Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 5 MEI 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. 'n Oudio opname sowel as 'n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

ADV ESB QSO GESELLIGHEID VANMIDDAG

SARL 2 M BAKEN PROGRAM NEEM VORM

en

WĘRELD PADVINDER JAMBOREE MAAK REG VIR GROOT AMATEUR RADIO TEENWOORDIGHEID

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

ADV ESB QSO GESELLIGHEID VANMIDDAG

Die Antieke Draadloos-vereniging se Buis ESB QSO-geselligheid vind plaas vanmiddag 13:00 tot 17:00 UTC met aktiwiteite op die 40 en 80-meter bande. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001 en die soort radio wat jy gebruik. Die telling is gebaseer op jou radio - alle buis radio: 3 punte per QSO; Hibride radio: 2 punte per QSO en Vaste Staat radio: 1 punt per QSO. Die logstate moet teen Maandag 20 Mei 2019 ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za.

SARL 2 M BAKEN PROGRAM NEEM VORM

Die SARL 2 meter baken plan wat twee nuwe bakens sal voorsien, neem vorm. Hierdie week is die projek voltooi en twee bakens sal opgerig word, een in die Bethlehem-gebied en die ander een in die Karoo. Meervoudige Yagi-antenne word oorweeg om die wydste moontlike dekking te kry. Die projek sal op Saterdag 25 Mei 2019 by die volgende gemeenskaplike SARL AMSAT SA BHF werkswinkel by die Nasionale Amateur Radio Sentrum bespreek word.

Nog 'n belangrike bespreking is die debat "Horisontale teenoor Vertikale antenna polarisasie vir langafstand BHF kommunikasie." Die onderwerp is vir 'n aantal jare omring deur argumente dat Vertikale polarisasie Horisontale polarisasie oortref om langafstand kommunikasie op BHF te maak met gelyke teenoorgestelde argumente. Dick Coates, ZS6BUN het uitgebreide tegniese referaat navorsing uitgevoer en ervarings data van węreldwye hulpbronne hersien en sal sy bevindinge aanbied en sy eie ervarings by die werkswinkel deel.

Die werkswinkel sal vanaf 08:30 by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word en eindig om 13:00. Midde-ligte verversings sal bedien word. Die registrasiegeld is R50 vir SARL en AMSAT SA lede en R100 vir nie-lede. Om te registreer, kry besonderhede op www.sarl.org.za of www.amsatsa.org.za. Jy kan ook die volledige werkswinkel agenda aflaai van skakels op die twee webwerwe.

SARL BHF/UHF EN MIKROGOLF REKORD TABEL

Paul, ZS6NK is die bewaarder van die SARL BHF/UHF en mikrogolf rekord tabel en hy het pas die Tabel gedateer 4 Mei 2019 ingedien vir opgelaai op die Liga-webwerf. Paul merk op dat Lee, ZS5LEE nou die leier op 2 meter is, met 110 entiteite op LoTW bevestig. Verskaf asseblief jou BHF en hoër prestasies aan Paul, ZS6NK by zssixnk@gmail.com.

MEULE OP DIE LUG

Die tweede naweek in Mei is altyd tyd vir die Meule op die Lug aktiwiteit. Gedurende hierdie naweek sal baie Meule (wind en water) op die radio aktief wees. In Nederland is dit bekend as die Nasionale Windmeul- en Pompstasie-naweek en in die Verenigde Koninkryk is dit deel van die Nasionale Meule Naweek. Meer inligting is beskikbaar op www.g4cdd.net/mills/index.php en www.pd6mill.com. Vir Suid-Afrika besoek www.windmillworld.com/world/southafrica.htm en www.windmillworld.com/watermills/southafrica.htm

Jy luister na n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

ITU-R WERKGROEP 5A VERGADERING IN GENEVA

IARU Streek 1 het berig dat twee van ITU-R Studiegroep 5 Werkgroepe in Genčve tussen 29 April en 10 Mei 2019 vergader.

Werkgroep 5A handel oor die Land Mobiele diens bo 30 MHz (uitgesluit IMT), draadlose toegang in die vaste diens en die amateur- en amateur-satelliet dienste.

