Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 22 SEPTEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend met die nuus van twee stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Derec Smith, ex-ZS4OH op Sondag 15 September stil geword het en dat die sleutel van Vaughan Koekemoer, ZS6KOE op Woensdag 18 September stil geword het. Vaughan het die RAE in Mei vanjaar geslaag.

Ons innige meegevoel aan hul families en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE KANTOOR BY DIE NARS MAANDAG GESLUIT

ZS SOTA DAG OP 24 SEPTEMBER

en

DIE SARL RF GERAAS WERKWINKEL NA NOVEMBER UITGESTEL

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE KANTOOR BY DIE NARS MAANDAG GESLUIT

Die kantoor by die Nasionale Amateur Radio Sentrum sal op Maandag 23 September gesluit wees sodat Kelley Heslop die langnaweek kan geniet. Die kantoor is weer vanaf Woensdag 25 September oop.

OKTOBER RAE-REGISTRASIE SLUIT OM MIDDERNAG

Die registrasie vir die Oktober radio amateur eksamen sluit vanaand, Sondag 22 September om middernag. Geen laat registrasie sal na hierdie datum aanvaar word nie. As jy nog nie geregistreer het nie, doen dit nou deur www.sarl.org.za/public/licences/rae.asp te besoek. Die eksamen word op Saterdag 19 Oktober afgelê.

ZS SOTA DAG OP 24 SEPTEMBER

Sid, ZS5AYC berig dat Dinsdag 24 September Erfenisdag is en ook die tweede ZS SOTA-dag van 2019 sal wees. Kom ons radio speel en kyk hoeveel Pieke ons kan aktiveer en hoeveel Piek tot Piek QSOs ons kan bereik. Vir diegene wat nie 'n piek kan aktiveer nie, jaag gerus die aktiveerders wat die kontakte nodig het. As die piek wat jy aktiveer in 'n nasionale park is wat geregistreer is vir die Wêreldwye Fauna en Flora, kan jy miskien ook die park aktiveer.

DIEN ‘N KLAGTE IN BY OKOSA

Steurings klagtes moet by OKOSA se Streekskantore ingedien word. OKOSA het die SARL 'n lys van hierdie kantore voorsien wat op die SARL-tuisblad beskikbaar is.

DIE SARL RF GERAAS WERKWINKEL NA NOVEMBER UITGESTEL

Die werkswinkel by die NARS wat vir 28 September beplan is, is uitgestel en sommige van die besprekings sal nou in die volgende geskeduleerde werkswinkel op 23 November opgeneem word. Die gevallestudie oor krag geraas en hoe om dit met enkele eenvoudige maatreëls te oorkom, sal op die BHF werkswinkel agenda opgeneem word. Werkswinkels verg baie beplanning en sal slegs aangebied word as 'n minimum van 15 persone bespreek. Meer besonderhede sal binnekort op die SARL-web beskikbaar wees.

CEPT SE24 EN SRD/MG VERGADER IN ROEMENIË

Die jongste vergadering van die CEPT SE24 en SRD/MG het vandeesweek in Roemenië plaasgevind. Die IARU was daar en het drie referate vir bespreking ingedien. IARU Streek 1 berig:

Van belang vir die amateurdiens was verdere besprekings oor draadlose krag oordrag, waar referate van die IARU bespreek is, insluitend 'n verslag oor metings wat uitgevoer is op generiese lae-krag WPT-stelsels. Die IARU het ook 'n referaat voorgelê waarin formeel gevra word om toepaslike misleidende emissie perke vir WPT vir elektriese voertuie te stel. Die IARU beklemtoon steeds die risiko's vir radiokommunikasiedienste uit sommige vorme van WPT-stelsels vir CEPT en ITU en is hoopvol dat CEPT sal instem om toepaslike misleidende emissie grense te stel.

