Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 17 NOVEMBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van twee Stil Sleutels:

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Flip de Beer, ZS6FBD stil geraak het op Donderdag 7 November 2019. Hy was n lid van die Oos-Rand Radioklub. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou, kinders, klein kinders en vriende.

Dit is met leedwese dat die Zoeloeland Amateur Radio Klub moet aankondig dat Sakkie Viljoen, ZS5ID gedurende Oktober, na 'n lang stryd met kanker, oorlede is. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou Betty, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DRIE KOMPETISIES IN HIERDIE WEEK

DIE SARL IARU WERKGROEP OM OP 20 NOVEMBER TE VERGADER

en

DIE SARL NUWELING TOEKENNING

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DRIE KOMPETISIES IN HIERDIE WEEK

Die laaste been van die 2019 SARL Woensdag 80 meter Klub Naelloop vind plaas van 17:00 tot 18:00 UTC op Woensdag 20 November met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou ruit blok (bv. KG30). Jy verdien 2 punte per QSO en 5 punte vir die eerste QSO met elke ZS roep gebied en land buite Suid-Afrika. Stuur jou logstaat per e-pos na zs4bfn@mweb.co.za teen Woensdag 27 November en onthou om die naam van jou Klub op die logstaat te skryf. Die MS Excel-logstaat kan op die kompetisie-bladsy van die Liga-webwerf gevind word.

Is jy 'n nuwe radio-amateur? Dan moet jy deelneem aan die Nuweling Geselligheid van 08:00 tot 20:00 UTC op Saterdag 23 November 2019. Dit is 'n foon kompetisie op 20, 40 en 80 meter en die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n Alfa-karakter, afhangend van hoe lank jy gelisensieerd is. Kry al die inligting op bladsy 43 van die 2019 Blou Boek.

Vir die gelykgolf entoesiaste is daar die CQ WW DX gelykgolf-kompetisie wat van 00:00 UTC op Saterdag 23 November tot 23:59:59 UTC op Sondag 24 November plaasvind met aktiwiteit op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die nakoming van gevestigde band planne word sterk aangemoedig. Die uitruiling is 'n RST-verslag en jou CQ-sone, vir Suid-Afrika, dit is sone 38. Vind die reëls by www.cqww.com/rules.htm

DIE SARL IARU WERKGROEP OM OP 20 NOVEMBER TE VERGADER

Die SARL IARU Werkgroep om referate vir die IARU Streek 1 Konferensie te bespreek, sal om 20:30 op Woensdag 20 November via Skype vergader. In reaksie op mosie 3, wat op die 2019 Algemene Jaar vergadering aanvaar is en om die maksimum voordeel te trek uit die bywoning van die SARL by die IARU Streek 1 Algemene Konferensie van 10 tot 16 Oktober 2020 in Novi Sad, Serwië, het die SARL Raad Deon Coetzee, ZR1DE aangestel om 'n werkgroep te stig om voorstelle en referate te bespreek wat aan die konferensie voor gelê moet word, asook die SARL se antwoord op ander referate te bepaal. Referate van die tussentydse vergadering van die Streek 1 wat in April 2019 gehou word, kan gevind word by https://vienna.iaru-r1.org/conference-documents/

Deon Coetzee nooi radio amateurs uit wat graag by die werkgroep wil aansluit of insette wil lewer om hul kontak besonderhede na pgcoetzee@hotmail.com te stuur met 'n kopie na sarlregwg@sarl.org.za. Besonderhede moet die volgende insluit: jou Skype-naam, huis telefoon- of mobiele-nommer en e-posadres.

DIE SARL BHF EN RF-GERAAS WERKSWINKEL OP 23 NOVEMBER

Die tyd loop uit vir besprekings vir die laaste werkswinkel vir 2019 wat op Saterdag 23 November by die NARC aangebied word. Die program bevat 'n verskeidenheid aanbiedings, van die stil maak van krag geruis in die radio kamer tot die bou van 'n geraas monitering stelsel. Daar is interessante verwikkelinge op die Bethlehem 2 m-baken en die toetsing van twee verskillende aktiewe antennas wat aangebied sal word. Laai die program en die besprekings vorm af by www.sarl.org.za af.

OKOSA ANTWOORD OP DIE VERSOEK VAN DIE SARL OOR TIPE-GOEDKEURINGS VERLIGTING

Die uitvoerende hoof van OKOSA, Dr Mdimoeng, het gereageer op die SARL se versoek om verligting te gee oor die vereistes vir die goedkeuring van kommersiële amateur radio toerusting. In sy brief sê hy, "Ongelukkig is die gesag gebonde aan die voorskrifte van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en kan dit nie buite hierdie tipe wetlike en regulatoriese voorskrifte werk totdat die voorskrifte gewysig is nie." Hy het ook geskryf dat die owerheid besig is om 'n nuwe raamwerk te ontwikkel vir die evaluering van ooreenstemming wat doeltreffende maniere vir toerusting magtig om die regulatoriese las op belanghebbendes soos die SARL te verminder en innovasie in die ICT-omgewing te bevorder. Die finale raamwerk sal teen 31 Maart 2020 afgehandel wees, waarna die Owerheid die toepaslike regulasies sal voor skryf om die raamwerk te ondersteun.

