'n nie-fonetiese alfabet en geen roepsein van die stasies wie die roep van die persoon wat geassesseer word beantwoord.

Maar dit is nie iets nuuts nie, luister op die bande na QSOs en bulletins - roepseine sonder die ZR- of ZS-voorvoegsel, nie-standaard fonetiese letters, nie 'n breek tussen QSOs, ens. Ons is almal skuldig. Kom ons werk aan ons spraak prosedures, net soos ons verseker dat die inligting korrek is wanneer ons digitale modusse werk.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE MEI 2019 UITGAWE VAN RADIO ZS

Ons weet almal van Florence Nightingale, die Dame met die Lamp, maar wie was die Dame met die “Limp?” Lees oor haar in die Museum-kolom van die Mei Radio ZS. Met die SARL Top Band QSO Geselligheid in Junie word 'n tweede 160 m antenna artikel ingesluit in hierdie uitgawe, asook inligting oor die SARL Top Band-sertifikaat. Jy kan lees oor SARL Hamnet Oos-Kaap wat die Bergklub van Suid-Afrika bystaan met hul nasionale opleidings geleentheid en vind meer uit hoe om HF-voortplantings verslae te verstaan. Om voort te gaan en ons stokperdjie uit te bou, moet ons aanvaar dat jongmense ons toekoms is en lees wat het die Jeugland ARK gedoen.

'n Verslag met foto's van die 2019 Dag van die Radio Amateur is ingesluit. Die Mei 2019 Radio ZS sal beskikbaar wees vir aflaai vanaf Dinsdag 30 April 2019.

'N SPESIALE GELEENTHEIDS STASIE VANAF THAILAND

'n Spesiale roepsein, HS10KING/MM (hotel-sierra-tien-king- skuinsstreep-mike-mike) sal vanaf 00:00 UTC op Vrydag 3 Mei tot 10:00 UTC op Sondag 5 Mei op die lug wees met aktiwiteite op 40 , 20, 15 en 10 meter, sowel as op 2 meter en amateur radio satelliete, insluitende die Es'hail 2/QO-100-satelliet. Die stasie vier die kroning van die nuwe koning van Thailand - koning Maha Vajiralongkorn. Hierdie spesiale stasie word ondersteun deur die Koninklike Thai Vloot en Radio Amateur Vereniging van Thailand (RAST) in samewerking met die Icom-verspreider in Thailand, G. Simon Radio Co Ltd. Die stasie is op die vliegdekskip HTMS Chakri Naruebet van die Koninklike Thai Vloot in die Thaise Golf en die radio's wat gebruik word, sal almal Icom wees.

GRATIS PDF VAN AMSAT SATELLIETJOERNAAL

Om hul 50ste verjaardag te vier, bied AMSAT Noord-Amerika 'n gratis PDF van die Maart/April 2019 uitgawe van hul tydskrif beskikbaar. Artikels in hierdie uitgawe sluit in: Ingenieurs Opdatering deur Jerry Buxton, N0JY; Opvoedkundige Verhoudings Opdatering deur Alan B. Johnston, KU2Y; AMSAT 50-jarige jubileum Presidensiële Terugblikke deur Perry Klein, W3PK; Bill Tynan, W3XO (SK) en Barry Baines, WD4ASW en 'n foto galery. Jy kan die PDF aflaai by www.amsat.org/the-amsat-journal-50th-anniversary-edition-march-april-2019/

DIE UITSLAE VAN DIE 2019 PEARS BHF/UHF KOMPETISIE

Die Port Elizabeth Amateur Radio Vereniging het die uitsale van die 2019 PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie wat in Januarie 2019 gehou is, vrygestel.

Die algehele nasionale wenner is Carl Minne, ZS6CBQ met 182 047 punte. In die Basisstasie analoog kategorie gaan die eerste plek aan Carl Minne, ZS6CBQ met 176 967 punte met Rickus de Lange, ZS4A in die tweede plek met 43 600 punte. In die Basisstasie Digitale Kategorie gaan die eerste plek aan Pieter Jacobs, V51PJ met 38 960 punte en Carl Minne, ZS6CBQ, met 5 080 punte in die tweede plek.

In die Klub Multi-Operator Analoog kategorie het die Kaapse Radio Groep, ZS1CRG, 71 463 punte gemaak. Daar was geen inskrywings vir die Klub Multi-Operator Digitale kategorie of vir die Veldstasie kategorie nie. Die langste afstande gewerk per band (meer as 400 km) op 4 m was tussen Pieter Jacobs, V51PJ en Andrew Prideaux, ZS2PA met 1 064 km en op 6 m tussen Pieter Jacobs, V51PJ en Paul Smit, ZS6NK met 1 360 km.

Die afdelings wenners is - ZS1: Die Kaapse Radio-groep, ZS1CRG; ZS2: Gert Schoeman, ZS2GS en Patricia Kruger, ZS2PTY in die eerste plek met Theunis Potgieter, ZS2EC in die tweede plek; ZS4: Rickus de Lange, ZS4A; ZS6: Carl Minne, ZS6CBQ in die eerste plek en Koos Greyvenstein, ZS6KSG in die tweede plek en V51: Pieter Jacobs, V51PJ. Daar was geen inskrywings vir ZS3 en ZS5 nie.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

29 April - die sluitingsdatum vir QRP, ZS4 Naelloop en BHF/UHF Digitale kompetisie logstate
1 Mei - Werkersdag
4 Mei - die AWA Buis AM QSO Party
5 Mei - die AWA Buis SSB QSO Party
11 en 12 Mei – Meule op die Lug-geleentheid
12 Mei - Moedersdag
17 tot 19 Mei - die Dayton Hamvention
18 Mei - die radio amateur eksamen
19 Mei - die ZS3 Naelloop
25 Mei - die SARL/AMSAT SA BHF-werkswinkel by die NARS
25 en 26 Mei - die CQ WPX Gelykgolf kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Antieke Draadloos-vereniging se Buis QSO-geselligheid vind plaas op Saterdag 4 Mei vir die AM-afdeling en op Sondag 5 Mei vir die ESB-afdeling. Albei QSO-gesellighede vind plaas vanaf 13:00 tot 17:00 UTC elke dag met AM- en ESB-aktiwiteite op die 40 en 80-meter bande. Die logstate moet teen Maandag 20 Mei 2019 ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za. Raadpleeg die 2019 Blouboek voor die kompetisie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. Op Maandagaande word Amateur Radio Today deur Andy Cairns ZS6ADY om 19:30 SAT op 3 620 kHz uitgesaai. Ons verwelkom jou sein verslae, kommentaar en voorstelle; stuur dit asseblief per e-pos na artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS2B, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003