Die gebruik van spektrum rondom die 77 GHz amateur band vir Hoë Definisie - Grondgebaseerde Sintetiese Gleuf Radar-toestelle is ook bespreek, met die huidige siening dat die twee dienste nie onderling versoenbaar is nie.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

MERKWAARDIGE OPENING OP 144 MHZ VAN DIE ASORE VEROORSAAK VERSKEIE KONTAKTE OOR 3 000 KM

Op die aand van 14 en die oggend van 15 September 2019 was daar 'n merkwaardige opening op 144 MHz vanaf die Asore-eilande in die Atlantiese Oseaan na dele van die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Nederland, België en Duitsland. Sommige van die tropo kontakte tussen die Asore en Duitsland was meer as 3 000 km, die ekwivalente afstand tussen Ierland en Newfoundland. Die langste kontak wat op die oggend van 15 September gemaak is, was tussen José, CU3EQ in die Asore en Dieter, DJ6AG in Sentraal-Duitsland, 'n afstand van ongeveer 3 231 km.

ARRL 2020 HANDBOEKE BESTEL TEEN 18 SEPTEMBER

Die 2020 ARRL-Antenna boek is binnekort beskikbaar in 'n pakket van vier volumes. Die 2020 ARRL Handboek vir Radiokommunikasie is beskikbaar in 'n stel van 6 sagteband-volumes. Hierdie boeke kan vooraf bestel word. Die sluitingsdatum vir voorafbestelling is middernag vanaand, Sondag 22 September. Hierdie volumes sal waarskynlik nie in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die aflewering is einde Oktober via Postnet. Die ARRL sal slegs 'n beperkte voorraad hê en sal waarskynlik vinnig uit voorraad wees soos wat gebeur het met die boks weergawe van die 2019 ARRL Handboek vir Radiokommunikasie. Besonderhede en bestellings vanaf kan afgelaai word vanaf 'n skakel op www.sarl.org.za

LOGSTAAT INDIENING

Die sluitingsdatum vir logstate vir die SARL Nasionale Velddag is middernag op Maandag 23 September en dit moet na contest@sarl.org.za gestuur word.

Die sluitingsdatum vir logstate vir die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop is middernag op Woensdag 25 September en moet na zs4bfn@mweb.co.za gestuur word. Tot op hede is 49 logstate ontvang.

KLUB NUUS

Die jaarvergadering van die Centurion Radioamateurklub het op 8 Junie 2019 by die huis van Adri en Ken, ZS6KN, plaasgevind. Die volgende lede is verkies vir die komitee van 2019/2020:

Voorsitter: Ken Gurr, ZS6KN
Ondervoorsitter: Brazz Brazzoli, ZR6UV
Tesourier en sekretaris: Billy Strumpher, ZS6WPS
Tegniese en herhalers: Johan Keulder, ZS6CAQ
Praktiese radiotoerusting: Dave Smith, ZS6AZP
Klubhuis-toerusting: Gerrit
Nuusleser: Andre du Plessis, ZR6AGA

Die jaarvergadering van die Oos-Rand Tak vind om 12:00 SAT op Saterdag 12 Oktober plaas. Meer besonderhede sal volg.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-en-nag-ewening op pad kan amateurs veral rondom sonsopkoms en sonsondergang goeie DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag tot 10:00 en 12:00 UTC - die SARL BHF/UHF Digitale en die Africa alle modus kompetisies
Om middernag vanaand - die registrasie vir die Oktober RAE sluit en die voorafbestelling van ARRL-boeke sluit
24 September - Erfenisdag en die ZS SOTA-dag
28 en 29 September - die CQ WW RTD-kompetisie
3 Oktober - die SARL 80 m QSO Geselligheid
5 Oktober - die AWA AM Buis QSO Geselligheid
6 Oktober - die AWA SSB Buis QSO Geselligheid
12 Oktober - die Lente QRP-kompetisie
18 tot 20 Oktober - Jamboree op die Lug
19 Oktober - CQ Hou Koers en die RAE
23 November - die SARL BHF Werkswinkel

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die kantoor by die Nasionale Amateur Radio Sentrum sal op Maandag 23 September gesluit wees sodat Kelley Heslop die langnaweek kan geniet. Die kantoor is weer vanaf Woensdag 25 September oop.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003