Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 1 SEPTEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radio liga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stil sleutel

Dit is met leedwese dat die Border Radioklub aankondig dat die sleutel van Clarence Coetzer, ZS2CDC op Sondag 25 Augustus 2019 stil geword het.

Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE SARL WOON APM19-4 IN OOS LONDEN BY

MEER OOR DIE SARL/OKOSA SKAKEL-KOMITEE VERGADERING

en

BESPREEK NOU VIR DIE SARL RF GERAAS WERKSWINKEL

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

KOMPETISIE-AKTIWITEIT IN SEPTEMBER

Elke naweek in September is daar 'n kompetisie om jou besig te hou. Op 7 en 8 September kan jy aan die Streek 1 ESB Veld dag deelneem - dit gebruik dieselfde reëls as die SARL Veld dag. Die naweek van 14 en 15 kan jy aan die SARL Veld dag deelneem en dit is ook Kerke en Kapelle op die lug. Op Woensdag 18 September is die vierde been van die SARL 80 m Klub Naelloop op die lug. Die naweek van 21 en 22 is die Alle Afrika DX-kompetisie; die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie en Spoorweë op die lug. Die maand word afgesluit met die CQ WW RTD-kompetisie op 28 en 29 September.

DIE SARL WOON APM19-4 IN OOS LONDEN BY

Die vierde en laaste Afrika Telekommunikasie Unie WRC-19 Voorbereidende vergadering is in Oos-Londen gehou van 26 tot 30 Augustus 2019. Hierdie vergadering is bygewoon deur Brian Jacobs, ZS6YZ, wat die SARL en die IARU Streek 1 verteenwoordig het as deel van die Suid-Afrikaanse afvaardiging gelei deur die Departement Kommunikasie en Digitale Tegnologie. Op hierdie vergadering, vergader verteenwoordigers van al die streke en lande in Afrika om te besluit wat die Algemene Afrika-voorstel sal wees oor resolusies wat bespreek en goedgekeur sal word tydens die Wêreld Radio Konferensie, wat vanaf 28 Oktober tot 22 November 2019 in Sharm El-Sheikh in Egipte plaasvind, sal plaasvind.

Die belangrikheid van hierdie byeenkoms is van groot belang vir die amateur gemeenskap in die hele Streek 1, aangesien dit die laaste kans is dat ons enige besluite kan beïnvloed oor die baie gesogde frekwensies wat ons as radio amateurs bevoorreg is om te hê. Sake soos die harmonisering van die primêre toewysing van die frekwensieband 50 tot 54 MHz en die 47,0 tot 47,2 GHz-band wat vir IMT 2020 of 5G gevra word, is afgehandel. AMP4 het die SARL en IARU-voorstel gesteun om 50 - 54 MHz wêreldwyd te bevorder en was dit eens dat 47,0 - 47,2 GHz nie vir IMT oorweeg moet word nie en dat studies uitgevoer moet word. Hier is 'n geleentheid vir die amateur radio broederskap om na projekte vir hierdie bande te kyk. Terselfdertyd word hier kennis gemaak met die agendapunte wat voorgestel word vir die volgende Wêreld Radio Konferensie in 2023 en watter streke op die vasteland die voorpunt lei, sodat ons so gou moontlik kan begin om die argumente om ons frekwensietoekennings te verdedig.

MEER OOR DIE SARL/OKOSA SKAKEL-KOMITEE VERGADERING

Tipe goedkeuring. Die hersiene tipe goedkeuringsproses is intensief bespreek op die OKOSA/SARL-skakel vergadering verlede week. OKOSA en die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) is in die proses om 'n memorandum van verstandhouding op te stel wat die organisasies se verantwoordelikheidsgebiede sal uitklaar wat as gevolg van die vinnige konvergensie van tegnologie mekaar oorvleuel en onnodige duplisering van tipe goedkeurings prosesse skep. Dit sal 'n belangrike stap vorentoe wees in die manier waarop beheer uitgeoefen kan word oor die invoer van goed wat nie aan die spesifikasies voldoen nie.

Wat die kommunikasietoerusting betref, is die tipe goedkeurings regime nog onder hersiening en vereis dit tans sertifikate van geakkrediteerde laboratoriums, selfs al is die toerusting reeds goedgekeur in ander jurisdiksies soos Europa en die VSA. OKOSA verwag dat hierdie hersieningsproses vroeg in 2020 voltooi sal wees. Die SARL het aan die komitee aangedui dat hy 'n versoekskrif aan die voorsitter van die OKOSA-raad sal rig om te oorweeg om die goedkeurings dokumente van die FCC- en CEPT-organisasies te aanvaar om die goedkeuring van nuwe amateur radio modelle te vergemaklik in Suid-Afrika

Op 'n positiewe noot, was dit in Desember verlede jaar dat OKOSA ooreengekom het dat amateur radio-toerusting vir tuisgemaakte toerusting binne die gebied van die amateur radio lisensie nie tipe goedkeuring benodig nie.

Die ongemagtigde verkoop van radio's. Op die vraag oor ongemagtigde verkoop van radio's wat 'n lisensie vereis, tree OKOSA op teen persone wat dit verkoop en persone wat sulke radio's besit en gebruik. Radio amateurs word versoek om die 2 m en 70 cm bande vir sulke ongemagtigde, onwettige gebruik te monitor en 'n klag van inmenging aan OKOSA te rig.

