Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 15 SEPTEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat die IARU berig dat die sleutel van ARRL en IARU-president, emeritus Larry E. Price, Ph.D., W4RA, van Statesboro, Georgia op 10 September 2019 op 85-jarige ouderdom stil geword het. Die IARU skuld ‘n erkentlikheid aan Larry vir sy onvermoeide werk vir die IARU oor die dekades om die belange van amateur radio in regulatoriese forums te verteenwoordig.

Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP

TWEE KOMPETISIES HIERDIE KOMENDE NAWEEK

en

SARL RF GERAAS WERKSWINKEL 28 SEPTEMBER

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP

Die vierde been van die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop vind plaas van 17:00 tot 18:00 UTC op Woensdag 18 September met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en u ruitblok (bv. KG30). Jy verdien 2 punte per QSO en 'n addisionele 5 punte vir die eerste QSO met elke ZS-roep gebied en DX-land. Dien jou MS Excel logstaat in by zs4bfn@mweb.co.za teen Woensdag 25 September. Onthou om die naam van jou klub op die logstaat te skryf.


TWEE KOMPETISIES HIERDIE KOMENDE NAWEEK

Die tweede been van die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie is op die lug vanaf 10:00 UTC Saterdag 21 September tot 10:00 UTC Sondag 22 September 2019 met aktiwiteit van 6 meter en op. Die QSOs moet tweerigting-punt-tot-punt wees en stasies ruil sein verslae uit sowel as hul ligging, bv. breedtegraad en lengtegraad of 'n volledige ses-syfer Maidenhead ruit. Self spot word toegelaat. Geen EME-, herhaler-, satelliet-, IRLP- (Echolink, ens.,) of kruisband kontakte word toegelaat nie. Jou Logstate moet teen Maandag 14 Oktober 2019 per e-pos aan contest@sarl.org.za ingedien word. Kry die reëls op bladsy 51 van die 2019 SARL Blouboek.

Die Afrika Alle Modus Internasionale DX-kompetisie is op die lug vanaf 12:00 UTC op Saterdag 21 September tot 12:00 UTC op Sondag 22 September 2019. Beide enkel stasies en multi-operateur stasies mag die hele 24 uur periode werk. Daar is geen verpligte onderbrekings in die bedryfstyd nodig nie. Jy mag gelykgolf, RTD en ESB op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter gebruik. Die uitruiling is jou RS- of RST-verslag (wat nie tydens die log kontrole proses nagegaan word nie), gevolg deur 'n inkrementele reeksnommer wat by 001 begin.

Jou logstaat moet slegs in Cabrillo-formaat ingedien word by contest@sarl.org.za en moet teen Maandag 7 Oktober 2019 ontvang word. Lees die volledige stel reëls op bladsy 19 van die 2019 SARL Blouboek.

YOTA 2019 SOMERKAMP IN BULGARYE LEI TOT SUB-STREEK KAMPE

Monty Schebesta, OE3VVU, wat vanjaar 'n deelnemer was sê dat die meeste van diegene wat die onlangse Jeug op die Lug Somerkamp (YOTA) in Bulgarye bygewoon het, was dit die eerste keer day hulle so iets bygewoon het. Sowat 80 jong radio amateurs van 27 lande het tussen 11 en 17 Augustus naby Sofia byeengekom om, soos hy dit gestel het, "kontak te maak met mekaar en van mekaar te leer." Monty het gesê die suksesvolle 2019 Somerkamp het getoon dat YOTA vinnig groei en ook opgemerk dat 40% van die YOTA-Somerkamp deelnemers, jong vroue was.

Kampeerders het gedurende die week 'n verskeidenheid werkswinkels bygewoon wat aktiwiteite insluit soos die bou van BHF en HF antennas en die bou van elektroniese boustelle, wat vir baie beteken om te leer hoe om te soldeer. Monty het gesê dat die fokus van die aktiwiteite en aanbiedings was om bymekaar te leer.

"YOTA verskuif meer en meer na 'n 'jeug vir jeug' -benadering, waar jongmense mekaar leer, eerder as om op ouer generasies vir insette te vertrou,” het hy gesê. "Die hoofdoel van die YOTA-Somerkamp is om jongmense die idees, kennis en ervarings te gee wat hulle benodig om aan die einde van die week na hul tuisland terug te keer en hul eie jeug aktiwiteite te begin."

