Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 26 MEI 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stille sleutel

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat die sleutel van George Lawrence Pearson, ZS2E op 28 Januarie 2019 stil geword het. Hy was oorspronklik van Port Elizabeth en het na Klerksdorp verhuis.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou, familie en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE RSGB KRIEKET WĘRELD BEKER AMATEUR RADIO MARATHON

DIE MEI 2019 RAE UITSLAE

en

BHF BAKEN TOETS UITSENDINGS

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

Die Krieket Węreldbeker sal van 30 Mei tot 14 Julie in Engeland en Wallis plaasvind. Britse en internasionale roepsein sal op nege HF-bande op ESB, gelykgolf en digitale modusse aktief wees. Toekenning sertifikate al aangebied word gebaseer op die aantal kontakte wat met die spesiale Britse en internasionale stasies gemaak is. Borge nooi ander lande om deel te neem en spesiale roepsein met die agtervoegsel "19CWC" of soortgelyke te aktiveer. 'n Totaal van 31 spesiale roepsein sal in die VK aktief wees, met GB19CWC wat die 2019 Krieket Węreldbeker-hoofkwartier in Engeland verteenwoordig. Luister na ander "GB19" voorvoegsel roepseine. Spanne sal ook spesiale geleentheid stasies oprig. Besonderhede, insluitende die reëls vir toekennings en 'n lys van internasionale roepsein, is op die RSGB-webwerf by http://rsgb.org/cricket beskikbaar.

Theunis, ZS2EC sal gedurende die marathon periode ZS19CWC bedryf.

DIE MEI 2019 RAE UITSLAE

Eksamenuitslae vir die RAE wat op Saterdag 18 Mei by 24 eksamensentrums regoor die land gehou is, is gister op die SARL-webwerf gepubliseer. 168 kandidate het geregistreer om die eksamen af te lę, maar 27 het nie die eksamensessie bygewoon nie. 129 kandidate het die eksamen geslaag, ongelukkig het 12 gedruip. Die Raad verwelkom al die suksesvolle kandidate op die lug en wens jou geluk op jou reis binne die radio amateur diens.

Baie dankie aan Kelley, ons kantoor administrateur en aan die RAE Bestuurder, Noel, ZR6DX, insluitende die groep toegewyde en talentvolle vrywilligers van opsieners, dosente en individue wat bygedra het tot 'n suksesvolle Mei 2019 RAE.

'n Spesiale woord van dank aan Cheryl Holliday, wat haar huis vir die Durbanse eksamensentrum beskikbaar gestel het, ten spyte van haar hartseer met die heengaan van haar man, Dave Holliday, ZS5HN, 'n week voor die RAE.

WPT HOOG OP DIE IARU EMC KOMITEE VERGADERING AGENDA

Hierdie week het die IARU Streek 1 EMC-komitee vergader om die uitslag van die onlangse Wene tussentydse vergadering, sowel as die inmenging potensiaal van draadlose krag opname van elektriese voertuie, te hersien. Die vergadering is bygewoon deur Hans van die Groenendaal, ZS6AKV en Brian Jacobs, ZS6YZ.

Die inligting wat uit die vergadering verkry word, sal die SARL goed in stand hou wanneer die SABS TC73, wat handel oor elektromagnetiese verenigbaarheid en inmenging, Woensdag 29 Mei vergader. Die SARL het WPT as 'n opkomende behoefte op die agenda geplaas. Die probleem oor WPT is dat daar geen ooreengekome inmenging perke is nie. Sommige besprekings in die CEPT stel voor dat die bestaande foutiewe emissie grense vir induktiewe SRD's toepaslik is. Hierdie is ontwikkel op 'n heeltemal ander stel aannames oor diens siklus, ligging en of die slagoffer en sender dieselfde frekwensie deel en nie geskik is vir WPT (EV) nie. WPT (EV) is hoë werk siklus, geleë in residensiële gebiede en sy harmonieë sal waarskynlik versprei word oor 'n frekwensie groep

Dit is belangrik dat Suid-Afrika enige idee weier dat WPT vergelykbaar is met 'n selfoon of 'n tandeborsel-laaier.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat op die Hoëveld ARK se 145,7875 MHz herhaler herlei word.

BHF BAKEN TOETS UITSENDINGS

Die eerste baken wat ontplooi word as deel van die SARL BHF langafstand baken navorsingsprogram deur die BHF/UHF/Mikrogolf werkgroep word getoets. Die baken is geďnstalleer by die QTH van Danie Terblanche, ZR6AGB in ruit KG44CH met 'n horisontale Yagi wat na Welkom en Bloemfontein wys. Brian Jacobs, ZS6YZ, het gesę dat die baken met 25 W uitset krag saai die boodskap ZR6AGB ZR6AGB ZR6AGB KG44CH uit wat elke 60 sekondes herhaal word op die frekwensie van 144,425 MHz FM. Stem jou radio op 144,424 MHz HSB om na dit te luister. Dit is die toetsfase voor die finale installasie op die Bethlehem-terrein. Kommentaar en verslae word per e-pos na vhfnews@sarl.org.za genooi. Die werkgroep ontmoet maandeliks op Skype en die volgende Skype-oproep sal op 20 Mei 2019 om 20:00 wees. Om by die groep aan te sluit, stuur 'n e-pos na vhfnews@sarl.org.za met jou Skype-naam.