Werkgroep 5A1, verantwoordelik vir amateur sake het Dale Hughes, VK1DSH as voorsitter. Die hoof onderwerp is om 'n tegniese verslag oor spektrum vereistes te finaliseer en te deel om die werk vir Węreld Radiokommunikasie konferensie 2019 (WRC-19) Agenda 1.1 te ondersteun, met inagneming van 'n toekenning van die frekwensieband 50 tot 54 MHz aan die amateurdiens in streek 1 Die werkgroep bestaan uit 'n mengsel van radio amateurs en administrateurs van regoor die węreld en ander belanghebbende partye soos meteoroloë en die militęr.

Amateurs wat in WP 5A teenwoordig is, sluit 5A1 voorsitter Dale Hughes, VK1DSH; IARU-vise-president Ole Garpestad, LA2RR; IARU-verteenwoordiger Dave Court, EI3IO; CEPT-koördineerder Hans Blondeel Timmerman, PB2T; DARC-verteenwoordigers Ulrich Mueller, DK4VW en Bernd Mischlewski, DF2ZC en CRAC verteenwoordiger Yin Hu, BD1AZ in.
(Southgate ARC Nuus)
WĘRELD PADVINDER JAMBOREE MAAK REG VIR GROOT AMATEUR RADIO TEENWOORDIGHEID

Amateur radio sal deel wees van die 24ste Węreld Padvinder Jamboree in Wes-Virginia, VSA. Die Jamboree het die tema "Ontsluit n Nuwe Węreld” gekies. Duisende Padvinders en Padvinder-leiers van sowat 200 lande word verwag om dit by te woon. Die Jamboree se Amateur Radio Uitstalling sal die roepsein NA1WJ gebruik en sal gedurende 22 Julie tot 2 Augustus van die Top Bechtel Reservaat op die lug wees. Amateur radio toetse word verwag om so vroeg as 14 Julie te begin.

Die doelwitte van die Amateur Radio-stasie by die Węreld Padvinder Jamboree is om amateur radio aan Padvinders en Padvinder-leiers bekend te stel deur praktiese deelname aan tweerigtingskommunikasie met ander stasies regoor die węreld. Hierdie aktiwiteit sal ook dien as die Amateur Radio-stem van die Jamboree. Ander fasette van die amateur radio by die Jamboree sal insluit: Amateur Radio-rigting bevinding (ARDF), Amateur Radio-satelliet kontakte en 'n geskeduleerde Amateur radio op die Internasionale Ruimtestasie (ARISS) kontak met 'n IRS-bemanningslid. Daar word verwag dat een of twee ballonne met amateur radio loonvragte te lanseer en hulle te volg soos hulle die Atlantiese Oseaan oorsteek.
(ARRL Brief)

DIE UITSLAE VAN DIE SARL 80 M QSO GESELLIGHEID

Die uitslae van die eerste been van die 2019 80 Meter QSO Geselligheid gehou op Donderdag 4 April 2019 is vrygestel. Ongeveer 54 stasies het aan die QSO Geslligheid deelgeneem, terwyl 13 logstate ingedien is; persentasie logstate 24%. Daar was een log wat onreëlmatig en verwerp is deur die kompetisie komitee.

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 385 punte
2de Pieter Jacobs, ZS6XT - 285 punte
3de Johan van Zijl, ZS4DZ - 220 punte
4de Woody Collett, ZS3WL - 190 punte

Die kompetisie uitslae is gepubliseer op bladsy 69 van die Mei Radio ZS.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag - die AWA Buis ESB QSO Geselligheid
11 en 12 Mei - Meule op die Lug-geleentheid
12 Mei - Moedersdag
17 tot 19 Mei - die Dayton Hamvention
18 Mei - die radio amateur eksamen
19 Mei - die ZS3 Naelloop
25 Mei - die SARL/AMSAT SA BHF-werkswinkel by die NARS
25 en 26 Mei - die CQ WPX Gelykgolf kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, 'n opsomming van ons hoof berig:

Die Antieke Draadloos-vereniging se Buis ESB QSO-geselligheid vind plaas vanmiddag 13:00 tot 17:00 UTC met aktiwiteite op die 40 en 80-meter bande. Die logstate moet teen Maandag 20 Mei 2019 ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za. Raadpleeg die 2019 Blouboek voor die kompetisie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. Op Maandagaande word Amateur Radio Today deur Andy Cairns ZS6ADY om 19:30 SAT op 3 620 kHz uitgesaai. Ons verwelkom jou sein verslae, kommentaar en voorstelle; stuur dit asseblief per e-pos na artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003