Sub-streeks kampe, soos die afgelope paar jaar in Finland, Italië en Duitsland gehou, word al hoe meer algemeen in Streek 1, met die volgende kamp in September in die Tsjeggiese Republiek (OL19CAMP), gevolg deur 'n kamp in Nederland in Desember. Hy verwag dat baie ander jeug spanne hul eie sub-streek YOTA-kampe sal reël.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

SARL RF GERAAS WERKSWINKEL 28 SEPTEMBER

Bespreek asseblief hierdie week sodat die finale reëlings getref kan word. Die werkswinkel by die NARS op 28 September begin met 'n paneelbespreking oor verskillende maniere om geraas binne die kragstroom op te los. Die paneel sal 'n gevallestudie aanbied en wys hoe met 'n paar eenvoudige maatreëls 'n vermindering in krag geruis bereik kan word. Die agenda bevat ook 'n oorsig van die SARL RF Geraas moniteringsprogram, opdaterings van die geraas moniterings programmatuur, aktiewe antenna-ontwerpe met oorsigte van die op-die-lug toets uitslae, 'n sessie oor die ontplooiing en toepassing van dongles om jou skootrekenaar of rekenaar in 'n kragtige ontvanger te omskep en hoe om RF Geraas bronne in jou huis te identifiseer. Bespreek nou. Besonderhede en vorms is beskikbaar op www.sarl.org.za. Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Na die formele bespreking gaan Anton Janovsky en Brian Jacobs praktiese hulp verleen om 'n geraas moniterings stasie op te rig.

Die registrasievorm bevat 'n lys van komponente wat jy kan bestel en by die werkswinkel kan ontvang. Jy sal dan met 'n volledige geraas moniteringstelsel kan huis toe gaan; al wat jy nodig het, is 'n antenna en 'n internetverbinding.

ARRL 2020 HANDBOEKE BESTEL TEEN 18 SEPTEMBER

Die 2020 ARRL-Antenna boek is binnekort beskikbaar in 'n pakket van vier volumes. Die 2020 ARRL Handboek vir Radiokommunikasie is beskikbaar in 'n stel van 6 sagteband-volumes. Hierdie boeke kan vooraf bestel word. Die sluitingsdatum vir voorafbestelling is 18 September. Hierdie volumes sal waarskynlik nie in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die aflewering is einde Oktober via Postnet. Die ARRL sal slegs 'n beperkte voorraad hê en sal waarskynlik vinnig uit voorraad wees soos wat gebeur het met die boks weergawe van die 2019 ARRL Handboek vir Radiokommunikasie. Besonderhede en bestellings vanaf kan afgelaai word vanaf 'n skakel op www.sarl.org.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-en-nag-ewening op pad kan amateurs veral rondom sonsopkoms en sonsondergang goeie DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag tot 10:00 UTC - die Nasionale Velddag
18 September - die Woensdag 80 m-naellope
21 en 22 September - die Afrika alle modus kompetisie en die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie
22 September - registrasie vir die Oktober RAE sluit
24 September - Erfenisdag en die ZS SOTA-dag
28 en 29 September - die CQ WW RTD kompetisie
3 Oktober - die SARL 80 m QSO Geselligheid
5 Oktober - die AWA AM Buis QSO Geselligheid
6 Oktober - die AWA SSB Buis QSO Geselligheid
12 Oktober - die Lente QRP-kompetisie
18 tot 20 Oktober - Jamboree op die Lug
19 Oktober - CQ Hou Koers

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die vierde been van die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop vind plaas van 17:00 tot 18:00 UTC op Woensdag 18 September met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en u ruitblok (bv. KG30). Jy verdien 2 punte per QSO en 'n addisionele 5 punte vir die eerste QSO met elke ZS-roep gebied en DX-land. Dien jou MS Excel logstaat in by zs4bfn@mweb.co.za teen Woensdag 25 September. Onthou om die naam van jou klub op die logstaat te skryf.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003