WRC 19 BEDRYFSBEREIDENDE VERGADERING OOREENKOMS OM IARU 50 MHZ POSISIE TE STEUN

Hierdie week het beide Brian Jacobs, ZS6YZ en Hans van die Groenendaal ZS6AKV die 6de WRC 19 Industrievoorbereidingsvergadering bygewoon waar DTPS en die Industrie Suid-Afrika se posisie oor verskeie Agenda-items bespreek is.

ZS6AKV het 'n aanbieding gedoen en die groep opdateer oor die SARL en IARU se siening op die agendapunt om die 50 - 54 MHz-band oor al drie ITU-streke te harmoniseer. Die SARL woon hierdie vergadering by om te verseker dat enige nuwe besluite oor spektrum wat by WRC 19 oorweeg word, nie inbreuk maak op amateur toekennings nie.

Die 50 - 54 MHz-band word tans deur 'n voetnota aan Suid-Afrikaanse Radio Amateurs toegeken. Een van die kwessies wat gekyk word, is 'n nuwe regulasie om dele van die band met windprofielers te deel. Tydens die bespreking by WRC is dit belangrik dat 50.0 - 50.5 MHz beskerm word as spektrum vir swak sein kommunikasie en nie met windprofielers gedeel word nie.

KOMPETISIE UITSLAE

Hoewel voortplanting nie baie gunstig was nie, het die kompetisie komitee 36 logstate ontvang vir die tweede Woensdag 80 m Klub Naelloop gehou op 15 Mei. Gedurende die Maart-been is 744 QSOs gemaak in vergelyking met 277 QSOs vir die Mei-been. Sewe klubs word in die uitslae verteenwoordig. Die volledige stel uitslae is te vinde in HF Happening 848.

1ste die Wes-Rand ARK - 352 punte (10 logstate)
2de die Bo-Karoo ARK - 254 punte (10 logstate)
3de die Boland ARK - 177 punte (8 logstate)

Na twee bene van die Naelloop, is die uitslae soos volg

1ste die Wes-Rand ARK - 787 punte
2de die Boland ARK - 651 punte
3de die Bo-Karoo ARK - 574 punte

Die resultate van die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie wat in April gehou is, is soos volg:

1ste Carl Minne, ZS6CBQ - 25 416 punte
2de Rickus de Lange, ZS4A - 17 358 punte
3de Gert Botha, ZS6GC - 4 230 punte
4de Elna Botha, ZS6EB - 2 461 punte

KLUB NUUS

Die Wesrand Amateurradioklub bied op Saterdag 1 Junie 2019 hul volgende snuffelmark aan by hul klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is welkom. Bring jou surplus en ondersteun die verkoper op die dag. Vir meer inligting kontak Phillip, ZS6PVT by selfoon 083 267 3835.

Die OTL-klub het hul algemene jaarvergadering gehou op Saterdag 18 Mei 2019 en 'n nuwe komitee is verkies. Baie geluk aan almal en al die beste vir die jaar wat voorlę.

Voorsitter: Pieter Jacobs, ZS6XP
Sekretaris: Yvonne Jansen Van Rensburg, ZS6BSH
Tegnies: Ernst Du Plessis, ZR6BDZ

Vir enige navrae oor die OTL-klub, stuur asseblief 'n e-pos aan admin@zs6otl.org.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan heel bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag tot middernag UTC – die CQ WPX Gelykgolf kompetisie
1 Junie – die Wesrand ARK snuffelmark en die Boland ARK vergadering
8 Junie - die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid
9 Junie - die Hammies Naelloop en die Comrades Marathon
15 Junie - die SARL Jeug Naelloop en die ARRL Kinderdag
16 Junie - Jeugdag en Vadersdag
17 Junie - Openbare vakansiedag en Węreld QRP Dag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Krieket Węreldbeker sal van 30 Mei tot 14 Julie in Engeland en Wallis plaasvind. Britse en internasionale roepsein sal op nege HF-bande op ESB, gelykgolf en digitale modusse aktief wees. Toekenning sertifikate al aangebied word gebaseer op die aantal kontakte wat met die spesiale Britse en internasionale stasies gemaak is. Theunis, ZS2EC sal gedurende die marathon periode ZS19CWC bedryf.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en vertaal deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003