Hy het ook gesê dat die owerheid kennis dra van die beduidende werk wat die SARL doen en dit is belangrik om kennis te neem van die waardering wat die owerheid het vir die nuwe en gevorderde tegnologie wat die SARL wil instel. Die SARL het verdere voorstellings gedoen en met die Senior Bestuurder Tipe Goedkeuring en Nommering gekommunikeer met die versoek om duidelikheid oor die toets vereistes.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE SARL NUWELING TOEKENNING

Die Raad het die SARL Nuweling Toekenning goed gekeur. Hierdie toekenning is beskikbaar vir houers van die Suid-Afrikaanse Nuweling Lisensie (ZU) en is bedoel om aktiwiteit in die vier aangewese band vir hierdie lisensie klas aan te moedig. Kontakte kan met die gelykgolf, ESB of FM-modus geskied, soos van toepassing op 80 m, 40 m, 10 m en 2 m, met 'n minimum van 10 kontakte en maksimum 25 kontakte per band. Meerdere kontakte met dieselfde amateur en kontakte via aardse herhalers tel nie vir die toekenning nie. Geen QSL-kaarte is nodig nie. Die inligting oor die toekenning kan op die Liga-webwerf gevind word.

SLUIT NOU BY DIE SARL TEEN DIE HALFJAAR TARIEF

Vanaf Vrydag 29 November 2019 kan jy by die SARL aansluit en die half jaar tarief betaal wat normaal weg op 1 Januarie in werking tree. Voltooi die SARL lidmaatskap aansoekvorm en betaal jou ledegeld per EFT oor na die SARL-bank rekening. Gewone lede betaal R250; Senior lede (ouer as 65) betaal R150; Eggenote betaal R90 en studente lede betaal R60. Die bank besonderhede is SA Radio League, ABSA, rekening nommer 4071 588 849 takkode 632 005 en tik jou roepsein in die verwysingsveld.

GEDRAG OP 40 METER

SARLNuus is ingelig dat die gedrag van sekere radio amateurs op 7 070 kHz uiters onprofessioneel is. Geen of halwe roepsein is aan die orde van die dag. En goeie radio maniere word by die venster uitgegooi.

Dit is ongelukkig ook 'n feit dat die nuwe amateurs en die luisteraars dit hoor en dus ons as professionele radio operateurs in 'n swak lig stel.

ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING-AJV

Die AJV van die Antieke Draadloos Vereniging van Suider-Afrika is op Saterdag 9 November gehou. Die volgende komitee is verkies:
President: Renato Bordin, ZS6REN;
Sekretaris/Skakeling: Andy Cairns, ZS6ADY;
Tegniese adviseur: Rad Handfield-Jones, ZS6RAD;
Wes-Kaapse skakelbeampte: John Watson, ZS1WJ;
KZN Skakelbeampte: Don Radford, ZS5DR;
Historikus en museum: Oliver Gerondianos, ZS6OG.

Die AWA bedank John Watson, ZS1WJ vir twee jaar as president en wens Renato Bordin, ZS6REN en sy nuwe komitee alles van die beste toe vir die volgende jaar.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan veral met sonsondergang goeie DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

18 November – die sluitingsdatum vir PEARS HF logstate
22 November – die sluitingsdatum vir die Desember Radio ZS
23 November – die SARL Nuweling Geselligheid
23 en 24 November – die CQ WW DX Gelykgolf kompetisie
30 November – Wesrand Snuffel Mark
1 Desember – die begin van die YOTA Maand
2 Desember – die sluitingsdatum vir BHF/UHF Analoog logstate
4 Desember – die Provinsiale skole sluit
9 Desember – die sluitingsdatum vir Nuweling Geselligheid logstate
14 en 15 Desember – die ARRL 10 m kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die laaste been van die 2019 SARL Woensdag 80 meter Klub Naelloop vind plaas van 17:00 tot 18:00 UTC op Woensdag 20 November met gelykgolf en foon aktiwiteit.
Die Nuweling Geselligheid vind plaas van 08:00 tot 20:00 UTC op Saterdag 23 November 2019. Dit is 'n foon kompetisie op 20, 40 en 80 meter.
Die CQ WW DX gelykgolf-kompetisie is op die lug vann 00:00 UTC op Saterdag 23 November tot 23:59:59 UTC op Sondag 24 November met aktiwiteit op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003