Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 02 JUNIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Orlando Canha, ZS6OLC op 24 Mei 2019 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL BHF QSO GESELLIGHEID EN DIE HAMMIES NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

SARL BHF WERKGROEP BAKEN

en

UITSLAE VAN DIE ZS3 NAELLOOP EN DIE AWA BUIS QSO GESELLIGHEID

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL BHF QSO GESELLIGHEID EN DIE HAMMIES NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

Die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid is Saterdag 8 Junie op die lug en die Hammies Naelloop is Sondag 9 Junie op die lug. Die BHF/UHF QSO Geselligheid is 'n prettige aktiwiteit om QSOs te maak sonder om 'n herhaler te gebruik. Dit is op die lug vanaf 12:00 tot 16:00 UTC met die FM- en SSB-aktiwiteit op 6, 4 en 2 meter en op 70 en 23 cm soos per die band plan.

QSOs moet tweerigting punt tot punt wees en die uitruiling is jou roepsein, jou naam en ouderdom en 'n sein verslag. Probeer om QSOs op verskillende bande te maak. Dien teen Maandag 17 Junie jou logstate in per e-pos aan contest@sarl.org.za. Al die logstate sal in 'n geluks trekking ingeskryf word.

Die Hammies Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen Hammies en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder met die klem op ZU-stasies en sal volgende Sondag van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug wees. Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou provinsiale afkorting, stasies buite Suid-Afrika gee 'n RS-verslag en DX. Foon aktiwiteit vind plaas tussen 7 063 en 7 100 en tussen 7 130 en 7 200 kHz.

Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel genaamd "my roepsein Hammies" moet per e-pos ingedien word teen Sondag 16 Junie 2019 aan chairman@zs6zu.org.za of zr6dx@iafrica.com. Die MS Excel logstaat kan gevind word op die kompetisie bladsy van die Liga webwerf. Die reëls vir beide kompetisies kan in die 2019 SARL Blouboek gelees word.

SARL BHF WERKGROEP BAKEN

SARL BHF Werkgroep rapporteer vinnige vordering met Bethlehem Baken wat ontwikkel word as deel van die lang afstand baken navorsingsprogram. Die twee 28 element Yagi-antennas is gebou en die verdeler en harnas en in-stem van die antennas sal in die volgende week plaasvind. Die hakies om die antennas aan die mas van die Vrystaat Amateurradioklub te heg, sal ook gedurende die week voltooi word. Die morse sleutel van die radio wat gebruik word, word herontwerp om te verseker dat die gelykgolf sein wat gegenereer word, van so 'n gehalte is dat dit masjien leesbaar is. Die uiteindelike doelwit is om 'n geoutomatiseerde moniteringstelsel in te stel, soos die omgekeerde baken netwerk wat in die verlede genoem is. Later in die komende week sal vasgestel word of daar voldoende vordering gemaak is om 'n installasie datum te vestig.

SONKRAG VIR DIE HUISEIENAAR

Die Sandton Amateurradioklub hou Saterdagoggend 8 Junie 'n praatjie by die Nasionale Amateurradiosentrum om 09:00. Edwin Isted, ZS6EDI praat oor Sonkrag vir die huiseienaar. Die bespreking sal die volgende onderwerpe dek: Beurtkrag oplossings, Grootte van 'n oplossing, Battery tegnologie, Generators, Gebruiks gedrag en tydsberekening, Krag sekerheid en Bedrading oorwegings. 'n Skenking van R25.00 betaalbaar op die dag is om verversings te dek. RSVP asseblief na zr6dx@iafrica.com

SABS TEGNIESE KOMITEE

SABS Tegniese Komitee TC73 stel verskeie werkgroepe aan om met EMC te werk. Die SABS Tegniese Komitee TC73 het hierdie afgelope week vergader en na 'n lang gesprek oor hoe om die EMC standaarde en verwante kwessies die beste te hanteer en het 'n aantal werkgroepe gestig. Die SARL is verteenwoordig deur Brian Jacobs, ZS6YZ, Leon Lessing, ZS6LMG en Hans van die Groenendaal, ZS6AKV. Die SARL sal in verskeie werksgroepe verteenwoordig word, veral dié wat met CISPR en steurings kwessies sal handel. Die werksgroepe sal oor die volgende paar weke vergader. Die prioriteit sal wees op nuwe voorstelle van CISPR oor inmenging perke van die Draadloos Kragoordragstelsel vir elektriese voertuie en Suid-Afrika se posisie wanneer voorgestelde perke in die volgende twee maande gestem sal word.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat herlei word deur die Kaapstad Amateurradiosentrum op die 145,750 MHz herhaler.

KOMPETISIES IN JUNIE

Die SARL Jeug Naelloop sal op Saterdag 15 Junie vanaf 12:00 tot 14:00 UTC op die lug wees terwyl die IARU Streek 1 Kinderdag bevorder as 'n daglange aktiwiteit op 80 tot 10 meter. Maandag 17 Junie is Wêreld QRP Dag. Van 20 tot 24 Junie kan jy deelneem aan die SARL Top Band QSO Geselligheid en werk aan jou Top Band-sertifikaat. Kry al die inligting in die 2019 Blouboek.

KOMPETISIE UITSLAE

Die ZS3 Naelloop is goed ondersteun tydens swak band toestande op 19 Mei 2019. Die Komitee het 20 logstate ontvang, waarvan twee as kontrole logstate gebruik is. Die uitslae is soos volg vir die uur in die lug:

1ste Woody Collet, ZS3WL - 122 punte
2de Schalk van Vuuren, ZS1LL - 74 punte.
3de Michelle van der Merwe, ZS3TO - 64 punte

Die Noord-Kaap Amateurradioklub bedank almal wat deelgeneem het en logstate ingedien het.

Agt logstate is ontvang vir die AWA Buis QSO Geselligheid wat op 4 en 5 Mei gehou is en daar was 'n goeie aantal deelnemers in die ESB-afdeling, selfs met die swak band toestande.

In die AM-kategorie
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ
2de Barry Nugent, ZS2NF

In die SSB-kategorie
1ste John Watson, ZS1WJ
2de Nico Oelofse, ZS4N
3de Port Elizabeth ARV, ZS2PE bedryf deur Theunis, ZS2EC

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

8 Junie - die SARL BHF/UHF QSO Party
9 Junie - die Hammies Naelloop en die Comrades Marathon
15 Junie - die SARL Jeug Naelloop en die ARRL Kinderdag
16 Junie - Jeugdag en Vadersdag
17 Junie - Openbare vakansiedag en Wêreld QRP Dag
20 tot 24 Junie - die SARL Top Band QSO Party
21 Junie - Winter sonstilstand
21 tot 23 - Ham Radio 2019 in Friedrichshafen
22 Junie - die AJV van die Namibiese Amateur Radioliga in Windhoek
22 en 23 Junie - die ARRL Velddag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid is Saterdag 8 Junie op die lug en die Hammies Naelloop is Sondag 9 Junie op die lug. Die BHF/UHF QSO Geselligheid is 'n prettige aktiwiteit om QSOs te maak sonder om 'n herhaler te gebruik. Dit is op die lug vanaf 12:00 tot 16:00 UTC met die FM- en SSB-aktiwiteit op 6, 4 en 2 meter en op 70 en 23 cm soos per die band plan. Die Hammies Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen Hammies en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder met die klem op ZU-stasies en sal volgende Sondag van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug wees.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003