As jy steurings ervaar op BHF- en UHF-amateur frekwensies wat veroorsaak word deur persone of groepe wat nie gelisensieer is nie, is dit belangrik om 'n klag by OKOSA in te dien. Klagtes moet skriftelik ingedien word en kan op die OKOSA-webwerf by www.icasa.org.za ingedien word, of 'n klagte vorm kan voltooi word en per e-pos gestuur word aan customer@icasa.org.za. Gee soveel moontlik besonderhede, insluitend enige verwysing na die aard van inmenging en inligting wat kan lei tot die identifisering van die persoon of stelsel wat die steuring veroorsaak. Stuur 'n afskrif van die klagte aan die OKOSA-Streek bestuurder. Die SARL het OKOSA versoek om 'n by gewerkte lys van Streek bestuurders en hul kontak besonderhede te verskaf. Sodra die plaaslike inligting beskikbaar is, sal dit op die SARL-webwerf geplaas word. Stuur ook ‘n afskrif van die klagte aan admin@sarl.org.za.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga

NUWE LEDE

Die SARL verwelkom die volgende nuwe lede - Johan Russouw, ZS1JRR; Werner Vermaak, ZS1MED; Roger Davis, ZS2RD; die Midlands Amateurradioklub, ZS5PMB; André Brink, ZS6DIL en Denise van Vuuren ZSL1210.

BESPREEK NOU VIR SARL RF GERAAS WERKWINKEL EN LEER HOE OM 'N MONITERING STASIE OP TE STEL

Registrasie vir die SARL RF Geraas Werkswinkel wat op 28 September by die Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word, is nou oop. As deel van die registrasie kan jy 'n volledige monitering stasie bestel met 'n Raspberry-pi, 'n dongle en 'n SD-kaart met die volledige stasie en rapportering sagteware. Bestel so gou as moontlik om seker te maak dat jy die RF Geraas monitering stasie by die werkswinkel ontvang en saamstel.

Die werkswinkel word aangebied in samewerking met AMSAT SA. Die agenda bevat 'n paneelbespreking oor hoe om krag geruis op te los, insluitend 'n praktiese gevallestudie. Die agenda bevat ook 'n oorsig van die SARL RF Geraas moniteringsprogram, op daterings van die geraas monitering sagteware, aktiewe antenna-ontwerpe met oorsigte van die op-die-lug toets uitslae, 'n praktiese sessie oor die ontplooiing en toepassing van dongles om jou skootrekenaar of rekenaar in 'n kragtige ontvanger te omskep en hoe RF Geraas bronne in jou huis geïdentifiseer kan word. Bespreek nou, die besonderhede en vorms is beskikbaar op www.sarl.org.za

KOMPETISIE-UITSLAE

Die voorlopige uitslae van die SARL HF Digitale kompetisie. Die kompetisie komitee het 5 logstate ontvang vir die HF Digitale Kompetisie wat op Sondag 18 Augustus 2019 gehou is. 61 QSOs is gemaak met 13 op 20 m; 22 op 40 m en 26 op 80 m.

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 118 punte
2de Theunis Potgieter, ZS2EC - 34 punte
3de Bernie vd Walt, ZS4TX - 28 punte
4de Hennie Marais, ZS6HM - 24 punte
5de JJ Botes, ZS6GAZ - 12 punte

Die klub kompetisie
1ste Bloemfontein ARK- 146 punte
2de PEARS - 34 punte
3de Magalies ARK - 24 punte
4de Coalfields ARK - 12 punte

KLUB NUUS

Die Wesrand Amateurradioklub bied die volgende snuffelmark aan om 12:00 op Saterdag 7 September 2019 by hul klubhuis in Kroton straat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is welkom. Bring jou surplus saam en ondersteun die verkoper op die dag. Vir meer inligting kontak Phillip, ZS6PVT op selfoon 083 267 3835.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit vlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlek telling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 18 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting sowel as 'n daaglikse en 7-dae-voortplantings verslag.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

2 September - die sluitingsdatum vir HF Gelykgolf logstate
7 September - die Wes-Rand Vlooimark
7 en 8 September - die Streek 1 ESB-veld dag en RSGB ESB-veld dag
14 September - die Boland ARK AJV
14 en 15 September - die SARL Nasionale Veld dag
15 September - registrasie vir die Oktober RAE sluit
17 September - die Highway ARK maandelikse vergadering
18 September – die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop
20 September - provinsiale skole sluit
24 September – Erfenisdag en nasionale braai dag
28 September - die SARL / AMSAT SA RF Geraas Werkswinkel

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Elke naweek in September is daar 'n kompetisie om jou besig te hou. Jy kan kies tussen die Streek 1 ESB Veld dag; die SARL Nasionale Veld dag; Kerke en kapelle op die lug; die SARL 80 m Klub Naelloop; die Alle Afrika DX-kompetisie; die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie; Spoorweë op die lug en die CQ WW RTD-kompetisie.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens klubs en individue uit om nuus items van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien in sowel Engels as Afrikaans, indien moontlik, deur die skakel na die nuus posbus op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste te volg. Nuus items wat in die bulletin ingesluit moet word, moet die nuus span bereik nie later nie as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003